Man 300 m gesleep in tref-en-trap

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het beroep op die publiek gedoen om inligting te verskaf wat die polisie kan help om die skuldige in ʼn tref-en-trap-voorval in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, vas te trek, nadat ʼn onbekende man, vermoedelik in sy vroeë 50’s, doodgery is.

Volgens Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, is die man Woensdagaand in Short Retreatweg deur ʼn voertuig getref en sowat 300 m ver gesleep.

“Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die voertuig wat hom getref het, was nie op die toneel nie,” het Bodasing gesê.

Lt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die oorledene het nie enige vorm van identifikasie aan hom gehad nie en sy identiteit is nog onbekend.

Die Alexandra Road-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Mense met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan kan die stasie bel by 033 845 7726.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tiger ·

Strafbare manslag??Magtig dis uit en uit moord!Ons wette is pateties om die minste te se!

Theresa B ·

Dis moord. Hoe kan ‘n mens so wees en net wegry. Jy gaan nie daarmee wegkom nie. Jy gaan op een of ander tyd gevang word en jy gaan dubbeld terugkry wat jy aan die oorledene gedoen het…………………….. Hoe slaap jy?????

Snip ·

Ek sê mos, hierdie land van ons se wette is agterstevoor. Want as jy `n boef in jou huis skiet, staar jy `n klag van moord in die oë, maar hy kon jou lewe geneem het, en as jy iemand dood ry, word jy net aangeklae vir manslag. Oh my word.!!!. Kan net my kop skud.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.