Man (52) neem eie lewe op NWU-kampus

nwu-potch-puk

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

ʼn 52-jarige man het Woensdagmiddag sy eie lewe geneem in ʼn werkswinkel op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit.

Ao. Mpho Manjobe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie is tussen 16:30 en 17:00 deur dié universiteit se beheerkamer ontbied en het kort ná 17:00 by die toneel aangekom.

Die man, wat intussen as Anton Badenhorst geïdentifiseer is, het homself in die werkswinkel toegesluit voor hy homself glo in die kop geskiet het.

“Dit was ʼn grusame toneel,” sê Manjobe. “Die man was steeds op sy stoel toe nooddienste op die toneel aangekom het. Hy is onmiddellik dood verklaar.”

Sy sê daar was nie ʼn nota op die toneel nie.

Louis Jacobs, woordvoerder van die Noordwes-Universiteit, sê Badenhorst was nié ʼn dosent nie, maar het in die skrynwerkerseenheid gewerk.

“Die Noordwes Universiteit is geskok oor die voorval, en het onmiddellik berading gereël vir naasbestaandes en personeel,” sê hy. “Ons is jammer oor die voorval en ons bied ons innige simpatie aan al sy naasbestaandes.”

ʼn Polisieondersoek na die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Boerseun ·

Net nog ‘n bewys dat ons land wetgewing nodig het om selfdood te erken en te reguleer. Enigeen wat om watter rede ook al nie wil leef nie moet die meganisme hê om sy /haar lewe op ‘n beskaafde en vreedsame manier te kan beëindig.

Lynette ·

Boerseun – ek stem saam met jou as dit kom by terminaal-siek mense, maar iemand kan depresief wees en sy lewe wil neem maar met die regte behandeling en/of medikasie kan daardie pwrsoon se gemoedstoestand verander.

Ivan Faught ·

@Lynette, met respek maar dis niemand anders se besluit, behalwe daardie persoon self sin wat wil selfmoord pleeg nie. Terminaal of nie.

As mense wil help, moet hul eerder help om maniere in te stel, waarheen mense wat selfmoord oorweeg voortydig gehelp kan word. In plaas van om net koppe weg te draai waar mense tot sulke uiterstes gedryf word. Soms kry mense net nie oplossings vir alles nie, dan is HUL beste uitweg selfdood. Vir HULLE. Al is daar uitwegte vir ander mense. Alle mense het nie oplossings vir hul probleme nie. Mense wat die punt bereik om selfmoord te pleeg het juis alle uitwegte reeds probeer. DIT is wat hul depressief maak en geen hoop meer gee nie. Enige lewe behoort aan daardie persoon, en aan geen niemand verder.

MissDemeanor ·

Boerseun. Obviously as iemand selfmoord gepleeg het, dan het hy geslaag in wat hy wou doen. So waarom nou die behoefte aan ‘n spesiale wetgewing. As iemand besluit hy wil by ‘n brug afspring, of hang aan ‘n boom.Dan maak hul mos ‘n keuse. As ek wil selfmoord pleeg dan sal ek graag dit wil doen waar ek wil en hoe ek wil en nie deur al die admin gaan wat jy voorstel nie. Dis altyd hartseer vir die mense wat agterbly en dis altyd goor vir die mense wat moet skoonmaak. Of dit nou op n treinspoor is en of dit is in ‘n spesiale kamertjie wat jy wil inrig… jou idee vir wetgewing is belaglik. Dit maak alleen sin vir terminale siek mense wat nie meer self ‘n geweer kan vashou of tot by ‘n brug kan loop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.