Man (32) vas vir verkragting van agtjarige

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 32-jarige man verskyn Maandag in die Klerksdorp-landdroshof in Noordwes in verband met die beweerde verkragting van ʼn agtjarige meisie.

Lt.kol. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, het gesê die man is Vrydag in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting Woensdag in Jouberton naby Klerksdorp.

“Die minderjarige en haar ma het die verdagte se ma in Uitbreiding 12 van Jouberton gaan besoek. Daar word beweer dat die meisie buite gespeel het toe die verdagte haar gegryp en na ʼn buitetoilet geneem en verkrag het,” het Makau gesê.

Die man het die meisie glo gedreig om vir niemand van die voorval te vertel nie.

“Die meisie se ma het Donderdag opgemerk haar kind kon nie behoorlik loop nie. Die ma het haar dogter daaroor uitgevra, waarna die meisie gesê het die man het haar verkrag.”

ʼn Saak is kort daarna by die polisie aanhangig gemaak, maar die verdagte kon nie dadelik opgespoor word nie.

Hy is Vrydag by die Jouberton-polisiestasie in hegtenis geneem nadat hy self daar opgedaag het om ʼn saak van aanranding, wat nie verband hou met die verkragtingsaak nie, aanhangig te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anoniem ·

Mooi man..gedink jy is slim. Toe glad nie…Slim het sy baas gevang!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.