Man (57) op plaas doodgeskiet

Jasper von Kleist. Foto: Via Facebook

ʼn 57-jarige man is Woensdagaand tydens ʼn aanval op ʼn plaas in die Tom Burke-omgewing, noord van Lephalale (Ellisras), in Limpopo doodgeskiet.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die Lephalale-polisie, het by navraag aan Maroela Media bevestig die oorledene, Jasper von Kleist, ʼn plaasvoorman op die Dale-plaas, is omstreeks 20:30 in sy huis doodgeskiet.

“Die oorledene het saam met sy lewensmaat in hul huis gerus toe ʼn onbekende gewapende man op hulle geskiet het,” het Mojapelo gesê.

Die verdagte het Von Kleist noodlottig gewond, en sy vriendin, Sonja Joubert (55), in haar arm gewond. Von Kleist is deur paramedici op die toneel dood verklaar. Joubert is per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem en is reeds ontslaan.

Die plaaseienaar, Nico Solomon, se 34-jarige seun, Charlie, is ook tydens die aanval gewond. Volgens die polisie is die 34-jarige slagoffer [Charlie] deur ʼn ander verdagte by die hoofhuis op die plaas geskiet.

Maroela Media het by ʼn betroubare bron verneem Charlie het by sy pa gaan eet en was op pad terug na sy huis, nie te ver van sy pa s’n af nie, toe hy deur twee of vier verdagtes buite die huis oorval is.

“Hy is na sy bakkie toe om huis toe te ry. Sy hondjie het in die rigting van die blombedding geblaf en wou nie in die bakkie klim nie. [Charlie] het sy pistool en selfoon op die sitplek neergesit om die hond op te tel toe twee verdagtes opspring en hom in die been skiet,” het die bron, wat verkies om anoniem te bly, gesê.

Charlie het terug na sy pa se huis gehardloop en die deur gesluit. Dit is toe dat die verdagtes na Von Kleist se huis is. Die aanvallers het glo slegs met Von Kleist en Joubert se selfone te voet op vlug geslaan.

Joubert het Woensdag die bloedige toneel aan afgevaardigdes van die VF Plus gewys en gesê dit het nie gelyk of die aanvallers iets wou roof nie, maar of hulle net die mense op die plaas voor die voet wou doodskiet.

Sy is twee keer raakgeskiet. Een skoot is deur haar arm en die ander deur haar skouer.

Marcelle Maritz, VF Plus-provinsiale leier in Limpopo en Sonja Joubert. Foto: Verskaf

ʼn Uiters emosionele Joubert het aan Marcelle Maritz, VF Plus se provinsiale leier in Limpopo, verduidelik sy en Von Kleist het gesit en televisie kyk toe hulle skote buite gehoor het.

“Jasper het opgespring en op daardie oomblik het van die mans deur die voordeur op ons begin skiet. Die deur het glasvenstertjies en hulle kon ons binne sien. Nadat die eerste skoot my getref het, het Jasper voor my ingespring en hy is in die bors geskiet,” het Joubert gesê.

“Nog ʼn skoot het my getref en ons het geval, met Jasper wat half oor my gelê het. Ek het gehoor hoe hy roggel. Toe hou die roggel op en ek voel hoe hy ophou asemhaal. Toe weet ek hy is dood.”

Joubert het gesê die aanvallers het niks gesê en niks gevra nie. “Hulle het net van buite op ons geskiet. Dit was of hulle ons net wou doodmaak, niks anders nie…”

Volgens die VF Plus het honderde boere van die omgewing die polisie Woensdagoggend gehelp met die soektog na die aanvallers. ʼn Helikopter en ligte vliegtuig is ook gebruik.

Die Tom Burke-polisie ondersoek die voorval. Niemand is nog in verband met dié voorval in hegtenis geneem nie. Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, word versoek om kapt. Richard Boshomane by 079 894 5501 te kontak.

Von Kleist was die oom van Zelna Zeekie, wat Donderdag die nuus oor sy moord op Facebook bekend gemaak het.

