Man (45) beroof, geskiet ná motor op hoofweg onklaar raak

Foto: Pixabay

ʼn 45-jarige man is in ʼn ernstige toestand na die hospitaal geneem nadat hy Vrydagaand beroof en geskiet is enkele oomblikke nadat sy motor onklaar geraak het op die N4-hoofweg net voor die Rosslyn-afrit.

Nick Dollman, Netcare Limited-woordvoerder, sê die man was in ʼn kritieke toestand toe nooddienste net ná 20:00 op die toneel aangekom het.

Volgens Dollman was die man op pad huis toe in die rigting van Rustenburg in Noordwes. ʼn Onbekende groep verdagtes het glo op die man toegeslaan toe sy motor op die hoofweg tot stilstand gekom het.

“Enkele oomblikke daarna is hy deur die rowers aangeval en geskiet,” sê Dollman.

Die man is per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas. Volgens Dollman moes hy reeds chirurgie ondergaan in ʼn poging om sy lewe te red.

Meer inligting oor die voorval is nie in dié stadium bekend nie. Dollman sê die polisie het ʼn ondersoek begin.

Maroela Media het intussen uit ʼn betroubare bron verneem dat die 45-jarige man oorlede is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

M'Lady ·

In plaas daarvan om hulp aan te bied word hierdie man geskiet. Dis die Suid-Afrikaners in die Nuwe Suid-Afrika.

John Samuel ·

Moenie vergeet nie – waarvoor die oorweegende meerderheid “ja” gestem het!
Geniet julle “legacy”, daar is nou GEEN meer terugkeer nie.

frik van zyl ·

Mense maak seker julle dra vuurwapens as julle rondgaan , enigiemand se motor kan onklaar raak op die pad , en wat maak jy dan , meeste van die tyd is die naaste hulp kilometers weg , n selfoon is van min hulp as jy aangeval word , jy moet jouself kan beskerm daar en dan en net n vuurwapen en jou kennis daarvan kan dit verseker

Cherokee ·

So frik, van zyl, as iemand se motor onklaar raak en ‘n motoris met passasiers hou stil (om dalk te help) moet hy hulle onder skoot hou solank hulle sy kar regmaak? Selfs gewapend is so een se kanse uiters skraal as iemand onverwags ‘n vuurwapen op hom rig. Dit bring ons terug by Jordaan se ‘watse aaklige land!’.

frik van zyl ·

Jong as ek nou mooi daaraan dink moet meeste van julle MM lesers liewer nie vuurwapens dra nie , die res van ons sal beter af wees sonder julle

My mening ·

Ek verstaan beide Frik en Cherokee se argumente. My mening is dat jou kanse met ‘n vuurwapen tog net ‘n bietjie beter is. Hier lyk dit vir my asof hy ingewag is deur spykerduwweltjies/voetangels (Engels ‘caltrop’) op die pad te stel. Anders is dit heel toevallig dat hulle langs die pad was toe sy motor gaan staan het. Ekself het planne agtermekaar sou my voertuig gaan staan wat gebaseer is op die rede van hoe dit gebeur.

Cherokee ·

Ek is een van die gewapendes en jy is een van die wat die wat wegduik as jy om verduideliking gevra word.

Snoefels ·

Natuurlik moet hy hulle onder skoot hou, jy moet NIEMAND vertrou nie. Jy al gehoor van vrouens en kinders wat langs paaie le en hulp nodig het en stop jy dan makeer hulle niks? En buitendienm in die land sal niemand sommer net stop en help nie

Carel 2 ·

Ja en as hy n wapen by hom gehad het en n rower geskiet het was hy nou in tronk

Marinda ·

Frik jy het n geldige punt maar elke situasie word verskillend uitgespeel dus een kans is beter as geen kans. As jy n wapen vir selfverdediging dra moet jy ook oefen met dit en hoe meer jy oefen hoe meer selfvertroue het jy om te weet wanneer en hoe jy dit kan gebruik.

Rooy ·

Dis baie beter om eerste te skiet en te bly lewe. Jy moet jou self verdedig. In die hof het jy darem ‘n kans.

jan_alleman ·

ek dink baie van die wat hierbo kommentaar lewer moet liewer ongewapen bly , kriminele doen ons a guns om van hulle ontslae te raak ” Darwin Effect”

Cherokee ·

Lees hieronder van die minister se woordvoerder wat homself geskiet het by ‘n skietbaan. Vuurwapens moet uit julle hande gehou word ook.

marlene ·

Sou jou voertuig onklaar raak langs pad, is jou dae getel.

Lynette ·

Ek wonder of die misdadigers nie iets te doen gehad het met die onklaar voertuig nie want hulle was oomblikke daarna op die toneel. Te gerieflik!!!!

Chris Ws ·

Ek en my vrou ry net vir die nodigste.Baie maal staan ons voertuig vir meer as ‘n week.Maar elke keer as ons ry vat ek my plaaswag radio met sy magneet antenna saam EN ek en my vrou ons vuurwapens.Elke keer.Ek vat geen kanse.Het ‘n 2de spaarwiel ook in my dubbel kajuit.

Suzette ·

Chris Ws: Slim…. baie slim. Ons moet na onsself omsien in die land. Niemand anders gaan nie.

Eish ·

Sjoe, verdeeldheid, woede, magteloosheid, onverdraagsaamheid, kommentare klink soos n kerkraadsvergadering.
Dit bly n helhool om in te woon en werk.

Chris ·

Ek probeer stop vir mense om hulle te help as ek hulle Langs die pad sien met kar probleme,

Cherokee ·

Chris, ek het stilgehou om 23:00 vir twee jong blanke vrouens met ‘n klein kind wat gestaan het langs ‘n kar. Haar goedgemikte vuishou deur die venster het bloed getrek. Terwyl ek haar aan die hare vasgehou het deur die ruit het ek met my ander hand die deur oopgemaak. Dit was komies – my linkerhand deur die venster en en maak die deur oop met die ander terwyl die ander een se vuishou op my reën. Toe kom hul vriende van agter die kar uit. Ek het toe besluit dit word laat en dit is tyd is om te verkas. Steeds vriendelik genoeg om haar weg te stamp vanaf die kar sodat sy nie raakgery word nie. Met die omdraai kon ek die laaste man wat oor die pad gehardloop het nie tref nie want hy was betyds oor die pad. Twee dae later is hulle gevang toe hulle ‘n omie wat hulle wou help, met ‘n mes gesteek het. Sy was ‘n model in Johannesburg.
Dit waarvan ek nou vertel was voor regstellende aksie toe skakers nog wit was.

Eugene ·

Die tipe misdaad is nie vooraf bepan nie maar as die meeste mense langs die pad kriminele elemente is en moontlike bosslapers is het jy nie ‘n kans nie. Dis nie ‘n kwessie van die ‘prooi” inwag nie maar oppotuniste.

Noel ·

Ons lewe in die bos oorlog nou. Almal is n lopende of sittende teiken. Skiet en vra later vra. Killed or be killed

W Smith, Pretoria ·

Ongelukkig is dié 45-jarige man toe dood Saterdagoggend. Rekord North het volledige berig oor dit. Dit voel soos sistematiese etniese uitwissing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.