Man (36) sterf toe trein hom tref ná aanranding

Foto: Netcare 911

ʼn 36-jarige man van KwaZulu-Natal is oorlede ná hy by die Shongweni-treinstasie geskiet, aangerand en toe deur ʼn trein getref is.

Chris Botha, Netcare911-woordvoerder, sê die man se aanvallers het hom Dinsdagaand, ná hulle hom aangerand het, op die platform langs die treinspoor gesit met sy kop wat oor die rand van die platform hang, toe ʼn trein hom getref het.

Daar word vermoed dat die man te swak was om op te staan, of selfs deur sy aanvallers gedwing is om op die platform te bly lê.

Volgens Botha het die man steeds geleef toe paramedici op ʼn skietvoorval gereageer het.

“Hy is aan ʼn ventilator gekoppel en in die ambulans gelaai, maar is ten spyte van alle pogings oorlede,” sê Botha.

ʼn Polisieondersoek na die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Adam ·

Nie eens roofdiere kan kers vashou by die geweldenaars in ons land nie. Wat ‘n siek spul!

manuela ·

Die wreedheid van mense in ons land laat my daagliks verstom staan. Hoe doen ‘n mens so iets? Dit is demonies

Petro ·

Adam ek stem volkome saam met jou dit is absoluut siek verby. Geen mens of selfs dier verdien om so te sterf nie. Ek het omtrent ‘n naarkol op my maag om sulke brutaliteit te lees dit bederf sommer my hele dag. Sulke mense moet uit die samelewing verwyder word vir altyd. Dit is so tragies!!

Leeutjie ·

Ek kan my net nie so iets indink nie!! Hoe wreed… Ek het nie woorde nie!

anton ·

Dit is nou maar eenmaal so. Daar is geen wreder spesie op die aarde as die MENS nie.
Soms sukkel ek om dit werklik mooi te verstaan!!!

Sonskyn ·

Waar kom hulle aan die brutale wreedheid?!?! Kyk hulle te veel rillers of is dwelms hier ter sprake of sommer altwee! Op my kreatiefste kan ek nie eers sulke goed uit dink nie. Genugtig man… dis so wreed!

Yster ·

MENSE WORD WAKKER!!! ONS MOET N PLAN MAAK DIT RAAK TE VEEL!!!

zoom zoom ·

Yster se jy vir ons wat se plan het jy of wag jy op iemand anderste om ‘n plan te maak.

Afrikaanse Knaap ·

Ek is dit eens dat elke mense reg wat jy van ‘n ander mens ontneem, van jou ontneem moet word.
Jy vat iemand se reg tot lewe, die regering verwyder jou reg tot lewe.

Lee Randburg ·

Ek dink die manier hoe jy n lewe neem, op daardie selfde manier moet jy jou lewe verloor! Die doodstraf moet terug gebring word!!!

Rene ·

In ons land, gaan die persoon wat iemand anders uit selfverdediging dood skiet, ongelukkig die doodstraf kry en die moordenaars en plundelaars gaan skotvry kom.

Pieter ·

Jammer Rene dis ongelukkig nie waar nie. Geen hof sal jou vonnis indien jy jou lewe verdedig nie. Sulke stories is onwaar.

‘n Moord docket word oopgemaak maar dan beslis die hof gewoonlik om nie te vervolg nie en maak docket dadelik weer toe.

Chris ·

Weet julle waar die mense aan die wreedheid kom, van ons wittes af. Ons het hulle kom leer en wys hoe dit gedoen word. Ons het die draadloos en die televisie aan Afrika voor gestel. Dit was voor 1652 ‘n rustiger plek sonder enige geweld en almal het lekker saam gebly.

Robert ·

En in Piet Retief en Dingaan se tyd. Wat het dit daarmee uit te waai ?

heleen venter ·

Plaasmoorde, moorde, dieremishandeling, afbrand van historiese geboue….. geen wonder meeste blankes begeer om te kan emigreer nie.

ek ·

Ons samelewing word sieker by die dag ek besef dit elke dag bietjie meer. Dit is net wraak haat moord verkragting korrupsie mishandeling en my lys sal aangaan vir dae !!! Siek siek siek……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.