Man (42) beken skuld op ontvoering, moord op bejaarde

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn 42-jarige man van Alice in die Oos-Kaap het homself vandeesweek aan die polisie oorgegee en skuld beken op die ontvoering en moord op ʼn bejaarde man van dié provinsie.

Kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, sê die man is op 3 Januarie in hegtenis geneem nadat hy homself aan die owerhede oorhandig het.

Volgens Tonjeni het die man besef dat die polisie op sy spoor is ná die bejaarde man ses weke gelede vermoor is. Die vermoorde man se liggaam is aan die begin van Desember deur die polisie in Izele opgespoor nadat ʼn soektog na die man van stapel gestuur is.

“Die polisie was steeds besig om leidrade op te volg nadat die man se liggaam verlede jaar opgespoor is. Die verdagte het besef dat die polisie nader kom aan antwoorde,” sê Tonjeni.

Die verdagte het Vrydag vlugtig in die landdroshof op Alice verskyn op aanklag van ontvoering en moord. Die saak is uitgestel tot 11 Januarie.

Genl.maj. André Swart, provinsiale polisiekommissaris, het gesê die familie het daarna gesmag om vrede te vind en dat geregtigheid tydens die verdagte se verhoor sal seëvier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.