Die polisie in Polokwane het ʼn reusesoektog van stapel gestuur vir die persoon wat verantwoordelik is vir die moord op ʼn sakeman van dié stad.
Kapt. Mamphaswa Seabi, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Woensdag omstreeks 19:45 by die Mahlatse-kitskoswinkel in Kerkstraat plaasgevind.
Volgens Seabi het ʼn onbekende man by die winkel ingestap sonder om ʼn woord te sê, ʼn pistool uitgeruk en die 57-jarige sakeman trompop geskiet.
“Die man het van die toneel gevlug in ʼn Ford Ranger-bakkie,” het Seabi gesê.
Volgens Seabi is die polisie steeds stomgeslaan oor die voorval en word die motief vir die moord nog ondersoek.
ʼn Saak van moord is aanhangig gemaak.
Mense met inligting oor die voorval kan kapt. Otto by 082 575 8073 of die misdaadlyn by 0860 010 111 bel of hul naaste polisiestasie besoek.
Nee maar dit is mos waarvan die regering hou. Hulle dink mos niks van ‘n plaasmoord, die marteling van plaasboere, of mense in die stede en dorpe nie .. of iemand trompop geskiet word, verbrand word met kookwater of met ‘n byl doodgekap word is vir hulle om’t ewe . . volgens hulle doen hulle ‘n sterling job as parlementariers en ministers . hulle glo misdaad is onder beheer en dat daar net wetsgehoorsame burgers in SA is wat deur goeie wette gereguleer word en dat daar ‘n goeie regstelsel is wat die kriminele tronktoe stuur . dit is wat hulle vir die buitewereld vertel .. dit is skandelik .. maar ja .. hoe weet ons wat is hulle standaarde .. ons word altyd aan die slegstes gemeet ..
Lyk soos of bende of mafia bedrywighede.
Die polisie is gewoonlik stomgeslaan oor alles wat te doen het met hulle werk
Mens kan hulle gerus kitskoeswinkels noem deesdae…
Dis die wilde weste hier.