Man, 6 kinders na hospitaal gehaas ná bye toesak

Argieffoto (Foto: PollyDot, Pixabay)

ʼn Man en ses kinders is Saterdagoggend na die Mediclinic Hoogland in Bethlehem in die Vrystaat gehaas nadat ʼn swerm bye op hulle toegesak en hulle verskeie kere gesteek het.

Die groep was glo op ʼn skooluitstappie toe die voorval gebeur het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, sê paramedici het die groep op die N5 tussen Kestell en Bethlehem ontmoet. ʼn Onderwyser wat nie beseer is nie, het hulle volgens Van Huyssteen tot by die pad gebring.

“Die man was in ʼn ernstige toestand terwyl twee van die kinders matige beserings opgedoen het. Die ander was gering beseer. Hulle is op die toneel behandel en gestabiliseer voordat hulle na die Mediclinic Hoogland geneem is vir verdere mediese sorg,” sê Van Huyssteen.

Volgens haar was die kinders tussen ses en 12 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Helena. ·

Siestog wat n nare ondervinding vir sulke jong kinders..sterkte ek hoop van harte dis nie baie ernstig nie en dat hulle gou sal herstel..

Natalene Vissee ·

As kind het ek op n plaas groot geword, waar onder andere met bye geboer was. Slegs ondervinding leer jou om die bye se temperament te verstaan. My Dad het ons alles van die natuur geleer. Een voorbeeld daarvan, is om hulle nie te steur as n bergwind waai nie. Hulle het maar net hulle koningin en hulle byenes beskerm. Hoop dat die man en die kindertjies weer mooi sal herstel. Dis n vreesaanjaende ondervinding. Het self deurgeloop as jongmens.

Natasha ·

Ons is n jaar terug by Petro port N1 aangeval. Ek, my man en 2 seuns. Ander mense ook. Ons was vasgekeer binne in die winkel. Daarna het my man deur gejaag Suikerbosrand hospitaal. Ek het anaphylactic shock gegaan. My man en seuns is gespuit en behandel, ek was 3 dae die hospitaal. Die steek plekkies word gesond maar dit het my kinders lank gevat om oor die trauma te kom. Sterkte!

Philip ·

Nie goeie ondervinding nie. Ek het bye wat ek as stokperdjie bedryf en het al deur geloop. Mens moet hulle respekteer want soos gesê is hulle beskerm hulle nes en koningin. Sterkte en vertrou hulle herstel vinnig.

Chris ·

Bye val nie net aan nie! Die kinders moes hulle gestuur het. Ek boer met bye en glo my jy kan by die kaste staan maar as jy direk voor hulle kaste staan gaan jy probleme op tel.

Cherokee ·

Wat gebeur met ‘n by wat ‘n mens gesteek het. Chris? ‘n Groot deel van die by se liggaam bly saam met die angel agter.

Tertius ·

Ek was daar en wil net se dat geen kind die bye gepla of gesteek het met ‘n stok of klip gegooi het ons het die berg geklim so daar was nie tyd vir sulke goed nie dit was totaal en al ‘n ongeluk gewees en niemand het skuld in wat daar plaas gevind het so die wat kom met stories laat die kinders die by gepla het wil ek net sê dit is nie so nie en aan die ouers en leiers wat daar was en gehelp het om kinder veilig van die berg af tekry

Mads ·

Dis verskriklik. My seuntjie is ook hoog alergies vir bye. Was ook al amper dood.
Ek bid elke dag dat dit nooit weer sal gebeur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.