Man (40) in hof ná hy glo vriend se dogter (12) verkrag

Argieffoto

ʼn 40-jarige man het Maandag vlugtig in die Bethulie-landdroshof verskyn in verband met die verkragting van ʼn 12-jarige meisie dié naweek.

Sers. Yanga Ngcukana, woordvoerder van die polisie, sê die meisie het self die saak van verkragting by die polisie aangemeld.

“Die 40-jarige man is ʼn vriend van haar pa. Sy het die saak by die polisie aangemeld direk nadat hy haar verkrag het,” sê Ngcukana.

Volgens die verklaring het die meisie saam met die verdagte se kinders buite in die tuin gespeel toe die man na buite kom, haar na ʼn agterkamer sleep en haar verkrag het.

Ngcukana sê die meisie kon ook nie skree nie omdat die verdagte haar mond toegedruk het.

“Op pad na haar huis toe het sy ʼn polisiebeampte raakgeloop wat nie aan diens was nie en hom van die verkragting vertel. Hy het haar na haar ouers geneem en hulle het ʼn saak teen die man gemaak.”

Die man is Sondag in hegtenis geneem. ʼn Mediese dokter het bevestig dat die meisie verkrag is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

WitBlits ·

Aggenee Maroela dit wil voorkom of julle al wat ‘n slegte nuusstorie is spesiaal gaan soek. Al die ander nuuswebwerwe is vol slegte nuus.
Oorweeg bietjie goeie nuus ook en speel ‘n positiewe rol in Afrikaanssprekende lesers se lewens!

Domvraag ·

Hlaudi Motsoeneng het mos dieselfde by die SAUK probeer doen en wou n valsbeeld skep van net die goeie en sy paternalistiese benadering het mense rooi laat sien..Maroela hou so aan hierdie misdaad is n bewys van wat regter Jansen onder aandag probeer bring het..

Blinde Mol ·

Sjoe, wil jy soos ‘n volstruis kop in die sand leef? Die lewe gebeur, hoor, en sommige van ons wil van die slegte ook weet sodat ons ingeligte besluite oor beveiliging kan neem en ons kinders waarsku. As jy net goeie nuus wil lees is daar ‘n hele paar “good news” tydskriffies wat jy kan koop. Maroela, dankie vir julle nuusdekking.

Rerig!!! ·

Lets not sugar coat reality, juis die rede hoekom almal in n droom wereld leef, juis oor daardie tipe benadering, dat mense in ons gemeenskap hul oe gesluit het vir n kinders wat vir meer as n jaar seksueel misbruik, en bedwelm was. Nee jong, gee vir my die waarheid.

Moegepraat ·

Wanneer word die man se naam bekend gemaak asb? Was mos darem al in die landdros hof

Arsène Lupin ·

Soos ‘n grotman sleep hy die kind – en die maatjies doen ook niks!
Voorwaar ‘n baie brawe meisiekind – sterkte aan haar, en ek dink die polisie moet bietjie ondersoek instel wat als in daai huis gebeur – seker sy is nie sy enigste slafoffer nie.

*** ·

Ek stem; hy moet vir altyd uit die huis verwyder word – waarskynlik die rede waarom die maatjies ook “niks” doen nie; is self vreesbevange en slagoffers van sy wreedheid.

Nuus ·

Onlangse nuus wat my werklik diep getref het is oor die Iranese wiskundige genie Maryam Mirzakhani. Dalk kan MM oor haar volledig berig?

Gerrit ·

Ons weet mos hoekom die man se naam nie genoem sal word nie

Stadskind ·

Bravo vir die dogtertjie. Sy is so braaf. Sy naam kannie bekend gemaak word omdat sy minderjarig is.

Gerhard Engelbrecht ·

Ek bid dat die hof n voorbeeld van die man wil maak,maak nie saak watter ras,maar kinders moet veilig voel,en beskerm word

Gerhard ·

Ek bid dat die hof n voorbeeld van die man sal maak,kinders moet veilig voel by grootmense,en beskerm word

lea ·

Ouers moet na hulle kinders kyk!! Vertrou niemand met julle kinders nie pas hulle op dit is die grootste geskenk van God om n kindjie te he!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.