Man (48) swaar gestraf vir moord op seun (25)

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn Man (48) is Donderdag swaar gestraf vir die moord op sy seun (25).

Kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê Bongile Klaas het vroeër vandeesweek skuld beken op ʼn klag van moord en is in die Stormsrivier-distrikshof gevonnis.

Hy is tot tien jaar effektiewe tronkstraf gevonnis.

In Desember 2015 het Klaas en Masixola Sofaya, sy seun, baklei en Sofaya is talle kere in die rug gesteek met ʼn mes.

Hy is op die toneel dood.

Die voorval het by hul huis in Coldstream in Stormsrivier plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johann Marx ·

‘n Klomp mense op hierdie planeet het net eenvoudig nie die vermoë om die uitkoms van hulle dade in ag te neem terwyl hulle daardie dade pleeg nie….en dit is waarom geen strafmaatreël (selfs die doodstraf waaroor mense so skree) NIE ‘n afskrikmiddel is nie.

Magda ·

10 Jaar is dit nou Swaar Straf vir iemand wat hy vermoor het???

ek sekondeer ·

ek ook gewonder wat maak tien jaar vur moord n sowaar straf. binne drie jaar seker op parool.

Marietjie ·

10jaar, 10 jaar is ‘n swaar straf?????? 10 jaar gestraf vir MOORD, ek kan dit eenvoudig nie glo nie

Wonder maar net ·

Verstaan ek ook dan nou die 10 jaar “swaar straf” verkeerd???

Tammy ·

Ag nee sies man. Wie se 10 jaar effektiewe straf is SWAAR vir moord op n jongman? Sy lewe is gesteel en nou moet ek as belastingbetaler vir n moordenaar, n krimineel vir 10 jaar sorg. Dit beteken ons almal wat belasting betaal word gestraf. Dis hoekom Suid Afrika is waar hy vandag is, die regstelsel het die burgers van die land in die steek gelaat. Hi shame!!!!!!

broos ·

en dan wonder almal hoekom dit so maklik is om moord te pleeg…..belaglik!!!!

JP vd Merwe ·

So tipies wat verkeerd is in SA. Moord, 10 jaar, swaar straf. As dit nie so tragies was nie sou dit die grap van die dag gewees het.

MS ·

10 jaar en julle noem dit swaar straf?? Sjoe. Wat noem julle dan lewenslank?

Peanut ·

Hyt n baie ligte straf gekry!!! Hoe kan jy jou eie seun vermoor. Mag sy gewete (as hy ooit so iets het) hom opvreet.

ap ·

Dis a grap daai moordenaar is uit voor vyf jaar verby is dan moor hy weer en word gevoed terwyl hy in tronk sit bring terug die doodstraf. Dink aan die slagoffers se familie

Jeanete ·

Hul weet beslis nie wat beteken swaar straf nie. Bring doodstraf terug dan praat jul weer.

jaco ·

As die slagoffer wit was, verstaan ek 10 jaar en vroeë vrylating op “goeie gedrag”. As die moordenaar en slagoffer albei wit was, verstaan ek ook ‘n ligte vonnis. Oscar het maar net 6jaar gekry. Maar hierdie moordenaar en sy slagoffer is albei cam dieselfde ras as die ANC, wat ons regstelsel beheer, so dié ligte vonnis verbaas my.

Uvonka ·

Die enigste swaar in hierdie berig is die belasting betaler wat swaar moet kry om die so and so vir 10 jaar in die tronk te hou, as hy ooit so lank sal sit. Swaar kry sal ons!!!

Weetvan ·

Julle almal wat hier met klippe gooi, was julle ooit in ‘n situasie waar jou kinders dwelms ens. gebruik, en hoe hulle jou dan emosioneel vernietig tot jy dit nie meer kan vat nie. Nee, ek glo nie anders sou julle nie so aangegaan het nie. ‘n Saak het altyd 2 kante.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.