Man 30 keer tydens aanval gesteek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 26-jarige man is in ʼn kritieke toestand na ʼn KwaZulu-Natalse hospitaal geneem nadat hy Sondagaand minstens 30 keer met ʼn skerp voorwerp oor sy hele liggaam gesteek is.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 21:30 na die toneel in 33ste Laan in Clermont, oos van New Germany naby Pinetown, ontbied.

“Die man is gewond in die straat aangetref. Hy het ook ʼn erge hoofbesering opgedoen en baie bloed verloor,” het Vermaak gesê. “Die man is aan lewensondersteunende toerusting gekoppel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Lt.kol. Shooz Magudulela, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig, maar gesê die motief vir die aanval is onbekend.

“Die man is deur ʼn onbekende aantal verdagtes aangerand. Hy het verskeie beserings opgedoen en moes na ʼn hospitaal geneem word vir behandeling,” het Magudulela gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hasie ·

30 Keer gesteek met skerp voorwerp, klink vir my meer na poging tot moord.

CHRISTA ·

Dis PRESIES dieselfde gedagte wat by my opgekom het toe ek dit lees!!! Dit lyk vir my NIKS in ons land kwalifiseer vir “moord” nie!!!

Jakkalas ·

Ek stem en dit is hoekom statistieke wat die polisie vrystel geensins vertrou kan word nie. Dis blatante skending van die waarheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.