“My kosbare oom is gisteraand tydens ʼn plaasaanval vermoor. Ek het net gister met my oom gepraat en die dag voor dit. Ek haat hierdie plaasmoorde nou met ʼn passie. Rus in vrede my geliefde oom,” het sy geskryf.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het Donderdag aan Maroela Media gesê met dié voorval ingesluit, het daar vanjaar reeds sowat 113 plaasaanvalle en 17 plaasmoorde in Suid-Afrika plaasgevind.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, is tans in Brussel, België, waar hy plaasaanvalle en onteienings sonder vergoeding met verskeie mense en groepe soos Unpo (Unrepresented Nations & Peoples Organization)  en die Vlaamse Belang Jeugaksie (in Gent) gaan bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Callie ·

Baie sterkte aan al die familie. As daar nog witmense oor is wat in Ramaphosa en die tandmuis glo, word wakker. Dit is al te laat. Dit gaan openlik daaroor om witmense te jag, plase leeg te kry en dan te onteien

Francois ·

Dis stelselmatige uitwissing van die blanke boer, PUNT!
Hierdie moorde is nie sporadies nie – dis ondergronds georganiseerd se ek jou!
Zimbabwe deja vu!

Mag sy familie krag en rus vind!

Dirkie ·

Ja reg. Hulle loop op vrye voet rond en ander word in aanhouding gehou. Nou vra ek net.

MJL ·

………en die President van hierdie droewige land is stil. Tjoepstil.

Linda Gouws ·

Nee kyk, so kan dit nie aangaan nie! Dis skokkend verby!!

Marius ·

Ons sal moet openlik organiseer vir beveiliging, ons het ook n sterk leier nodig.

Anoniem ·

Dit word nou n daaglikse instelling om n boer te vermoor of aan te rand. Dit is duidelik dat niemand gaan help behalwe onsself nie. Al die praatjies van landuit en vlug gaan nie gebeur nie. Ons wat al in ons gevorderde jare is wat nie geld het om te vlug nie sal moet saamstaan en besluit. Ja dit gaan moeilikke besluite wees maar gaan ons sit en toekyk hoe ons mense verder vermoor word en wag om self vermoor te word of gaan ons opstaan en veg. Ek gaan eerder dood in n geveg as om te sit en wag om vermoor te word. Die ganse lewe gaan om te oorleef ongeag hoe jy dit gaan doen. Ons wil nie veg maar word gedwing om te veg. Ons wil nie haat nie maar word gedwing om te haat. Wie gaan ons help net God en onsself.

Hartseer ·

Altyd lees mens van die wreede moorde………….nou gebeur dit hier by my ook. Oom Jasper RIV. Tannie Sonja bid vir ‘n vinnige herstel en ou Charlie boerseun bid vir ‘n volle herstel. Die mense is altyd gewapen en op hul hoede so maak nie saak hoe veilig mens jou maak nie vermoor hulle nogsteeds

Ja nee ·

Callie PRESIES net soos jy se, dis n SLAGTING teen ons mense.
Mens kan nie eers mense regte dag geniet nie.
WYS jou watse regte ons het.

Pierre ·

Baie sterkte aan al die families wat deur hierdie hel geraak word. Hierdie is blatante moord wat aangewakker word deur politici se uitsprake en aanmoediging om wandade te pleeg. In die voorafgaande artikel word ‘n boer toegesluit vir poging tot moord nadat hy in ‘n voormalige werker se huis vasry met ‘n trekker, die berig ly dat die werker slegs geringe beserings opgedoen het. Borgtog word geweier omdat die boer glo ‘n bedreiging inhou vir die werker, watter klug speel daar nie af in ons howe nie. Hier word blatant gemoor en die saak word ondersoek. Is dit nie tyd dat diegene wat hierdie dade aanhits ook toegesluit word as medepligtiges nie, sonder borgtog nie want hulle hou ook ‘n gevaar vir die samelewing in.

PJC ·

Hierdie aanval wys duidelik dat plaasaanvalle nie oor roof gaan nie maar wel oor moord.

Frans ·

Nee dit gaan nou wild in Suid-Afrika. Ons het hulp van oorsee nodig. Want die ANC gaan ons nie help nie. Dringende hulp vir blanke boere!

Eish ·

Daar is geen twyfel nie, dié moorde op boere het allermins met roof te doen en meer met die fabrieksfout se opswepery.
Ons is midde in anargie.

Eish ·

Ons armes is ook in ons peetjie soos die boere in massas afgemaai word. Met 20% van die Afrikaanssprekende blankes so verarm dat hul in plakkerskampe moet oorleef, was die bietjie genade altyd nog skenkings van boere. Die kraantjie begin nou drup… van bloed.

liz ·

Jip, en ons mannetjies in rooi sit tevrede en toekyk……….

