Man (69) stap 2 km vir hulp ná NW-plaasaanval

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Man (69) is Saterdagaand ernstig beseer toe aanvallers hom met ysterstawe, pangas en stukke hout aangeval het op sy plaas in Derby in Noordwes.

Leon Prinsloo, hoof van landelike beveiliging wat eerste op die toneel was, het aan Maroela Media gesê die man het gelê en televisie kyk toe daar ongeveer vier aanvallers by die voordeur ingekom en die man begin aanrand het.

Hulle het hom vasgebind en die huis begin plunder. “Hulle het die hele yskas met vleis en al na sy bakkie gedra. Die inhoud van die koskaste is in koelbokse gepak en ook uitgedra. Ander waardevolle items soos die televisie en sy selfoon is ook gesteel,” het Prinsloo gesê.

Prinsloo vertel die aanvallers het op die kluis afgekom, die man daarheen gesleep en hom met ʼn panga teen sy keel gedwing om die kluis oop te maak.

“ʼn Struweling het ontstaan nadat die man homself kon loswikkel en hulle met ʼn ysterstaaf wat op die grond gelê het, geslaan het. Twee skote is afgevuur. Hy is in sy linkervoorarm en die waai van sy regterarm gewond.”

Die man is daarna weer vasgebind en het toe verskeie snywonde opgedoen.

Die verdagtes het met sy Nissan Navara-bakkie van die toneel gevlug. Volgens Prinsloo kon deur spore bevestig word dat daar vier aanvallers was. “Miskien vyf.”

Die man kon daarin slaag om sy voete los te wikkel en het volgens Prinsloo ongeveer twee kilometer deur bosse gestap om by die aangrensende plaas uit te kom.

Hulp is van daar af ontbied.

Die man sterk tans in die hospitaal aan.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het gesê daar was drie aanvalle op plase in die afgelope 12 uur.

Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Abel v/d Merwe ·

Hier is in die stilte “oorlog” verklaar…..of is dit een of ander vorm van terrorisme. Dit is beslis nie meer allddaagse misdaad en kriminele dade nie. Dit is wel BAIE kommerwekkend en wat die uit einde gaan wees gaan katastrofes wees.

Henk ·

Ons boere en swart mense wat moeg vir praat is moet ophou om enige vorm van belasting, dienste en enige betaling aan die staad oor te betaal. As almal saam staan sal dit werk.

Jeay ·

As ons dit doen kan die land se president n noodtoestand afkondig wat hom in bewind los. Ons moet mooi dink aan hoe ons tewerk moet gaan

De Villiers ·

Dis nou al ‘n epidemie. Ek wens die publiek kan so saamstaan teen plaasaanvalle soos wat hulle saamstaan teen renosterstropings.

Erick ·

Ken Derby goed. Het familie gehad wat daar geboer het en nog familie wat nou daar woon. Baie hartseer

Brenda Holland ·

Ek kry die gevoel dat aanvalle van uit zim beplan en uitgevoer word!

skerwe ·

dan is jy ongelooflik kinderagtig. zimbabweers wil nie SA plasenhê nie. wie skree vir die grond?

Besorgde ·

Afriforum en Solidariteit moet n werwingsveltog loods om mense wat op Kibboetse en wit plakkerskampe bly te help om op Plase te gaan bly dan kan hulle sommer as Veiligheidswagte oogelei word

Tersia ·

Ja nee ek stem saam. Dit raak nou erg onskuldige mense wat vir almal voorsien van kos. Dit is net wreed verby.Stem saam om die werkers ook op te lei.

Martie ·

Ek het op Swart Maandag al gese miskien moet die boere na die wit plakkerskampe gaan,gaan haal daar mense wat bereid is om op die plase te werk en snag kan van hulle nagskof werk en die plase patroleer gee vir hulle blyplek daar is baie wat weens omstandighede daar beland het en n beter uitkoms soek vir hulle en die kinders.

