Man (67) verkrag glo 9-jarige stiefdogter

Argieffoto

Die polisie in die Oos-Kaap het Dinsdag ʼn 67-jarige man in hegtenis geneem wat glo sy negejarige stiefdogter verkrag het.

Die man is by die Yako-nedersetting in dié provinsie in hegtenis geneem.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, sê daar word beweer dat die man die jong meisie glo Maandag verkrag het kort nadat haar ma werk toe is.

“Die ma het agtergekom dat haar dogter ongewoon vreemd optree nadat sy van die werk af teruggekeer het en haar daaroor uitgevra,” sê Manatha. “Die slagoffer het die stilte verbreek. ʼn Saak van verkragting is by die Butterworth-polisiestasie geopen.”

Manatha sê die 67-jarige man is by die gesin se woning in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Donderdag voor die landdroshof in Butterworth verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Domvraag ·

Omdat regter Jansen haar oor hierdie tipe van gevalle uitgespreek het, is sy gekruisig, maar haar kritiseerders is doodstil.

Alida ·

Enige regter of landdros wat die waarheid praat word gekruisig. Mabel was tog so reg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.