Man (49) in hospitaal ná vyf hom beroof, skiet

Argieffoto: Kent Williamson

Maroela Media het vroeër berig die man se naam is Abraham. Dit is intussen bekend gemaak die man is Pierre Erasmus. Volgens inligting is hy steeds in die hospitaal ná hy vir 24 uur in die hoësorgeenheid opgeneem is.

ʼn Man van Heilbron in die Vrystaat is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal nadat hy Vrydagmiddag tydens ʼn gewapende rooftog geskiet is.

Konst. Josephine Rani, woordvoerder van die polisie, sê die man, Pierre Erasmus (49), het glo pas uit sy motor geklim en was op pad bank toe om ʼn onbekende bedrag geld te deponeer.

Erasmus is glo genader deur ʼn groep van vyf verdagtes wat ʼn vuurwapen op hom gerig het en die kontant geëis het.

Volgens Rani het een van die verdagtes hom in die been geskiet.

“Hulle het die kontant by hom afgeneem en daarna op die vlug geslaan,” sê Rani.

Rani sê die verdagtes het van die toneel gevlug in ʼn rooi Audi wat nie nommerplate het nie.

Sy sê Erasmus is steeds in die hospitaal, maar sal weens sy stabiele toestand nie vir lank in die hospitaal hoef aan te bly nie.

Sy kon bevestig dat Erasmus nie ʼn plaaslike sake-eienaar is nie, maar dit is nie duidelik hoeveel geld in die voorval gesteel is nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Tiger ·

Hy is sonder twyfel dop gehou voor die tyd of iemand in sy werksmag het hom ”uitverkoop”.

anoniem ·

Dit is n Pierre Erasmus en werk by n sake onderneming en hy ry n bakkie sover ek weet. En Poppie, hy was verseker ingewag, die kar het geruime tyd voor die bank gestaan. Hy stop nooit voor die bank, en gaan bank ok nooit op die selle tyd nie

anoniem ·

O ja en die voorval was gisteroggend om en by 10.30 en nie gistermiddag. hys in die bobeen geskiet en het gistermiddag 5h eers uit die teater gekom

anton ·

Kyk, as dit by misdaad kom, is sekere mense meesters op daai gebied!!!
Ook al waar hulle uitblink is by misdaad!!!

Daan ·

Inligting hierbo is snert. Maroela…..kry julle feite reg. Naam verkeerd, aantal rowwers verkeerd. Heng, al wat julle reg het was dorp en die motor

Anoniem ·

Hy het ook nie blantant geweier nie… Hy is nie n idioot om te weier onder gewapende dreigement die rugsak* te gee nie. Die vuurwapen was nie sigbaar nie*, een het die sak gegryp, Pierre het omgeswaai en n hou gegee en toe eers pluk een n geweer uit en skiet. Toe Pierre* val staan die een oor hom en vuur nog twee skote wat wonder bo wonder mis was maar duidelik bedoel was om hom dood te maak. Daar was net drie* mans. Maroela, goeie joernalisme is verniet. Slegs een bron maak vir vreeslike verkeerde feite!

Anoniem ·

Pierre het n touch-and-go eerste 24 uur gehad, niks stabiel daaraan nie. Sleg en gevaarlik gewond. Hy gaan ‘n paar dae nog in ICU moet wees voor hy eers uitgeskuif sal word na ‘n gewone saal, waar hy ook ‘n hele ruk gaan lê. Niks aan die proses gaan ‘gou’ wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.