Man (63) op plaas met byl aangeval; ure lank toegesluit

Argieffoto

Die polisie in die Oos-Kaap is op soek na drie verdagtes wat die afgelope naweek ʼn 63-jarige man met ʼn byl aangeval, hom ontvoer en etlike ure in ʼn donker vertrek aangehou en hom toe uiteindelik saam met sy bakkie langs die pad gelos het.

Kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het glo Saterdag kort ná 18:00 op ʼn plaas in die Addo-omgewing in dié provinsie plaasgevind.

Volgens Swart was die 63-jarige man glo buite sy huis om sy perde kos te gee toe hy deur die groep oorrompel is. “Die verdagtes het hom met ʼn byl aangeval en aangedring op die sleutels van die kluis,” sê sy. “Hulle het daarna drie vuurwapens en elektroniese toerusting gesteel voordat hulle die man in sy eie bakkie geboender en na die buurplaas gery het.”

Swart sê die man se bure was glo met vakansie en die 63-jarige slagoffer het na hul huis omgesien. Sy sê die aanvallers het geweet dat die slagoffer na die bure se huis omgesien het. “Met hul aankoms by die huis, het die verdagtes die man gedwing om die deur van die bure se huis oop te sluit, waarna hulle ook die bure se huis geplunder het. Die verdagtes het by dié huis onder meer ʼn kluis met pistole gesteel. Hulle het daarna na ʼn gebied, vermoedelik in Motherwell, gery waar hulle die slagoffer vasgebind het en vir die hele duur van Saterdagaand in ʼn kamertjie gehou het.”

Sy sê die verdagtes het Sondagoggend vroeg eers inkopies met die slagoffer se bankkaarte gedoen voordat hulle die man by die huis opgelaai het en hom kort daarna weer in Kwazakele saam met sy bakkie langs die pad gelos het.

“Die slagoffer kon daarin slaag om met sy bakkie terug te ry plaas toe om die polisie Sondag omstreeks 15:30 in kennis te stel,” sê sy. “Ondersoekspanne is onmiddellik na die omgewing ontplooi om die toneel vir moontlike leidrade te fynkam.”

Swart sê die 63-jarige is na ʼn hospitaal geneem waar hy vir kopwonde en wonde aan sy arm behandel is. Sy sê die polisie ondersoek onder meer aanklagte van huisroof en ontvoering.

Enigiemand met meer inligting oor die voorval word versoek om ao. JP Lourens by 071 352 4706 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Genieve ·

Hier buite is baie moordenaars wat rondloop en niemand sal hulle ken nie.

Liezl ·

Sê ek ook Genieve. Hulle is besig om die toneel vir leidrade te fynkam, wat van hulle gaan soek eerder na hulle, watse leidrade gaan hulle nou in elk geval kry. Mors tyd man. Klink vir my 100 maal erger as die doodskis episode. Maar hulle sal weer niks oorkom nie.

Lollie ·

ANC en EFF sit agter alles! Dit is hulle begin van grondhervorming.
Blankes vlug van die plase af omdat hulle nie meer veilig voel nie en voila ……. hulle het die grond!
CR NIKS beter as Zuma nie. Kon gedink het albei is ANC en gaan dus dieselfde tewerk gaan!
Eintlik baie jammer. Gehoop daar is darem 1 in die bondel wat sy grys vloeistoffies gebruik.

Selfbeskikking ·

Ja en daarom moet ons nou vir ons eie lamd onderhandel. Dit gaan net erger raak, en ons enigste hoop is om ons eie land weer op te bou, daar is geen ander uitweg nie.

marous ·

Suid Afrika – die land waar booswigte doen wat hulle wil en die inwoners meer vreesbevange is vir die lewe as die dood…

Snuffels ·

Moet hulle nie poging tot moord ook ondersoek nie? Iemand met n byl aanval???

Oom Kalahari ·

Daar is mos nie regtig misdaad in die demokratiese land nie en plaasboere is ook glad nie in gevaar volgens Me Lindiwe Sisulu. Hierdie is seker weer ‘n geisoleerde geval.

Willem ·

Defnitief iemand wat weet wat daar aangaan. Moet niemand vertrou nie en probeer self alles doen.

JC ·

Dis was nou die afgelope tyd stil gewees, veral wat betref Australiese en Belgiese mediadekking, nou begin die ANC weer moor, hulle kan maar weer begin ons mense uitmoor meen hulle seker.

PJC ·

ń Mens moet deesdae alles en almal om jou met agterdog bejeen en optree asof jy in ń oorlogsone is en te alle tye paraat en oorgehaal vir moontlike aanvalle wees. Die van ons wat om een of ander rede nie hierby kan aanpas nie gaan ongelukkig baie kwesbaar wees.

Annika ·

Hoe het hulle geweet hy pas die mense langsaan se huis op? seker sy huis of tuinhulp of iemand wat vir hom werk, boere moet n ander plek as n kluis kry om hul wapens te stoor want dis so ooglopend om n geweer te stoor waar hulle weet hul dit kan kry. Hoop die oom herstel spoedig.

Verkeerd ·

POGING TOT MOORD klag ASB .. hoekom word die doodskis ouens vir poging tot moord aangekla en die slagoffer het nie ‘n kneusplekkie aan hom nie ???? Die arme mense wat met byle en grawe en skroewedraaiers en bore aangeval word se sake word as HUISROOF sake ondersoek? Iets is baie verkeerd by die polisie, aanklaers en howe!!

Janosh ·

Jy’s heeltemal reg. Daar het ook nog niks gekom van Matome Thamage wat vir Kim McCusker 700m ver onder sy taxi gesleep het nie. Ek wil my nie eers indink wat die gevolge sou wees indien ‘n wit persoon so-iets aan ‘n swart persoon sou doen nie. Ons het werlik hier te doene met omgekeerde diskriminasie, waar net wit kan fouteer.

Johan. H. ·

Daaie Doodskis Twee geval sal lank vir ons wys wat is die baken van in rasistiese onregverdige Regstelsel. Botom line Vertrou niemand!!!

Tessa Bruwer ·

Huisroof en ontvoering???? Wat van poging tot moord of ten minste aanranding met die doel om ernstig te beseer???

Truth seeker ·

Polygraaf alle werkers op altwee plase want vertroulike inligting is uitgegee….of kon in dorp gehoor het maar glo eerder mense op plase.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.