Man (57) op KZN-plaas vermoor

 

plaashek-pexels

Foto: Pexels

ʼn 57-jarige man is Saterdag omstreeks 08:00 op ʼn plaas in Vryheid in KwaZulu-Natal doodgesteek.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die man is deur twee onbekende aanvallers op die plaas Eensgevonden genader waarna hulle hom met ʼn skerp voorwerp gesteek het.

“Hy is op die toneel dood.”

Volgens Gwala het die verdagtes die man se vrou, die oomblik toe sy by die plaas aankom, in haar kar ingedwing en geld begin eis. “Hulle het met haar na ʼn kitsbank gery waar sy gedwing is om vir hulle geld te trek.”

Volgens Gwala het die gemeenskap gehelp en een verdagte is vasgetrek.

“Die tweede verdagte is vanoggend [Sondag] deur die Vryheid-polisie vasgetrek. Albei is glo in hul 20’s.”

Volgens Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, is die man vanaf omstreeks 08:00 gemartel. “Toe sy vrou ongeveer ses ure daarna daar aankom en hulle haar inwag, het sy nog nie geweet haar man is dood nie.”

ʼn Saak van moord en ontvoering word ondersoek.

Die verdagtes sal binnekort in die Vryheid-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Oom Doug ·

Boere insteleer Alarm stelsels nou voor dat die moordenars voor jou staan. Dink man. Dit gaan erger word. Moenie wag nie.

Melanie ·

Dit gebeur helder oordag buite!!! Jy kan nie om elke hoek en draai.op n plaas n alarm hê nie. Jy kan ook nie enige een wat jou nader skiet nie!!

Manie ·

Boere wat oud en ver van ander bly moet dalk begin dink om die derduisende arm mense te akkommodeer dit gaan hulle help om na mekaar te kyk bv jou veiligheid vir bly plek …werk wat in alle geval veiliger gaan wees met n wit man of twee op sy plaas ..kom ons help mekaar

anna theron ·

Maak nie saak hoe moeilik dit dalk kan wees nie, kry mense om by jou te bly op die plaas. Jou en jou gesin se lewe is op die spel! Dit maak dat daar n onbekende faktor bykom wat onvoorspelbaar is vir die moordenaars. Dit kan uitstekend werk. Safety in numbers.

Presies ·

Jy sal my nie glo nie. Daardie woorde was op my tong voordat ek jou kommentaar gesien het.

Julia Potgieter ·

Ek elke dag is dit nog n aanval en niks word gedoen. Mense wat gaan ons doen?

Chiquita Gardner ·

Ek is so jammer om hierdie slegte nuus te hoor, my hart is so seer vir daardie arme familie. Ek dra nou my vuurwapen 24/7…..

Boervrou ·

Dis darem te erg. Stem saam n mens gaan niemand meer vertrou nie, niemand help wat hulp soek nie. Niemand meer oplaai nie. Mense begin asb. versigtig en paraat wees . Mag God hierdie mense vertroos.

Eddie Roos ·

Totdat die Korrektiewe dienste se Vakansie oorde nie in Behoorlike tronke omskep word nie sal misdaad ‘n lekker heenkome vir misdadigers wees en sal ons moet saamleef met die huidige toedrag van sake !!

Boervrou ·

So jammer . Moet niemand vertrou nie niemand meer help nie niemand eers in yard toelaat nie. Begin paraat wees en verdedig jouself . Hulle vra nie vrae nie gee jou geen kans nie. Mag God ons mense genadig wees en vertroos.

Genoeg ·

Hierdie ding eskaleer van Swart Maandag af, maar dit is NIE n georkestreerde ding nie? Dis “sommer net nog n misdaad”? Kom nou…

jaco ·

Oppas vir “bring die doodstraf terug”. Die geringste verkeerde ietsie wat wit mense dan teen swart mense doen, sal dan deur die howe met die dood gestraf word.

Debbie ·

Ongeag wat bring DOODSTRAF terug. Vandat dit weg is word meer kriminele oortredings gedoen. Maak die gesigte en name bekend v kriminele en moordenaars!!!

Tiger ·

Plaasbewoners en boere dink steeds hulle bly in feetjie land waar als hunky dory gaan.Om die’ mense te oortuig om paraat te raak blyk tot nou toe onmoontlik te wees.Alle sterkte aan al die feetjie land bewoners!

Eleta ·

Dit is ‘n baie onsensitiewe opmerking. Boere is deeglik bewus van die gevare. Die gevaar kom egter in die nag of wanneer die boer buite werk of van die kerk af terug keer ens. My ouers is in 2009 in ‘n plaasaanval gewees. My ma doodgeskiet en my pa (86 jaar oud op daardie tyd gewees) het ‘n week na die aanval ‘n beroerte gehad. Hulle was altyd paraat omdat dit nie die eerste aanval op hulle was nie. Boere het ‘n teiken geword en die moorde sal voortgaan. Ons moet na die groter prentjie kyk – grond word belowe deur die regering en polities word ons net verder onderdruk.
.

amanda strauss ·

Tiger jy is n onsensitiewe mens…definitief loop jy met oogklappe aan deur die lewe???

Alida 2 ·

Tiger ek sal liewers nie skryf wat ek dink nie. Stilbly is ook ‘n antwoord.
Daar word voorsorg getref tot waar jou finansies dit toelaat, maar bedags is ons buite besig.
Dink aan die feetjies wanneer jy weer ‘n happie kos in jou mond sit.
Ek is elke aand diep dankbaar om veilig in die bed te kan klim en more oggend is dit met groot dankbaarheid dat ek my oe oopmaak.