Anandi ·

So bitter hartseer. Tannie Sons ek bid vir tannie en vir oom Jasper se familie. Mag tannie gou herstel en mag Liewe Jesus tannie styf vashou in hierdie moeilike tyd en berusting vind. Ek weet dit is baie moeilik en my hart bloei vir julle. Dit is so bitter onnodig. Hoekom hou hulle aan om dit aan ons te doen.

JAMMER ·

SEKER net saak van HUISROOF terwyl die boer wat met sy eie trekker teen sy eie huis wat hy aan die AFGEDANKTE werker beskikbaar gestel het om te bly terwyl hy daar gewerk het vasgery het met die trekker vir POGING TOT MOORD aangekla word .. BELAGLIKE REGSTELSEL< dit is 'n joke, as jy dink jy kan jouself op die REG deesdae beroep maak jy 'n helse fout.

Plaasmannetjie ·

Ons het van gisteraand af tot vandag gehelp om die verdagtes op te spoor en paaie toe te maak. Daar was 3 helikopters en een ligte vliegtuig. Ons boere het briljant saamgewerk, maar ongelukkig kon ons nie die satanskinders aankeer nie. Ons sal hulle nog uit die samelewing verwyder

Boer ·

En weereens word my kommentaar verwyder. Weet jy enigsins wat dit beteken om ELKE liewe dag gewapen te moet boer!!!!

Boer ·

4 antwoorde later en steeds word my boodskappe geblok. ONS het geen regte eers meer op n afrikaanse forum nie

Lolla ·

Maroela, kan julle nie asb Boer se kommentaar edit dat dit aanvaarbaar is om te plaas nie? Hy probeer regtig iets se wat ek graag wil sien.

Noujatoe ·

Hulp van ‘oorsee’?
Waar was jy al die jare.
In n igloo met Eskimos?

Arnold ·

As al die boere uitgemoor is,wat dan?gaan hul stede toe beweeg of wat, ons sal moet saam staan , kan nie so aangaan.

RM ·

Dit bekommer my ook, on het nie meer soveel Boere oor nie! Hulle gaan nou volgende begin by klein dorpies en dan stede. Ons sal moet as a ‘n gemeenskap’n laer van veiligheid trek waar hierdie bendes nie kan inkom nie.

Net soos in die ou dae.

Oom Kalahari ·

Nog ‘n sinnelose daad en so hou dit daagliks aan en dir vetkatte sit terug en celebrate een funksie na die ander. Ek is hartseer saam al hierdie families oor die moorddade wat openlik op hul families gedoen word en is ook terselfder tyd kwaad en vol haat. So hard het mens probeer saamwerk, dan kom ‘n fabrieksfout en al die strukture tuimel. Hierdie is ‘n vrese strategie wat ons uit Angola in 1974 en 75 ook beleef het met die ergste moorde asook op vrou en kinders. Af van hul grond na dorpe en stede waar hul omsingel is en dan wrede dade plaaslik uitvoer. Treine, vliegtuie en skepe was ingespan om hierdie arme vlugtelinge na Portugal te verhuis. Dit is Afrika en dit staar ons in die gesig. Elke dag bid ons net vir ‘n uitkoms uit hierdie moord kamp.

Tokkolos ·

Waar is my kommetaar of het myne deur die sif gegly ???????

Andrea ·

Ons moet privaat sekuriteitsmaatskappye wat uit oudweermag en -polisielede bestaan, stig. Ons moet hierdie tragedies probeer keer voor dit gebeur. Asb Afriform, neem die leiding hiermee. Dit help nie om ná so n aanval vinnig te reageer nie; die arme mense is dan klaar dood, vermink, verkrag, verwoes. Ons moet dit probeer voorkom.

Irene ·

Kry die persoon in daardie provinsie wat die mense betaal om dit te doen

RM ·

Ek het op die internet ‘n video gesien waar jong manne spog hulle word beloon met R1000 vir ‘n dooie Boer en gebruik ‘n selfoon as bewys van die gruwelike daad. Hulle dra rooi.

Word wakker mense ons word gekul.

Thinus Erasmus ·

Dit is jammer dat een van die min spreekbuise vir ons Afrikaner volk so polities korrek en liberaal is dat ons kommentare met minagting verdelg word.

peanut ·

En so pas hier in Namibia gehoor van nog n boer, ene Charlie Solomons, wat ook in Tom Burke area geskiet is. Hy veg om sy lewe.
Ons vra dat almal asb dringend in gebed intree.

