Man (69) op plaas doodgeskiet

Argieffoto

ʼn 69-jarige man is in die vroeë oggendure in sy plaashuis in die Houtpoort-omgewing naby Heidelberg in Gauteng doodgeskiet.

Die voorval het Woensdag tussen 01:00 en 02:00 plaasgevind.

Volgens kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, was die man alleen in die huis ten tyde van die voorval.

“Vyf aanvallers het toegang tot die plaas en die plaashuis gekry,” het Makhubele gesê. “Ons ondersoek sal nog aandui presies hoe hulle toegang verkry het. Die man is in die bolyf geskiet. Hy is op die toneel dood.

Dit is in dié stadium nog onduidelik presies waar in die huis hy geskiet is en of hy meer as een keer geskiet is.

Die verdagtes het van die toneel gevlug met ʼn kluis en huishoudelike goedere in die man se Chrysler -motor en het hulle by die plaashek vasgeloop in die polisie.

“’n Veiligheidswag wat aan diens was, het gesien iets is nie pluis nie en die polisie gekontak. Een verdagte is op die toneel vasgetrek.”

Die kluis is ook op die toneel teruggevind.

Die ander verdagtes kon daarin slaag om in ʼn wegkommotor van die toneel te vlug.

“Die polisie het naspoorwerk gedoen en nog ʼn verdagte is by die wegkommotor en in besit van sommige van die gesteelde huishoudelike goedere in die Ratanda-nedersetting in Heidelberg voorgekeer. Die ander drie is nog soek,” het Makhubele gesê.

Die polisie ondersoek sake van moord, huisroof, die onwettige besit van ʼn vuurwapen asook die besit van gesteelde goedere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

kobus ·

Nou wat nou Cyril? Julius, gaan jul ook nou darem optogte reel vir die moord? Kan Donald Trump asseblief hiervan hoor, sodat hy beter ingelig kan word oor wat in die land aangaan. En asseblief maroela Media, stuur tog asseblief hierdie artikel na daai sogenaamde vroue minister wat nie weet wat eintlik in haar land aangaan nie, daai een wat kla as Suid Afrikaners dit onder Trump se aandag bring.

Sp ·

Stem saam met jou kommentaar.
Boere word koelbloedig vermoor, watter kans het 1 man teen 5 aanvallers?

xxx ·

#Kobus – Amen vir daai een. Waar is al die betogers en optogte nou???????

wonder ·

Amen – waar is die optogte Nou?? O nee sorry dis n wit man!!!

Ai ·

Liewe Lesers,

Sit asb. druk op Maroela Media om sy artikels ook in Engels te publiseer. Indien dit nie gebeur nie, is ons en MM net soos die regering aandadig aan plaasmoorde, agv weerhouding van inligting vanaf die internationale gemeenskap.

Groete

Tania Heyns ·

Dagsê Ai

Maroela Media se nuusaanbod is in hierdie stadium ongelukkig slegs in Afrikaans beskikbaar. Ons visie is om ʼn Afrikaanse kuierplek op die internet te skep deur die lewer van hoë gehalte Afrikaanse nuus en inhoud, ten einde ʼn digitale Afrikaanse gemeenskap daar te stel waarbinne die Afrikaanse taal en kultuur plaaslik en internasionaal kan groei en gedy. Ons bied dus nie in hierdie stadium enige vertalings van ons berigte aan nie.

Ons hoop jy kuier nog sommer baie lekker verder saam op Maroela.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Metadata ·

MM, sluit englse sleutelwoorde in by julle nuus artikels se metadata veld sodat soek enjins die artikels kan lys in die soek resultate al is die inhoud afrikaans.

Genoeg is genoeg waar Rama bring doodstraf terug ·

Genoeg is genoeg bring doodstraf terug waar is julle Valse President wat jok in Amerika

Nel ·

As daar volgens CR nie so iets soos plaasmoorde bestaan nie wonder ek wat ‘n mens dié geval moet noem??

HPV ·

Nel, as plaasmoorde nie bestaan nie bestaan die aanvallers mos ook nie sou mens hulle spoorloos laat verdwyn… gee mens allerhande nuwe idees…

Org ·

Daar is niks so blind en doof soos iemand wat nie die waarheid wil hoor of sien nie. Geldgurigheid maak van ‘n mens ‘n dop wat niks voel vir jou medemens nie. CR het te maklik vergeet toe dit met hom ook swaar gegaan het.

christa ·

gedog daar word nie plaasmoorde gepleeg nie Cyril. Ek dink nie die man luister nuus of lees koerant nie.

