Man (49) vas ná hy beweer dat hy ontvoer was

Argieffoto

ʼn 49-jarige man van Mpumalanga is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn ontvoering by die polisie aangemeld het wat nooit gebeur het nie.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die man het reeds Dinsdag in die landdroshof in Nkomazi verskyn.

Die man se inhegtenisneming volg nadat hy aangevoer het dat drie gewapende mans hom ontvoer en na bewering in die rigting van Hectorspruit met hom gery het.

“Die man het beweer dat hy daarin geslaag het om sy vrou van die ontvoering in kennis te stel nadat twee van die drie verdagtes die motor verlaat het en hom onder die bewaking van die derde persoon in die motor gelos het,” sê hy.

Die man se vrou het hierna die polisie van die voorval in kennis gestel. Volgens Hlathi het die polisie later die man se voertuig in Hectorspruit naby Komatipoort opgespoor. Daar was patrone, ʼn jaggeweer, ʼn byl en ʼn mes in die motor.

“Toe die polisie die man gebel het om verder ondersoek in te stel, het hy erken dat hy gehuur is om drie beweerde kapers te vervoer om ʼn sogenaamde besigheidsooreenkoms na te kom in ruil vir geld. Die polisie het die man kort daarna in hegtenis geneem vir meineed,” sê Hlathi.

ʼn Voorlopige ondersoek is reeds aan die gang in verband met die wapens wat in sy voertuig gevind is.

Die hof het Dinsdag beslis dat hy tot 10 Januarie in aanhouding bly vir nadere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elsa ·

Jammer, ‘n leuen word altyd geopenbaar,…meneer jy het nie gedink nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.