Man (26) vas ná hy meisie (15) verkrag

Argieffoto

ʼn 26-jarige man van Centane in die Oos-Kaap is in hegtenis geneem vir die verkragting van ʼn 15-jarige meisie.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het glo Vrydagaand gebeur.

Volgens Manatha was die verdagte en die slagoffer albei gaste by ʼn bymekaarkomgeleentheid by die Gqunqe-nedersetting in dié provinsie.

“Die verdagte het die meisie na bewering om 16:00 Saterdagmiddag gevra om hom te vergesel na ʼn ander huis waar drank glo verkoop word. Hy het op pad na die huis glo aggressief geraak, haar bygedam en haar toe na bewering verkrag,” sê hy.

Die man is intussen aangekla van verkragting en sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Centane verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

MH ·

‘n 15-jarige meisie vergesel ‘n 26-jarige man na ‘n plek waar drank verkoop word ????????????

Liesl ·

MH, ek praat dit nie goed nie, maar het jy as kind nooit iets verkeerd gedoen nie? Fout wat sy gemaak het en beteken nie dit gee hom die reg om haar te verkrag nie!!!!

MH ·

Liesl, Ek het as kind baie verkeerde dinge gedoen en ek het verantwoordelikheid daarvoor aanvaar deur te buk en 6 van die bestes te ontvang waar dit seer maak. Een ding wat ek egter NIE gedoen het nie was om as 15-jarige seun saam met volwasse vroue by drinkplekke rond te hang. My kommentaar het nie gegaan oor die misdaad en die misdadiger nie, maar oor die verantwoordelikheid wat elke mens het om te sorg, so ver dit binne jou vermoë is, om nie vrywilliglik in ‘n situasie te beland waar jy ‘n slagoffer van misdaad kan wees nie.

SAN ·

hy het haar oppad verkrag nadat hy aggresief geword het. dalk het sy gese sy gaan nie saam daarheen??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.