
Argieffoto.
ʼn Man (48) is Donderdag swaar gestraf vir die moord op sy seun (25).
Kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê Bongile Klaas het vroeër vandeesweek skuld beken op ʼn klag van moord en is in die Stormsrivier-distrikshof gevonnis.
Hy is tot tien jaar effektiewe tronkstraf gevonnis.
In Desember 2015 het Klaas en Masixola Sofaya, sy seun, baklei en Sofaya is talle kere in die rug gesteek met ʼn mes.
Hy is op die toneel dood.
Die voorval het by hul huis in Coldstream in Stormsrivier plaasgevind.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
‘n Klomp mense op hierdie planeet het net eenvoudig nie die vermoë om die uitkoms van hulle dade in ag te neem terwyl hulle daardie dade pleeg nie….en dit is waarom geen strafmaatreël (selfs die doodstraf waaroor mense so skree) NIE ‘n afskrikmiddel is nie.
10 Jaar is dit nou Swaar Straf vir iemand wat hy vermoor het???
Swaar gestraf? Tien jaar vir moord?
Verstaan ek ook dan nou die 10 jaar “swaar straf” verkeerd???
Ag nee sies man. Wie se 10 jaar effektiewe straf is SWAAR vir moord op n jongman? Sy lewe is gesteel en nou moet ek as belastingbetaler vir n moordenaar, n krimineel vir 10 jaar sorg. Dit beteken ons almal wat belasting betaal word gestraf. Dis hoekom Suid Afrika is waar hy vandag is, die regstelsel het die burgers van die land in die steek gelaat. Hi shame!!!!!!