Man 500 m van huis af vermoor

Die laaste foto van Pieter van Wyk is Sondag geneem.

Pieter van Wyk (56) was sowat 500 meter weg van sy huis toe vier gewapende mans vermoedelik sy motor probeer kaap het en hom in die proses koelbloedig doodgeskiet het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê net Van Wyk se selfoon is tydens die voorval gesteel. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Michelle Saayman, Van Wyk se niggie, het gesê haar neef het van sy kleinhoewe af in die Erasmia-omgewing, wes van Pretoria, gery om ʼn loseerder te gaan aflaai en is met sy terugkeer op die grondpad na die hoewe ingewag. “Hy het net na 17:00 gistermiddag vir die huismense ʼn SMS gestuur dat hy aangeval word.”

Die buurtwagorganisasie, PAJ Community Patrollers, is deur Van Wyk se familielede in kennis gestel en het na die toneel gehaas. Van Wyk is deur die passasiersvenster geskiet waarna sy motor teen ʼn hoop rommel tot stilstand gekom het.

“Ons vermoed hulle wou die motor kaap en is hy toe geskiet in die linkerskouer en die koeël is deur na sy hart. Hy is aangerand en so gelos. Toe paramedici daar aankom en probeer om hom te red, was hy reeds breindood,” het Saayman gesê.

Die toneel. Foto: PAJ Community Patrollers

Sy het gesê hulle vermoed dat Van Wyk ook huurgeld by hom gehad het en dat dit saam met sy foon gesteel is.

Van Wyk het vroeër die maand 56 geword. Hy was nie getroud nie en het nie kinders nie. Volgens Saayman het Van Wyk wel gehelp om twee seuns groot te maak

“Ons as familie se harte is in stukke. Pieter was ʼn man wat nog net goed gedoen het vir ander. Partykeer ten koste van homself.”

Volgens PAJ Community Patrollers is daar drie weke gelede op dieselfde grondpad gepoog om mense aan te val. Die aanvallers het glo pangas by hulle gehad, maar die bestuurder van die motor kon daarin slaag om weg te jaag. Hy het wel ʼn besering aan sy oor opgedoen nadat die motor met ʼn klip gegooi is.

Maroela Media het ook vroeër die maand berig oor tien gewapende rowers wat op ʼn huis in die Mooiplaas-omgewing in Erasmia toegeslaan het. Die verdagtes het op die vlug geslaan met skootrekenaars en selfone.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Skokkend ·

En wat se MEV MAY DAARVAN?? Nog deel van haar plan? my INNIGE simpatie aan elke Suid Afrikaner wat hulle lewens aan die hand van KRIMINELE verloor ..

Anoniem ·

Enso bly dit gaan i hierdie land van ons !!!! Skwp werk dan sal daar minder moord en roof weea

Judge Dredd ·

Wonder net waar het hy tyd gekry om die SMS te stuur?

Kristell ·

Hy het die mense van die huis ongeveer 17:00 latweet dat hy nou op die grondpad gaan afdraai oppad na die plaashuis. En op daardie grondpad was hy vermoor.

TLC ·

OMW neeeeeeee neeeeeee neeeeeee Sterkte vir familie en vriende So bitter harteeer

Jaco ·

Minister Sizulu het dan gese daar is niks fout nie. Hemel kan sy nie die verskriklike goed lees wat ONS MENSE gebeur nie? En ja ons mense want julle gebruik dieselfde term

Patrys Beukes ·

Dis baie hartseer. Jammer vir julle verlies Michelle.

Lindtjies ·

Me Sisulu en andere leef in ontkenning. Sy is so vinnig op haar perdjie as die buiteland se presidente en ministers navraag doen en wil ingryp. Hulle haat ons blanke mense maar hulle kan niks doen sonder ons belasting geld nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.