Johanna Botha ·

Dit is regtig belangrik om iets te he om die huis soos n paar beams wat mens vroegtydig kan waarsku …VOOR hulle by die deur of venster kom

Oom Doug ·

Johanna jy is honderd persent reg. Alarm stelsels vir all die Boere. Doen dit nou. Nie more nie Nou.

Chrisjan ·

Dit werk nie. Dit help nie! Dit skep net n vals gevoel van sekuriteit. Geen veiligheids sisteem is onfeilbaar nie en met die vooraf kennis wat die terroriste het is die stelsels oneffektief.

SjN ·

Die rowers was so honger, hul het tot die TV gevat, Johanna,cwat soek hulle in elk geval daar,

John ·

Wat mens angstig laat, buiten die inligting oor die erge trauma wat die boere tydens aanvalle beleef, is die foto’s wat telkens by die berigte verskyn, naamlik die gehawende heinings en plaashekke. Lyk dit nog so op die meeste boereplase; die 1910-styl? Hoeveel dorp- of stadserwe het nog sulke hekke/heinings? Seker -0. Die tyd daarvoor is vir ewig verby. En volgens sekere berigte stap die skelms ook sonder moeite die huise binne en kom die eienaars by daar waar hulle slaap ens. Dringende aandag is nodig!

Leahim ·

Ek dink almal in Suid Afrika is nou al bewus van die plaas aanvalle ,as ek reg verstaan het hulle ingeloop nou hoe kan dit nog gebeur waar is die paraatheid.

HPV ·

Leahim, vra ek ook? Waar was sy vuurwapen? Mens kan nie glo dat van die boere nog ongewapen gevang word nie.

Lee-ann ·

Maar ons wittes is rasisties en dis mos hulle reg om net tevat en te moor.Ongelukkig gaan SA die selle paadjie as Zimbabwe stap,en waar sit Zimbabwe nou?Mense ons moet oorsee bewus maak van wat hier aangaan.

Dina ·

Maar daar word uit sekere geledere verwag ons moet swyg. Drama en baie woorde as dit onder openbare aandag gebring word soos verlede Maandag. Dan is Afrikaners so en so en so… Wat as dit ‘n ander nasie was wat dag vir dag so uitgemoor word?

Chrisjan ·

Dis verstommend hoe mense op plase hulself “sitting ducks” maak vir aanvallers.WORD NET WAKKER MENSE!!
‘n Plaaswag radio sou handig kon wees en sy 2 km stompel na hulp onnodig gemaak het.

Anoniem ·

Enige sekuriteit toerusting kos geld! Mense kan dit dalk nie bekostig nie

Ander Chrisjan. ·

Duidelik verstaan julle nog nie wat aangaan nie. Die terroriste is opgelei. Hulle kan enige alarm sisteem fnuik. Hulle beskik oor binne inligting. Hulle het tyd, geleentheid en verrassing aan hulle kant en wag tot die boer kwesbaar is.
Geen boer kan heeldag paraat wees nie en die terroriste weet dit.

KOOS HARMSE ·

daar is baie mense wat in plakkerskampe en in hawes vir hawelose mense wanie werk kan kry nie.lei hulle op as sekuriteitswagte en plaas hulle by plase.betaling hoef nie te groot tewees nie en verblyf kan ook moontlik verskaf word.dit kan dalk werk. weet nie.

Piet ·

Koos het jy al in jou lewe n paar hawelose blankes probeer werk gee? Ek praat nou nie van n ou wat sy werk verloor het nie ek praat van mense wat op straat staan en bedel. Doen dit gerus en dan gee jy terugvoer op hierdie forum? Hulle sal jou dryf tot in weskoppies.