Hannelie ·

Stem saam christa ek dink nie hy lees koerant nie……hoekom sal hy? Want dit is iets wat nie ‘n prioriteit in hierdie land is nie. So sal dit aanhou en aanhou tot ons ‘n Staatspresident kry wat sê: “Genoeg!”

honourable member ·

Mense hierdie moorde gaan net nooit stop nie. Hierdie land skep geen werksgeleenthede nie so mense gaan net al hoe meer moor en roof. Hierdie regering belowe nou die witman se grond om die massas te probeer beeindruk. Hierdie land is in n groot gemors en ek hoop regtig nie die buiteland glo al die liegstories wat vir hulle vertel word nie.. Ons kan maar net bid en hoop dat dinge beter gaan raak. Iewers moet n keerpunt kom want dit kan nie so aangaan nie.

wonder ·

Hierdie land Sal nooit reg kom nie, nie solank koripte mense die land regeer nie. ons land is in sy kanon vanaf 1994!!!!!!

Anoniem ·

So gaan die slagting voort en ons President bly in ontkenning – wat ‘n KLUG ??????

waarheid ·

Ramapaddapot is nou verantwoordelik hiervoor want omdat hy vir Amerika gelieg het dink die mense wat moor en roof dit is ‘n toestemming wat hy aan hulle gegee het – aangesien hy se dit bestaan nie. So die plaasaanvalle kan maar nou na hartelus voortgaan. Dit bestaan dan nie?

Magda ·

Het iemand vir Cyril Ramaphosa die gruwelike fotos van die toneel gestuur- net sodat hy kan sien plaasmoorde ebstaan wel in SA?

waarheid ·

Ramapaddapot het gese daarstaan nie iets soos plaasmoorde nie – so die moordenaars van plaasboere het dus dan ‘n blanco tjek?

Jane ·

CYRIL Ramaphosa het dan NET LAAS WEEK Gese daar is GEEN plaasmoorde nie? Hoe bring jy nou die twee bymekaar uit? HOe gouer al die weduwees en wewenaars van VERMOORDE boere en boerinne nou VSA toe gaan met fotos en polisiesaaknommers en bewyse van hoeveel moorde hier gepleeg word wat die President ONTKEN, hoe beter . dan moet dit na die res van die WERELD uitgesaai word .. dit is TWAK dat boere elke dag vermoor word en die President wat van ons BELASTINGGELD leef dit steeds ontken asof ons die leuenaars is!!! So jammer vir die familie.

Vriendun ·

Hierdie was n persoon wat bygedra het tot werkskepping en as opgeleide Ingenieur sy vernuf en kundigheid oor baie kon deel.So jammer sy famillie is nie Afrikaans magtig.Altyd n oop hand gehad vir werknemers en andere .Dis skreiend dat sy moordenaars (5 teen 1!!!) alle voorregte in die tronk (indien hulle ooit gestraf word)sal geniet op belastingbetalers se koste en n waardige en nuttige persoon se lewe word so kortgeknip . Hoe goedkoop maak die regering n persoon se lewe .Rassehaat en haatspraak teen blankes word toegelaat en goedgepraat.Maar “dit gebeur mos nie in SA”(volgens ons president.) Wanneer is genoeg nou genoeg???

John ·

Teregstellende aksies sus die prez & kie se gewetens en hul hoop die buitewereld s’n ook veral as die Mandela-rubberdruk daarop geplaas word. Die nuwe beeld by die VN is nogal veelseggend.

Adri van Niekerk ·

Hoe sal jy iets erken wat deur jou organisasie beplan en uitgevoer word?

Hoc est bellum ·

Al wanneer “hierdie ouens” gaan reageer, is wanneer hulle dit aan hul eie bas voel.

Johann M van Heerden ·

Stem. Maar het ons mense die wil om iets te doen. Vraag is wat kan ons doen? Mense sal moet organiseer en baie slim en berekend optree. Dit is nie in ons aard om af te brand en paaie te blokkeer nie.

kraai ·

Toemaar, God slaap nie. eendag is eendag. Tien teen 1 n inside job, Dalk moet ons ook op ander maniere begin terugslaan.

Anoniem ·

Val altyd ouer mense aan volfens die CR is huet noe plaasaanvalle en plaasmoorde nie . WHAT A SHAME !!!!!