Boer ·

En weereens word my kommentaar verwyder. Weet jy enigsins wat dit beteken om ELKE liewe dag gewapen te moet boer!!!!

Boer ·

Dis Nico se seun. Selfde aanval. Hy is opereer en nie in lewensgevaar nie

Legkaart ·

Die stukkies van die legkaart begin sin maak. Hierdie aanvalle is georganiseerd en bepland. Regering? EFF? Mag elke duiwelse ding wat dit doen ‘n stadige pynlike dood sterf en mag ons as minderheid opkom met ‘n briljante plan van aksie

Maryna ·

Hoekom neuk met grond hervorming? Julle is klaar besig om al die boere uit te moor! Maryna

Oom Kalahari ·

Hierdie gaan nie ophou nie en is ‘n ondersteunings program van “Kill the Boer”. Ons moet Israel nader( Min Benjamin netanyahu) om hulp wat ons blankes altyd goedgesind was tot ons huidige regering teen hul opgestaan het. Dit is deel van ons volks mense en Christene.

Jerry de Ru ·

My vorige kommentaar het dalk te diep gesny en is nie geplaas nie. Ek sê weer ‘n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand houding is al wat ons uit hierdie gemors sal verlos. Om te wag vir die vyand of die buiteland om ons by te staan is wensdenkery en ons is op ons eie aangewese om ons self te verdedig.
Gaan kyk gerus na ons geskiedenis en neem waar dat ‘n Hoër Hand altyd betrokke was en dat ons hierdie keer ook daarop kan staatmaak.

Kiewiet ·

Le al hierdie Plaasmoorde voor Malema se deur. Dis hy wat almal opstook met sy segoed en sy lied wat hy sing van Kill the Boer Kill the Farmer.

LHS ·

Dit help nie om die uitverkopers van die blanke volk nog te beskuldig nie, ons is waar ons is en niemand sal ons help nie, net God en onsself.
Dit help nie om aan Afrikane die feite uit die geskiedenis te probeer leer nie. Die huidige geslag blankes sal nie eers, al staan Hitler uit die dood op en word n boereleier, deur hom geinspireer kan word nie. Daar bestaan net te veel draadsitters en oorlopers in ons eie geledere. Praat en praat gaan niks verander nie. Kom eerder met haalbare en werkende idees en metodes na vore hoe mense hulself kan beveilig. Hoeveel plaashuise het werklik omheings om, hoeveel ou mense is snags alleen op plase, party nog selfs sonder enige diefwering. Hoeveel mense in gebiede het al bymekaar begin oornag ter wille van veiligheid. Hou op jouself terg deur te dink enige party, regering of mens gaan jou in hierdie land help om te oorleef of dat iets gaan verbeter, gaan kyk na die geskiedenis van alle Afrika lande. Kom ons begin eerder kyk na idees en metodes wat dalk net kan help om uiteindelik te oorleef en hou op om te dink ander gaan jou help, niemand gaan nie.

B. Bezuidenhout ·

Ek voel verskriklik jammer vir al hierdie onnodige hartseer op ons Boere..Ons in die dorpe leef ook in angs, want om my is daar feitlik elke aand n inbraak..My bydrae is…met al die wonderlike Tegnologie..moet daar begin word om na n stelsel te kyk, waar n noodknoppie om elke boer, sy vrou. en kinders se nek hang…asook by elke deur en bed…..so wanneer iets gebeur, word dit geaktiveer, met n Alarm wat dan by nabye boere afgaan…of by n sekuriteits maatskappy…Ons slim manne moet net koppe bymekaar sit…en na so n tipe stelsel kyk….sodat daar baie vinniger optrede kan plaasvind….Ons moet aan n oplossing werk…en ek STEM beslis ook vir hulp van OORSEE..! B>B>

Oom Doug ·

Net een Boer moet gebruik maak van Australiese uitnodiging, Dan sal die ander volg.
Beter as om te wag om vermoor te word. Jy het net een lewe.

Mieke ·

Dit hou nie op nie!!! Dit is baie duidelik dat die totale uitwissing van die blanke op landelike gebiede nou op die kaarte is, aangevoer deur die mannetjies in rooi. Ons het twee opsies: vlug of veg. Dit is hoogtyd dat ons nie stelsel in plek kry om hierdie nonsens stop te sit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.