Man (71) sterf ná onderonsie met Uber-bestuurder

hof-hamer

Argieffoto

Die 71-jarige man wat op 9 September tydens ʼn onderonsie, glo oor ʼn parkeerplek by OR Tambo Internasionale Lughawe, wreed aangerand is deur ʼn Uber-bestuurder, het aan sy beserings beswyk.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, het dié nuus van Zalman Orlianski se afsterwe aan Maroela Media bevestig

Leigh Gunkel-Keuler, woordvoerder van OR Tambo, het gesê die voorval het om 10:12 plaasgevind voor die lughawegebou.

Beeldmateriaal van die voorval wys volgens Gunkel-Keuler hoe die bestuurder van ʼn groen sportsnutsvoertuig uitklim en die modderskerm van ʼn goudkleurige voertuig skop. “Die bestuurder van die goudkleurige voertuig klim uit die voertuig, die twee mans begin stry en begin dan aan mekaar slaan. Veiligheidswagte wat die gebied gepatrolleer het, het in minder as ʼn minuut ingegryp.”

Die bestuurder van die goudkleurige voertuig het in die aankomsaal van die lughawe ingegaan en teruggekeer met twee mense en hul bagasie. “Terwyl hy besig was om die bagasie in die kattebak te laai kom die bestuurder van die groen sportsnutsvoertuig terug en sit die konfrontasie voort,” het Gunkel-Keuler gesê.

Die twee het weer volgens Gunkel-Keuler aan mekaar geslaan en die bestuurder van die sportsnutsvoertuig het op die grond neergeval en die bestuurder van die goudkleurige voertuig het weggery.

Die man het ernstige hoofbeserings opgedoen tydens die voorval en is om 10:39 deur paramedici na die hospitaal gehaas.

Gunkel-Keuler het gesê die lughawe het die beeldmateriaal van die voorval aan die polisie oorhandig.

Mogale het bevestig dat die Uber-bestuurder, wat verlede Donderdag in hegtenis geneem is, Maandag in die Kempton Park-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord waar hy na verwagting sal aansoek doen om borgtog.

“Die klag mag dalk later verander word ná konsultasie met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG),” het Mogale gesê.

Samantha Allenberg, Uber-woordvoerder, het aan Maroela Media gesê Uber is verskriklik hartseer oor die nuus van Orlianski se afsterwe.

Sy het bygevoeg dat die bestuurder se toegang tot die Uber-App onmiddellik gestaak is toe Uber van die voorval uitvind.

“Ons sal aanhou om in kontak te wees met die familie en vir hulle ons ondersteuning bied,” het Allenberg gesê.

Allenberg het bygevoeg dat Uber vertrou die regstelsel sal sy verloop neem.

“Ons is gereed om die polisie by te staan met enige ekstra inligting wat hul vir hul ondersoek benodig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Parra ·

Hy sterf omdat HY ‘n onderonsie met die uberbestuurder begin het, en nou moet die uberbestuurder daarvoor boet.

Loon ·

Daai een verstaan ek ook nie lekker nie en hy het teruggekom vir n tweede keer se moeilikheid maak.

Marietjie ·

Wel, dit mag so wees, maar iemand is dood aan sy beserings…. so moet nie die Uber bestuurder verontskuldig nie… hy is die een wat die ander een doodgeslaan het.

Jerry ·

Ai tog, wat het geword van verdraagsaamheid. Het die Uber bestuurder die konfrontasie uitgelok. Kon die Uber bestuurder die konfrontasie vermy vir die eerste en tweede keer? Kon die Uber bestuurder weg hardloop wetende dat n 70 jarige hom nie kan vang nie. As die Uber bestuurder wit is, is hy in groot moeilikheid met die reg!

GP ·

Waarheid sal moet uitkom, ek het die op ander media platvorm ook gevolg, en anders verstaan. Volgens wat ek verstaan het was die SUV bestuurder besig om te parkeer toe die uber drywer skielik indruk, die SUV bestuurder het toe sy wiel geskop en terug geklim in sy voertuig, die Uber person het toe met wat soos knuckle dusters die ander person geslaan.