Piet ·

Wat het modepop Lindewe nou te se sy en Cyril wat wat so blatant vir die wereld lieg wat n skande maar die wereld neem kennis van hulle gelieg gery

wynand ·

Kop in een mus – die hele lot van hulle. Korrup tot in die been- hierdie korrupsie en leuen- kanker sal nooit kan genees nie – want dit het ‘n lewenswyse geword.

Stephen Namibia ·

Hierdie moord is deur vriende van die slagoffer op Facebook gelaai en mense word gevra om dit wyd te versprei. CR is die een wat waningelig is oor plaasmoorde en met sy kop in die sand sit.
Genoeg is genoeg en die enigste manier om terug te baklei is deur hierdie slegte publisiteit onder die wereld se aandag te bring.

Kobus ·

Maroela,
Enige item of goedere wat met die geringste geweld (selfs ‘n klap deur die gesig of net ‘n dreigement van geweld) “geneem” word is die aksie ROOF. Roof se straf is swaarder as diefstal. In die geval is die klagte of woord diefstal glad nie van toepassing nie.
Ek gee posetiewe kritiek.

Wonder net ·

Kan iemand se waarom n mens niks lees van boere wat vermoor word op News 24 nie. Die hele wereld lees dit. Maroela word net in SA gelees.

Oom Kalahari ·

@ Wonder net, News24 is ‘n liberale Hoofstroom media wat polities korrek moet optree en plasings doen. Ongelukkig is al die moorde op blankes en nie nuuswaardig nie. Hierdie optredes is haat gedrewe en wegdrywing van regmatige gronde.
Eerstens aan die familie , vriende, mede boere en kliente van die afgestorwene deel ons graag alle medelye vir jul groot verlies en hartseer tyd wat jul moet deurgaan. Vyf lafaards wat ‘n ouman aanval en wat weerloos is. Mnr Rampadda en Lindiwe sal dit weer versteek en wegpraat as ‘n normale inbraak wat verkeerd geloop het asook ‘n geisoleerde geval. Boere en veral die blanke oumense is ‘n gemaklike teiken en is die groot skildiges van apartheid wat aan die klok gehang word. Daadwerklike optredes moet gemaak word om die wereld van meer inligting te voorsien wat aangaan en dat daar aanklagte ingebring word teen elke persoon van bo tot by polisie min. Hul doelwit is om vrese in te boesem, manipulasie op jonger geslag toe te pas met verdraaide gebeure en Geskiedenis. Die korruptes is in beheer en die duiwel wandel breed. Vertrou nie die slang, want hy pik onverwags en is dodelik.
Sterkte aan die familie en God’s Seeninge deur hierdie donker hartseer tyd. Dit laat mens magteloos, hartseer, kwaad en laat die haat net opbou teen al hierdie ongeregtighede en dinge wat toegelaat word. ‘n Land van misdaad en moord. Paddaman is die laksman.

waarheid ·

News 24 wil nie he die wereld moet weet nie omdat hulle anti Afrikaans is en ook uit libs uit bestaan. Dit is die rede. Bel en vra hulle en jy sal dieslfde antwoord kry,.

ANONIEM ·

Hierdie rampokker wat homself die president van n land noem moet a wake up call begin kry en al sy buddies wat op ons belasting geld leef. Genoeg is nou genoeg.

Sonja ·

As jy nie iemand wil hê nie gaan jy dit mos vir daardie mense so moeilik moontlik en ondraagsaam moontlik maak sodat hulle eerder weggaan. Dit is presies wat hier gebeur, dinge sal nooit beter word nie, ons weet mos wat is die einddoel. Hier is geen plek vir wit mense in SA nie, ons moet of dood of weg…..

Corma ·

Dit is ongelukkig so dat dit slegs Maroela-media is wat berigte van plaasaanvalle bekend maak. Die meeste mense leef in onkunde wat in die land
aangaan! Praat maar met die man op straat, die meeste weet nie van die wrede moorde op ons boere nie, want dit word doelbewus deur ander media verswyg!! Doelbewuste pogings moet aangewend word om die mense hier en in die Buiteland in te lig, wat die ware toestand in die land is!! Afriforum moet die feite oor plaasmoorde wêreldwyd verkondig. Daar is ook heelwat boeke oor die onderwerp geskryf
wat oral versprei en bekendgestel kan word!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.