Man (40) se liggaam in begraafplaas gekry

‘n Foto van die toneel (Foto: Verskaf)

ʼn 40-jarige man is Maandag “grusaam” in Makhado buite Thohoyandou in Limpopo vermoor.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die man se liggaam is in ʼn begraafplaas naby Tshikota gevind.

“Sy liggaam het veelvuldige steekwonde gehad. Talle tekens dui daarop dat sy liggaam daar gaan stort is ná hy elders vermoor is,” sê Ngoepe.

Volgens Ngoepe kon niemand van die omliggende omgewing die oorlede uitken nie.

Die man het ʼn medium-bou, ʼn snor en het ʼn trui met ʼn grys-en-blou hemp aangehad.

Enigiemand met meer inligting oor die moord óf die verdagte word versoek om lt.kol. Tshililo Ndou te kontak by 082 565 7877.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Z ·

Hoe is dit moontlik dat die polisie met hierdie grusame toneel die persoon se ouderdom kan uitken, maar nie sy ras nie?
Sou dit nie dan makliker wees om naasbestaandes te soek nie?

Wie is dit? ·

CAUCASIAN or AFRICAN .. asb hoe moet mense nou hulle naasbestaandes wat verlore geraak het uitken as niemand weet watter ras hulle was nie. Ons moet ophou ras sensitief wees en dinge begin sien vir wat dit is … Moet mens nou iemand op sy klere en ‘n snor uitken? Belaglik.

Cherokee ·

2 kommentare wat raakvat met hul verwysings na die belaglikheid om navraag te doen oor die identiteit van mense terwyl die ras verwsyg word.

What a joke! ·

Ja nee kom vore met inligting maar jy weet nie of die ou pienk pers of geel is nie, ek ken baie mense met snorre met n trui met n blou en grys hemp maar dit lyk of hulle darem nog leef…..ai so belaglig die politiese korrektheid as jy dit, dit kan noem!

Kowa ·

Wat ek graag wil weet is : Hoe weet hulle hy is 40 jaar oud as hy nie uitgeken kan word nie?

cor ·

Hulle het sy tande getel en ook sy hare toe vermenigvuldig hulle dit met 365 dae deel deur 12 maande en siedaar 40 jaar op die kop.

Johann ·

40 jaar oud? Seker dieselfde inteligensie dienste wat vir ELVIS arresteer het voor hy die kabinet uitgehaal het as hy n borg kon kry. En dieselfde intelegensie wat gese het Gordan gaan Zuma se naam gat maak oorsee? Absurd…

Johan ·

Komaan julle! Julle probeer nou logies wees en common sense gebruik om agter die kap van die byl te kom (no pun intended)…daar bestaan mos nou nie só prinsiep nie!

Matmiet ·

‘n Liggaam in die begrafplaas? Hoe? Hehehe die opskrif is nie so goed nie hehe

Anel ·

Dit is regtig belaglik Maroela Media. julle moet mos beter weet dat geen mens iemand so kan uitken nie. Soek ons n swart man se famielie, n kleurling man se famielie, n wit man se famielie of n Indiese man se famielie so meer kan dit wees. self n persoon van Asie. regtig, dit maak die berig net belaglik.

Janie Monsieur ·

Dagsê Anel,
Dankie vir jou kommentaar. Die inligting in die berig is soos dit deur die polisie verskaf is. Maroela Media kan nie oor feite berig wat nie deur die polisie deurgegee is nie.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Tonginniekies ·

Hulle moet net dieper krap. Ek vermoed hulle gaan nog baie liggame daar vind….

Rupert Ashford ·

Mense, vergeet van die ras-storie. Dit word slegs dadelik bekendgemaak as die beskuldigde wit is. Die res van die tyd is dit nie ter sake nie.

H... ·

Waar anders moet mens dan nou dooie liggame kry as in a begrafplaas? Dis normaal of nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.