Man (46) gevonnis vir verkragting van 4-jarige

Argieffoto

Die Upington-streekshof het ʼn 46-jarige man tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ʼn vierjarige meisie.

Lt.kol. Dimakatso Mooi, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het glo in 2015 in Rosedale in die Noord-Kaap plaasgevind.

Mooi sê die man, Paulus Hermanus de Jager, was glo ʼn familievriend van die meisie se ouers. “Hy het ten tyde van die voorval by die meisie se ouers gekuier. De Jager het in ʼn stadium in haar kamer ingegaan en haar verkrag,” sê sy.

Lt.genl. Risimati Shivuri, provinsiale polisiekommissaris, het die vonnisoplegging verwelkom. Shivuri het gesê die verdagte is danksy die noukeurige ondersoek deur ao. Marius Struwig, die ondersoekbeampte, vasgetrek.

“Die vonnis stuur ʼn duidelike boodskap dat geen klip onaangeraak gelaat sal word om te verseker dat misdade teen vroue en kinders geprioritiseer word nie,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Onnie ·

Flip!!! Kyk die ouers dan nie wat aangaan in hulle huis nie???? Niemand sal dit in my huis waag nie, eks te wakker. Daar was verseker drank of dwelms betrokke. Die ouers most ok gecheck word, dinge is nie leka in dai huis nie – kinders nie veilig nie

Lydia ·

Ek dink dit is sleg dat jy die ouers beskuldig, die mense wat sulke goed doen is juis die mense van wie jy dit die minste verwag, ek praat uit ondervinding

Mariaan ·

Onnie…ek stem saam met jou. Jy as ouer is verantwoordelik vir jou kinders.
Ons praat hier van n 4 jarige kind. Enige ouer weet dat jy niemand kan vertrou nie. Pas jou kinders op moet hulle nie aan wolwe blootstel nie.

Sarel Strydom ·

15 jaar? Moontlik Parool op 10 of minder? Is dit gepaste vonnis terwyl slagoffer lewenslank geskend is? Die Staat moet verantwoording doen want hy beskerm nie sy Burgers nie.

Kobus ·

Arme kind sit met n lewens lange skending en hy kry net 15 jaar. Hoe werk dit?

Riaan ·

So ver ek weet is die minumim straf wat moet opgele word vir die verkragting van i minderjarige is lewenslank…. hoekom net 15 jaar?…..hy sal dan slegs 7 en i half jaar uitdien……

Marianne ·

Sy is 4 jaar oud magtag!!! dis nog ‘n “baba” watter siek plesier vind vent daarin?
Nou kry by 15 jaar tronk straf en sy is lewens lank geskend, emotioneel en fiesies sal st nooit weer dieselde wees nie.
EK hoop van die pa’s in die tronk gaan by hom kuier….

Siek en sat ·

15 jaar is hopeloos te min. Lewenslank sonder parool asseblief. Hersien sy en al die ander verkragters se vonnisse asb.

mimi ·

Hoekom is daar nie n FOTO van die verkragter nie? Hy het seker nie nou op 46 jarige ouderdom vir die eerste keer begin om kinders te molesteer nie ??? Mense moet weet hoe hy lyk…dalk het ander kinders deurgeloop, maar was te bang om te praat! Ek dink pornografie is n euwel wat hierdie siek mense sieker maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.