Man (20) vermoor glo broer se klasmaat (14)

isdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-3

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 20-jarige man van Limpopo wat van die moord op ʼn 14-jarige hoërskoolleerder beskuldig word, se borgtogaansoek in die Giyani-landdroshof in dié provinsie het misluk.

Konst. Monatse Mamabolo, woordvoerder van die polisie, sê Nhlanhla Elliot Mabasa het glo Dinsdag voor die hof verskyn.

Luidens ʼn verklaring van die polisie het Mabasa se 15-jarige broer en die oorledene glo ʼn argument op die skoolterrein van die Hoërskool Mbangezike in die Xikukwani-nedersetting gehad waarna die 15-jarige vir Mabasa na die skool ontbied het.

“Die 15-jarige leerder het vir Mabasa gebel en hulle het die 14-jarige oorledene [na skool] na sy huis toe gevolg waar Mabasa hom na bewering met ʼn skerp voorwerp gekap het. Hy is op slag dood,” sê Mamabolo.

Volgens die polisie het die gemeenskap ná die leerder se dood reg in eie hande geneem en Mabasa se huis saam met al sy besittings afgebrand.

Mamabolo sê niemand is nog in verband met die aanklag van brandstigting en opsetlike beskadiging van eiendom in hegtenis geneem nie. Mabasa sal weer op 22 Maart in die hof verskyn.

Enigeen met meer inligting oor die voorval word versoek om kol. Chris Mabasa by 082 469 0739 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ekke ·

Mabasa is die beweerde moordenaar… Kol Chris Mabasa die kontak persoon….. Is daar nie n foutjie iewers nie

Cyril Blackburn ·

Dagsê Ekke
Dankie vir jou kommentaar! Die inligting in die berig is soos wat Maroela Media dit van die polisie ontvang het. Die ondersoekbeampte se van is inderdaad ook Mabasa – pure toeval!
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Hennie van der Merwe ·

Is dit net toeval dat die verdagte in die moordsaak, en die kolonel wat die saak ondersoek dieselfde vanne het.
VERBASEND!!!

Pop ·

Die gevolge van jou aksies en dade. Ons het dit van kleins af geleer en so het ons ons kinders ook geleer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.