Man (74) land in bure se erf ná val

Die man het van ‘n twee meter hoë muur geval (Foto: Rusa, Facebook)

ʼn 74-jarige man van Tongaat, KwaZulu-Natal, is ernstig beseer toe hy van ʼn twee meter hoë muur afgeval het. Hy het met die valslag in sy bure se erf beland.

Volgens Prem Balram, woordvoerder van Reaction Unit South Africa (Rusa), is Rusa-beamptes Saterdag omstreeks 11:23 na die woonbuurt Belvedere in Tongaat ontbied.

“Met die beamptes se aankoms op die toneel het hulle die man in ʼn erf op die grond aangetref,” bevestig Balram.

Volgens die mense aan wie die erf behoort, woon die man in die huis langsaan.

“Dié huiseienaars sê hulle het ʼn harde slag gehoor en na buite gegaan om ondersoek in te stel, waarna hulle hul buurman in hul erf op die grond aangetref het.”

Balram sê die man het ernstige beserings opgedoen. Paramedici het hom op die toneel gestabiliseer voordat hy per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Shakespeare ·

Verstaan in die eerste plek nie wat ‘n 74 jarige op die muur verloor het nie.

jzjz05 ·

Ek is 79 en klim nog op leere, klim nog onder my kar in om hom te diens word elke dag gemaan om dit nie meer te doen nien, maar hoor is min.Die gees is daar maar die vleis wil nie meer so lekker saam speel nie.Ek weet maar sal eers dit erenstig opneem as ek seergekry het.Dan sal daar gevrae word wat de hel soek hy op die leer .

Tubac ·

Gebreekte bene op daardie ouderdom heel maar moeilk. n Gebreekte nek heel glad nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.