Man (43) sterf, seun in hospitaal ná huisbraak

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn 43-jarige man van Brandwacht in Stellenbosch in die Wes-Kaap is dood en sy 14-jarige seun in die hospitaal nadat hulle Dinsdagoggend vroeg tydens ʼn huisbraak met ʼn mes aangeval is.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het glo omstreeks 03:00 plaasgevind.

Rwexana sê die gesin het geslaap toe twee verdagtes, wat glo albei met messe gewapen was, gedwonge toegang tot die huis verkry het. “Die man en sy vrou het geslaap toe die verdagtes die man met ʼn mes aangeval het,” sê Rwexana.

Volgens mediaberigte was die man se 14-jarige seun ook betrokke toe ʼn stoeiery tussen die gesin en die verdagtes ontstaan het.

Rwexana sê die seun het steekwonde opgedoen en is na die hospitaal geneem. Die man het op die toneel gesterf.

Volgens haar word die omstandighede rondom die voorval tans ondersoek en is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Die polisie kon nie onmiddellik bevestig of die vrou ook in die voorval beseer is nie. Dit is ook nie duidelik of enigiets in die voorval gesteel is nie.

Maroela Media weerhou die naam van die oorledene totdat al sy naasbestaandes van sy dood ingelig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Elsabe ·

Hierdie aanhoudende aanvalle op die blankes en selfs nie blankes moet nou stop gesit word.
As die regering nie nou in gryp nie voorspel ek n donker tyd vir SA

Debbie ·

Dit was ‘n goeie idee om ‘n protesoptog te hou vir plaasboere wat vermoor is. Maar dit is nie net plaasboere wat vermoor word nie. Blankes in die dorp en stad word ook aangeval en vermoor.

Lynette ·

Debbie Vandeesweek is dir nuutste statistieke bekend gemaak – die moordsyfer in SA is 34./100 000 mense, maar as na PLAASMOORDE ALLEEN gekyk word,is dit 156/100 000. DIT is waarom daar protesoptogre was. Niemand sê ander persone buiten boere word nie vermoor nie.. Maar kyk.na die syfers en dis duidelik dat om boer te wees die gevaarlikste beroep in die wêreld is, letterlik.

Debbie ·

Alle moorde moet gestop word. Blanke sowel as nie blanke moorde moet gestop word. Daar is geen respek vir enige persoon se lewe in Suid Afrika nie.

Bernard ·

So sinneloos. My hart bloei vir sy gesin. Hy was ‘n lieflike mens.

Leahim ·

Totale aanslag op wit mense wat is die volgende stap belastingboikot mandela het gesê die rede vir die tereur voorvalle tydens apartheid was omdat gesprekvoering nie gehelp het nie en kyk waar het dit hom gebring in beheer van sa

Susan Botha ·

Vandag is ‘n baie hegte gesin en familie se lewens aangeraak deur instumente van die Bose! Pieter en Adele was ‘n droompaar en -gesin. Die sinnelose geweld in Suid-Afrika laat ‘n mens sonder woorde. Ons kan maar net bid en glo dat dinge in ons land kan begin verander, sodat harte en lewens geheel kan word en ons onder die grondwet veilig en geborge kan lewe soos dit veronderstel is om te wees!

Tersia Maree ·

Kan hierdie moorde nie maar tot n stop kom nie. Genade dit is verskriklik. Iewers moet reg begin intree

Tersia Maree ·

Kan hierdie moorde nie maar tot n stop kom nie. Genade dit is verskriklik. Iewers moet reg begin intree

Lynette ·

Debbie Vandeesweek is dir nuutste statistieke bekend gemaak – die moordsyfer in SA is 34./100 000 mense, maar as na PLAASMOORDE ALLEEN gekyk word,is dit 156/100 000. DIT is waarom daar protesoptogre was. Niemand sê ander persone buiten boere word nie vermoor nie.. Maar kyk.na die syfers en dis duidelik dat om boer te wees die gevaarlikste beroep in die wêreld is, letterlik.

anton ·

Stem nie heeltemal saam met jou nie Tiger.
n goeie alarmstelsel sal en kan n skelm optel nog voordat hy/hulle naby jou huis is.
As jy n groot huis het, kan hulle iewers inbreek sonder dat die hond dit dadelik hoor en teen die tyd dat hy blaf, is hulle op jou.
Die alarm loei so hard dat jy dadelik wakker skrik as hulle net buite nog rondbeweeg, wat hulle ook die hasepad laat vat.
My geld is eerder op n goeie alarmstelsel.
Maar n hond is natuurlik beter as niks.

Corné ·

Die gesin het twee hondjies in die huis gehad. Laat ons liewer nie aannames maak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.