Man (21) gevonnis wat suster verkrag, vir dood agterlaat

(Argieffoto)

WAARSKUWING: Die inhoud van die berig is grafies van aard en nie geskik vir sensitiewe lesers of kinders nie.

’n Jong man van Despatch is Maandag in die Oos-Kaapse hooggeregshof tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy tienersuster in 2019 verkrag en probeer vermoor het.

Die 21-jarige man het vroeër vandag skuldig gepleit op aanklag van verkragting en poging tot moord.

Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Oos-Kaap, sê die man se suster was 15 jaar oud toe sy in Julie 2019 ná ’n skoolgeselligheid by die huis aangekom het. Die man (toe 19) het die voordeur oopgemaak nadat hy die hele dag dwelms gebruik het.

Die broer en suster was in dié stadium die enigste twee by die huis aangesien hul ma in Gqeberha gewerk het.

Volgens Ngcakani het daar ’n argument tussen die man en sy tienersuster ontstaan. Hy het op seks aangedring en sy het geweier. Hy het haar met geweld ontklee en haar met ʼn baksteen in die gesig geslaan.

Die meisie het haar teëgesit en hom in die gesig gekrap terwyl hy haar verkrag het.

Volgens Ngcakani het hy haar toe herhaaldelik met die baksteen oor die kop en in haar gesig geslaan voordat hy haar in die maag met ’n mes gesteek het.

“Sy het haar bewussyn verloor en hy het haar vir dood in die huis agtergelaat.”

Die man is in November 2019 in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.

Die aanklaer in die saak, adv. Ismat Cerfontein, het die jong man se pleitooreenkoms aanvaar en hy is skuldig bevind en dienooreenkomstig gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Prontuit ·

en so kan ons maar net bid vir die wederkoms om baie gou te kom, die Here moet kom om die sodom en gamora te kom skoonmaak, net HY kan ons red die duiwel is orals nie eers by jou eie familie is jy veilig nie

Nico ·

Die howe het te sag geword, kry 25 jaar vonnis, word na ‘n paar jaar op parool vrygelaat net om weer te moor. Los die humanisme uit die prentjie en bring die doodstraf weer terug, moord verdien die doodstraf.

Debby ·

En oor 12 jaar loop hy weer op die straat om te verkrag en moor

Misky ·

Die mensdom is vinnig besig om te verval….. onmenslike dade daagliks

Nie Verbaas ·

Skokkend. Daar is nie woorde om so “persoon” te beskryf nie. Bring doodstraf terug. So iemand verbeur sy menseregte.

Jakes ·

Liewe aarde, is dit iemand met n greintjie menslikheid of verstand wat sulke afskuwelike dinge doen?

Tanniepetoors ·

Kan ons dwangarbeid terug op die wetboeke kry? Tenminste sal sulke uitvaagsels dan kan werk vir hul verblyf in die tronk.

Thereza ·

Regtig, heel nag dwelms gebruik, miskien moes sy ouers hom opgevoed het, dit is n vraag dit is juis omdat kinders ni respek geleer word dat die tiepe goed gebeur

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.