Man (64) vas vir kinderpornografie

Argieffoto

ʼn 14de verdagte (64) het in die Johannesburg-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit en verspreiding van kinderpornografie en verskeie toerusting wat gebruik is om die pornografie te  deel. Dit sluit ʼn selfoon, drie skootrekenaars, ʼn hardeskyf, CD’s en DVD’s in.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die ondersoek na die pedofiel-“ring” het in 2014 begin.

“Dié ring gebruik sagteware om die grafika van kindermishandeling rond te stuur. Die operasies is begin in samewerking met Gauteng se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings sowel as hul Belgiese eweknieë,” het Dlamini gesê.

Volgens Dlamini is daar sedert 5 Desember 2014 verskeie verdagtes vasgetrek. Die 14de verdagte is tans uit op R6 000 borgtog en sal weer 18 Augustus in die hof verskyn.

Die polisie het weereens benadruk dat dit onwettig is om ʼn kinderpornografie-webtuiste te besoek en het lede van die gemeenskap gevra om spesiaal op die uitkyk te wees vir kinders wat tekens van mishandeling toon.

Enige iemand met inligting oor kinderpornografie of die mishandeling van kinders kan kol. Heila Niemand by 082 780 2956 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Vicky ·

Ek kan nie verstaan hoekom die vent uit is op borgtog?Sluit die gemors toe, kinders se lewens is verwoes!!!?

Tammy ·

Hoe kan n pedofiel borg kry? Sy dade is erger as moord en nou gaan hy maar net voort asof niks gebeur het nie. Ag nee, ons leef in n siek samelewing. Ek wonder net altyd hoe tree sy familie teenoor hom op noudat sy walglike dade op die lappe gekom het.

Yolandie Petzer ·

Ek het met my eie oë gesien hoe n freaken pedofiel wat al voorheen in tronk was girls probeer het…
So ASB AS N MOM.. KAN ENIGE IEMAND AAN MY VERDUIDELIK HOE DIE HECK HY BORGTOG KAN KRY. .. WAT DINK REGTER/HOF WAT IS HY NOU BESIG OM TE DOEN?

Christie ·

Ek is dalk baie dom en ouderwets of iets maar hoe doen iemand kinder pornografie? Om te wat? Is julle siek of wat? En ek verstaan ook nie mooi wat die pornografie behels nie

snoefie ·

wat ek nie kan verstaan nie is how mense do maklil toegang het tot kinders oe nog dag hê se webwerwe as dit onwettig is. dalk kan die ob dit ondersoek.

snoefie ·

maw, ek kan nie verstaan hoe mense toegang het tot kinderpornografiese webwerwe as dit onwettig is nie.

SyncSA ·

Want dit is nie beskikbaar op die “normale internet” soos jy dit ken nie, maar die grooter internet wat meer bekend is as die “dark web”

Andre ·

Die ondersoek kan net sowel gestaak word. Onlangs is ‘n pedofiel wat op 800 aanklagte van kinderpornografie tereg gestaan het en aan die meeste skuldig bevind is, ‘n opgeskorte vonnis opgelê. Die Howe sien nie hierdie tipe van misdade teen kinders as enigiets ernstig nie, daarom gaan die vuilgoed ongehinderd voort met hul misdade.

Ekke ·

Seksuele molestering is vir my op alle vlakke siek, uiters onstellend en so verkeerd. Die standaard foto wat Maroela Media saam met hierdie artikels plaas gee my so ‘n siek, naar kol op my maag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.