Man (54) vas vir reusehoeveelheid dagga

Foto: Verskaf.

ʼn Wenk van ʼn lid van die publiek het Vrydag gelei tot die konfiskering van ʼn reusehoeveelheid dagga by ʼn huis in Odendaalsrus in die Vrystaat.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het omstreeks 12:00 die wenk ontvang oor ʼn groot hoeveelheid dagga, asook ʼn daggaplantasie in ʼn huis in Odendaalsrus.

“Die blitspatrollie het vinnig seker gemaak om ʼn lasbrief vir die deursoeking van die huis in die hande te kry en onmiddellik reageer.”

Daar is beslag gelê op sowat 10 kg se dagga, asook daggaplante in die tuin.

Volgens Thakeng is ʼn man (54) in hegtenis geneem.

Hy sal Maandag in die Odendaalsrus-landdroshof verskyn.

Kol. Disebo Cezula, stasiebevelvoerder van Odendaalrus, het sy dank uitgespreek teenoor die persoon wat die wenk gegee het. “So ʼn groot hoeveelheid dagga kon maklik in die hande van ons jeug beland het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Boeta ·

Dit kan ook gebruik word on medisyne daarvan te maak dis nie net al tyd vir took of dwelems nie HALLO

Finkie ·

Ek ht ook so gedink. Nou mk ons boodskappe n verskil as ons ons mening lig. Of stop hul hom nou in tronk of boete bt. Wat is die doel om boodskappe te stuur. Kanker pasiente drink di medisyne

Cherokee ·

Jy gaan bietjie sukkel om hulle te oortuig daardie huis in Odensdaalrus is eintlik ‘n apteek.

zoom zoom ·

Ai Ai. Mou moet ek weer my kouse van ‘n week oud snuif.

Justice ·

Daar is diegene wat meer as 10kg se drank uitsuip en dan agter `n motor se stuurwiel beland.

MissDemeanor ·

Ja nee. Ek onthou ‘n paar mense uit my studente dae wat seker binne ‘ n jaar se tyd 10 kg maklik kon kaf-draf.

MissDemeanor ·

Ja Nadia dit “weef” so min want dit sweef so baie. Sorry flou grappie. Ek spel ook heeltyd “alternatief” as ek my foon tik.

Sharon ·

Pleks gaan maak hulle die bottelstore en sjebiens toe! Mors almal se tyd en belasting geld met kleinigheid … Regtig!

manie ·

Ek het gedink dis nou legal vir persoonlike gebruik. Hulle moet net kan bewys dat die persoon handeldryf daarmee. Of sit ek nou die pot mis?

Se-maar-net ·

Ek het ook gehoor dat die gebruik van dagga in die Kaapse Hof goedgekeur is, maar handeldryf daarin is nog onwettig. Ons mag dit nou wettig gebruik, maar nêrens kan ons dit koop nie. Wonder wie het daai slim triek uitgedink? Ons het toestemming om iets te gebruik wat nerens te koop of te groei is nie?? Wonder wat was die punt daarvan om ure se tyd in die hof, regskostes etc aan te gaan om n wettig uitspraak te kry, wat eintlik niks werd is nie???
Wonder hoe maak die nuwe wetgewing voorsiening vir die privaatheid van ‘n mens se rtegte, veral btt eiendom, siende dat dit die enigste toelaatbare “rook-hoekie” skyn te mag wees. Hoe dan nou? Wat word nou van lasbrief etc? Lasbrief vir wat …. onwettige rook van parkiegras in jou toilet, terwyl jou boompie stewig staan wag om gepluk te word. Nerens het ek gelees dat plantjies, saadjies etc nie weggegee mag word nie. As ek vir my maaitjies parkiegras uit my tuin uit geskenk gee is dit mos nie onwettig nie. Was daar ‘n lasbrief vir ondersoek, of was dit betreding van privaat eiendom deur die Polisie … vra maar net; Waarvoor kla die Polisie aan? ..Buurman het ‘n “oormatige-groot-bossie” in sy tuin wat hy net-nou in sy toilet gaan rook. Intussen word onskuldige vrouens kinders en ou mense vermoor, maar die bossie in die tuin moet uit, en sy baas moet selle toe! Geniet jou vryheid Mnr die Moordenaar!!

snoefie ·

gaan al hoe meer sulke “reusehoeveelhede ” dagga afkom. mense is onder die indruk hulle mag dit wettig verbou, danksy die anc (of dalk net president) se verkiesingsfoefie.

SkarrelKind ·

Pleks die polisie so aktief is as dit by regte misdaad kom. ‘n Reuse hoeveelheid. Wat ‘n grap.
As hulle dit wettig maak, beheer en dit belas, sal almal wen. As mens kan brandewyn koop sonder dat die vervaardiger vervolg word, kan hulle dieselfe met pot doen.

Cherokee ·

Skarrel, skryf jy onder ‘n ander naam ook of waarom het ek jou so lanklaas gelees? Ek geniet jou skrywes altyd en jy moet nie die forum afskeep nie.

John ·

Dinge raak deesdae meer relatief as relatief… Boere plant gm-saad met ingeboude gif vanaf hul geliefde verskaffers (sonder om vervolg te word) wat volgens navorsing kanker gee en niemand is gepla nie. Dagga weer is glo medisyne as jou dokter dit voorskryf en jy dit tuis gebruik, maar buitenshuis is dit onwettig en breinskade is ‘n groot moontlikheid. So wat se dit alles. Solank iemand net baie geld maak uit jou dood, dan mag jy maar…

Cherokee ·

Mense wat klink asof hulle weet waarvan hulle praat, vertel dat die mediese effek in dagga kom net tot sy reg indien dit binneaars ingespuit word. Nie as ‘n zol gedraai word nie.

Cherokee ·

Jy’t nog nooit moeite gedoen om uit te vind watse inspuitmiddels word ontwikkel uit die daggaplant. Dr Google is slim en sal jou meer leer.

Cherokee ·

Daar is hope meer realiteite waarvan jy nog nie gehoor het nie.

Marts ·

Ek wens iemand wil n artikel skryf oor hoe goed dagga regtig is… In vergeleke met drank. Baie Baie mense het n mispersepsie oor dagga.

Katrein ·

Dit is werklik hartseer. Dagga produkte (olie, dry herbs ens..) help nie net vir kanker nie, maar ook vir baie ander siektes soos fibriomalgie, stres, hoë bloeddruk, asma, RAD, en nog vele meer.. Gaan lees gerus op http://www.leafly.com. Dit is vir my makliker om dit by iemand te koop wat die kennis het om dit te groeie, as om self te sukkel. Om die olie te maak, is ‘n helse proses. Elke mens het ‘n talent en nie almal van ons het groen vingers nie of die tyd en plek om die produkte self te maak nie…. Die man doen goed om die plante te groei, ek is ook seker daarvan daar is werklike misdaad waarop gekonsentreer kan word!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.