Die liggaam van die 70-jarige Hedley James Brown is Maandagoggend buite sy huis op sy plaas in die Lions Rivier-area buite Howick, KwaZulu-Natal, aangetref.
Roland Robertson, woordvoerder van die Midlands EMS, het gesê paramedici is die oggend na die plaas ontbied.
“By hul aankoms is ʼn man met noodlottige beserings in die tuin buite die huis aangetref en hy is op die toneel dood verklaar.” Hy was vasgebind.
Die polisie is na die toneel ontbied. Volgens kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, het die oorledene beserings aan sy gesig opgedoen en is hy twee keer met ʼn skerp voorwerp in die rug gesteek.
Drie vuurwapens en ʼn skootrekenaar is uit die plaashuis gesteel. Sake van moord en roof word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Die nasionale ANC rowerbendes gaan onverpoos voort en wis Blankes en boere uit!
Lafaards om so ‘n ou man te steek en vas te bind,en vir dood agter te laat.
Weereens ‘n bejaarde..!Dit het nou te veel geword om dit net as moord en roof te klassifiseer.
Daar word net te veel oumense doodgemaak.
Is dit ‘n geval van “gewaande dapperheid” ? Of is dit tog maar net verskuilde terrorisme.?
24 uur aksieplan?? Of is dit net selektief?
Nou waar is die 72 uur reaksie plan nou , Cele ?