@ Piet ·

Ek het ook nog altyd gedink mens kon die werkloses wat in plakkerkampe is aanwend vir plaaswerkers en sekuriteitswerkers op plase. EN JA ek glo daar is’ n handjievol wat dit wel suksesvol sal kan uitvoer, ongelukkig het ek nou maar ‘n kort rukkie probeer om mense wat in plakkerkampe hulp verleen te help. Hulle is so onselfsugtig en wonderlik maar dan moet jy die kommentaar van die mense in die plakkerkampe hoor .. goed soos “kom bly julle hier en sien bietjie wat hier aangaan” .. “hierdie sogenaamde hulpverleners doen dit net vir geld” .. “ons soek nie ou klere nie , ons soek werk” , dit terwyl vrywilligers dag en nag werk om hulle nood te VERLIG .. ja werk is die ultimate, maar hoe kan ‘n hulpverlener wat maar net skenkings uitdeel ook werk verskaf aan die duisende sonder werk? Neewat nadat ek die attitude gesien het, het ek ook begin wonder of mens regtig daardie mense gaan kan ophef.

Joh 3:16 ·

My probleem is dat baie van mense in plakkerkampe is reeds daar omdat hulle nie ‘n groot sin vir verantwoordelikheid het nie. Ek veralgemeen nie, maar mens sal moet die mense kan identifiseer wat reg verantwoordelikheid sal opneem tussen hulle. Om net iemand ‘n huis, kos en klere te gee en dink dit gaan hom verantwoordelik maak, is naïef.

skerwe ·

mensig! haal af daai oogklappe! hulle is daar want hulle kan niks beter bekostig nie. hoekom gaan gesels jy nie met die mense voordat jy hulle as sleg afmaak nie.

Ander Chrisjan. ·

Duidelik verstaan julle nog nie wat aangaan nie. Die terroriste is opgelei. Hulle kan enige alarm sisteem fnuik. Hulle beskik oor binne inligting. Hulle het tyd, geleentheid en verrassing aan hulle kant en wag tot die boer kwesbaar is.
Geen boer kan heeldag paraat wees nie en die terroriste weet dit.

Pop ·

Nee wat julle wat dink dis zim mense. Dis ons eie wreedaards. Zim lyk nou soos sondagskool piekniek teen hier. Mugabe het vir die mense gese hulle moet loop. Toe is hulle oor die grens hierheen.Hier word ons vermoor. Dalk omdat hulle weet ons het nerens om heen te loop nie

Leahim ·

Ons moet ook onthou Fikille was die anc jeug leier voor malema die pos beklee het

Gesiggie ·

My liewe Oom… ek haal my hoed vir jou af, deur al jou drama en pyn het jy nog opgestaan en na hulp gaan soek, die barbare”’ is te lei om te werk, sal eerder steel van die wat ook maar net n klein inkoste verdien… ek hoop hul word gou gevang, sterkte aan jou mag jy gou hestel.. als wat mooi is..

OORSEE MOET HELP ·

Ek is ook geneig om met jou saam te stem, as jy alle sekuriteit BINNE jou huis het, wag hulle tot jy ry of erens heen gaan . (wat normaal is) en val jou dan aan, hulle val selfs mense aan wat koeksusters en vrugtetjies uit ‘n KOELHOUER verkoop vir ‘n ekstra geldjie, mense wat self niks het nie, maar ‘n eerlike inkomste te probeer maak. Daardie mense word met bakstene omtrent doodgeslaan vir die paar rand wat hulle met die verkope gemaak het .. As die BUITELAND nie toetree met sanksies nie . gaan die regering NIKS doen nie .. en ongelukkig het AFRIKA my geleer dat Europa en die VSA en UK nooit sanksies toepas in lande soos Zim en Mosambiek en Angola waar menseregtevergrype was nie, inteendeel die QUEEN Sal nogsteeds tee drink saam met Mugabe en oorsese lande staan in rye om hom van die beste mediese hulp te voorsien ..

Susan ·

Ek dink die misdadigers word vergoed vir elke boer wat vermoor word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.