Tiger ·

Eerstens vra ek om verskoning vir my ”onsensitiewieteit”.Dit was nie so bedoel nie.Ons woon op my ouers se plaas en ken van boer alhoewel ek en my man pensioenarisse is.My jonger broer behartig die boerdery.
Die punt is mense om ons is baie laks as dit kom by GPF/brandvereniging vergaderings.Bitter van van die groep het ‘n radio om hulp mee te ontbied.Selfone is erg onbetroubaar in ons gebied.Verder gaan hulle aan asof hier geen gevaar is nie tot hier ‘n aanval plaasvind.Dan is daar geen gebeurlikheids plan wat in werking gestel kan word nie.Dis wat ons bekommer.Gelukkig is ons hier op die plaas redelik goed paraat.My broer en sy vrou woon ook hier en ons het radio kontak tussen die 3 huise.Ons het sterk sekerheids ligte ooral,honde wat buite slaap sowel as binnenshuis.Ons is almal goed bewapen ook.Maar dis die bure om ons wat my bekommer.Hulle gee niks om nie.

Theresa ·

Jy praat onsin.
Duisende rande (wat mense op plase nie meer so geredelik het nie – kan jy onthou van geen reën, geen oes, weer wag, weer nie reën)??????
EN
daar is nie eers krag op elke plaas nie. Maak ‘n plan en reis en gaan kuier op elke plaas. Jy sal verbaas wees hoeveel moeite word gedoen om veiliger te wees. Boerdery geskied ook nie per remote knoppie wat als doen nie. Dis ‘n buite werk. Dis waarom die swakste van swakkes daardie teiken sal kies. Moet asb. nie sulke goed kwytraak nie.

Penellope Jones ·

En so sal dit aangaan totdat wat ookal gaan gebeur.
Rus in Vrede.

Emma ·

n Boer ook aangeval van Vyeboom, Gelukkig oorleef maar nou is dit ons buurmense, wat gaan ons doen ruk nou na swart Maandag heel handuit, iets sit agter die aanvalle

Louis Wessels ·

Om te pleit vir herinstelling vd doodstraf asook die vertoon vd die ou uitgediende Suid-Afrika, apartheidsvlag gaan niks positiefs obydra tot die suksesvolle oplossing v hierdie krisis wat die totals Suid-Afrikaanse samelewing, blank, swart, Indiër, kleurling konfronteer nie!

Wreed ·

In hulle 20s! Die boer is gemartel voordat hy kon sterf, soos soveel andere! Mag hierdie moordenaars vervloek wees tot in ewigheid!!

Cornelia ·

Ps 37: 39, 40 ” Maar die hulp van die regverdiges is van die Here, hulle toevlug in tyd van benoudheid…..En die Here help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle SKUIL by Hom. (Dit is duidelik uit God’s Woord dat die bose magte van duisternis deur die eeue heen, verstandloos rondsluip om onheil te bewerk.) “Offer dank aan God en betaal jou Geloftes aan die Allerhoogste en roep My aan in die dag van jou benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy moet My eer. Ps 50: 14, 15. HOU NET VAS AAN DIE ROEPING WAARMEE JY IN CHRISTUS regeer!

Paul ·

Daar is n petisie wat ons moet teken 100 000 handtekeninge voor donald trump aandag sal gee aan ons uitroep om hulp.ek dink so nuusberig en fotos elke keer as so iets gebeur op sy facebook blad sal beter werk. As hy wakker word in oggend is dit eerste wat hy moet sien.kan maroela media nie so iets probeer nie???? Dit kan nie meer so aangaan nie!!!

Peregrine ·

Hoeveel mense kan in alle eerlikheid sê “ons is nie in ń oorlog nie”

Theresa ·

Dit IS ‘n oorlog van een kant af. En sodra die kant wat moet keer, iets doen – word daardie kant in die dog box gegooi!
Ja, plaas elke geval op die nodige facebook bladsye. Stuur dit vir die mense wat die kanaal het om dit deur te kry waar dit hoort. ASB. doen dit.

Dis nou te sê as my kommentaar geplaas word. Als die afgelope 2 weke nie geplaas nie. Nog geen antwoord waarom nie.

Petro ·

Ons hoor so nou en dan van moorde op boere maar wat van die aanvalle wat nooit op media gerapporteer word nie? Wie hou boek van poging tot…. wat ook al. As die syfers bykom gaan die getalle baie ho”er wees. Iewers moet ‘n organisasie tot stand kom om die bul by die horings te pak. Daadwerklik dinge doen sodat die regering kan sien hier is nou moeilikheid. Ongelukkig is dit so dat SA ‘n kruidvat is en wie dit nie sien nie is woonagtig op Mars. Die volgende vuurtjie gaan die kruidvat aan die brand steek en dan is daar oorlog. Wees paraat sluit aan by die groepe wat vinning in verbinding met mekaar is en sien om na jou veiligheid. Groet dankie en waardering aan die boere wat opruk as ‘n boer in nood verkeer.

Gert ·

ons moet nooit kwaad met kwaad vergeld nie Daar is altyd mense wat ingestel is op wraak vir ongeregtighede wat hulle glo teen hulle gepleeg is. Dit ten spyte daarvan dat die Here sê: Ek straf en Ek vergeld. Maar ek se nie dat as die boosdoener gevang word dat hy nie gestarf kan word nie ons is baie vergewend maar as julle mooi dink hoe het ons voorouers ons nie gestraf vir dinge wat ons verkeerd gedoen het nie so as hy gevang word straf hom net daar vir sy dade

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.