Die streekshof in Newcastle, KwaZulu-Natal, het Dinsdag ʼn 27-jarige man lewenslank tronk toe gestuur ná hy sy tannie in 2015 wreed verkrag en aangerand het.
Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is vanaf ʼn jong ouderdom deur dié tannie grootgemaak. Sy het hom in 2015 glo uit haar huis gejaag omdat sy nie langer sy kriminele aktiwiteite kon duld nie.
“In September 2015 het die man sy tannie oorval terwyl sy by haar huis in Mathukuza in Newcastle geslaap het. Hy het haar herhaaldelik verkrag, verskeie kere gesteek, gewurg en haar van kontant beroof voor hy van die toneel [en uit die provinsie] gevlug het,” het Mbele gesê.
Die vrou is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas.
Sake van verkragting en poging tot moord is na die eenheid vir gesinsgeweld, seksuele oortredings en kinderbeskerming in Newcastle verwys en hul ondersoek het hulle in April 2017 na die gevangenis in Boksburg gelei.
Daar het hulle die man opgespoor wat toe reeds by dié tronk aangehou is in verband met ʼn moord wat hy glo gepleeg het. Hy is daarna na Newcastle geneem om verhoor te word vir die verkragting en poging tot moord op sy tannie.
“DNS-monsters het hom later ook aan ʼn moordsaak in die Fernie-omgewing in Mpumalanga verbind,” het Mbele gesê.
Hoewel die man se moordverhoor in Mpumalanga steeds voortgaan, is hy in Newcastle gevonnis tot lewenslange tronkstraf vir die verkragting, tien jaar vir die poging tot moord en een jaar vir diefstal.
Hoekom kom party verkragters weg met vonnisse van n paar jaar of maande en ander nie? Dink dit is tyd dat almal wat verkrag, lewenslank moet kry.
Ek sien die NFP vra nou vir die doodstraf. Dit moes lankal gebeur het.
Lerato,
Die doodstraf sal nie weer in SA toegepas word nie.
Soooo wreed
Hy sal waarskynlik baie swaar gevonnis word deur ‘n regter met ‘n lywige lêer wat lank sal neem om al die klagtes te noem en die vonnisse daarvoor en dan as antiklimaks afsluit deur te sê die vonnisse sal gesamentlik uitgedien word.
Hang verkragters en moordenaars. Weer vanaand opi nuus van 8jarige meisietjie wreed verkrag is. Vuilgoed
Ek kan nie verstaan hoe ‘n mens (?) jou eie ma/suster/ouma/tannie kan verkrag nie. Ek weet verkragting gaan oor mag en nie lus nie, maar die mans is tog nie diere wat nie van beter weet nie.