Se nie Maroela se weergawe is verkeerd nie, net dat die video die waarheid en die aard van die geweld sal bewys. Jammer die oom is oorlede.

Speedguard ·

Kan amper nie glo nie, daar is so baie EMP verkeersmanne en SAPS lede , as jy net stop om ‘n ander ou ‘n kans te gee skree hulle op jou en bestorm jou met die insleep waens, jy kan werklik nie eens stop om ‘n windjie te passeer nie maar die taxis (Meter taxis) is almal maar net so arrogant hulle staan lekker hoender en eet saam met die speed koppe en lag lekker saam waneer daar op die publiek geskrou word !

B ·

Volgens Twitter se berigte het hulle alles arms gevou aanskou ja…

B ·

Sjoe – ek het ‘n heelwat ander weergawe gelees op Twitter, naamlik dat die taxi/Uber bestuurder die parkeerplek geneem het terwyl die ouer persoon (wie eerste daar was) in tru-rat in die parkeerplek in beweeg het, dat kneukelbrekers (of iets degeliks) gebruik is, en dat daardie houe eerstens die bejaarde man se kakebeen vergruis het, en die opeenvolgende houe sy skedel gebreek het.

Uber bestuurders ·

Ek sien uber bestuurders begin nou al sommer reg in die pad stop en wag vir kliente, hulle raak nou nes gewone minibus taxis.

Onnie ·

As jy sien jy gaan die fight verloor, dan kom jy nie terug om nog moeiikheid te soek nie. Hy was ‘n Ou man in sy 70’s, wat het hom besiel om die uber bestuurder aan the vat?? Jy’t kla jou parkeerplek verloor, waarvoor nog aangaan tot jy jou lewe verloor?! Nou sit die families met die hartseer omdat my nie wou terugstaan in ‘n fight nie.

Andre ·

Meeste Uber drywers is uitlanders – so hierdie is a rasse ding – as dit nou anders om was het hulle duidelik gese witman slaan swart behaarde dood.

jaco ·

Toe Uber begin het, was dit n konsep waar die drywer sy EIE motor verskaf het. Dis dan ook waarom Uber goedkoper is as ander taxi besighede, waar die besigheid n motor verskaf en die drywer dus werk vir n maatskappy waar die baas en ander werknemers almal salaris moet kry.
Aanvanklik het die Uber-konsep van eienaar-drywer goed gewerk, totdat Uber toegelaat het dat taxi besighede ook by Uber inskakel. Uber se tariewe bly egter dieselfde terwyl die baas en ander werknemers ook betaal moet word. So wat is die gevolg: die drywer word MINDER betaal as wat hy sou gekry het as die motor sy sou wees.
Gevolglik is Uber-drywers wat vir taxi besighede werk, oorwerk en onderbetaal. hulle is basies desperaat vir enige rywerk wat inkom. Ek was in die taxi/shuttle vervoerbedryf. Ek weet waarvan ek praat.
Om soveel as moontlik trips te kry, is n goeie parkeerplek natuurlik nodig. Dit moet ook op n plek wees met goeie selfoon-en wifi-ontvangs. En ons almal weet hoe skaars kan parkeerplek. Ek sien die Uberkarre daagliks naby Canal Walk digby Kaapstad. Alle parkeerplek daar moet voor betaal word, so hulle parkeer waar hulle ‘n “gap” kry. Keer op keer word wiele geklamp.
Hierdie is hoe elke dag van uber-drywers verloop. Hulle base by die taxibesighede gee nie om nie en Uber so hoofkantoor gee ook nie om nie. Ultimately is Uber ook skuldig, want dis hulle wat taxi-besighede “inneem” terwyl hulle weet die drywers gaan dan minder geld maak.

Peet ·

Ek het persoonlik in die afgelope paar maande toenemend die indruk gekry dat die Uber bestuurders al hoe meer arrogant begin raak. En daar is nie rêrig ‘n plek om jou griewe te rig nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.