Man (74) se liggaam gevind: ‘Ons het voorberei op die ergste’

Duke-Kent Brown (Foto: Facebook)

Die liggaam van ʼn 74-jarige man van Muizenberg in die Wes-Kaap wat Vrydag vermis geraak het nadat hy gaan roei het, is Saterdag deur reddingswerkers gevind.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê die man, wat intussen as Duke-Kent Brown geïdentifiseer is, se bekommerde familie het hom Vrydagaand as vermis aangemeld nadat hy nie teruggekeer het huis toe nie.

Volgens Lambinon het Brown aan sy familie, wat woonagtig was by Marina da Gama, gesê dat hy via die meer huis toe gaan roei en sodoende die familie tuis gaan ontmoet. “Toe die familielede by die huis aankom, was hy nie daar nie. Hulle kon ook nie daarin slaag om sy kano op te spoor nie en het dus baie bekommerd geraak,” sê hy.

Lede van die buurtwag, die polisiediens, familielede en die NSRI het ʼn soektog na die man van stapel gestuur. “[Brown] se kano is Vrydagaand net na middernag gevind. Dit het voorgekom asof die kano uitgespoel het. ʼn Man het die kano egter in die water gesien en dit tot op die gras getrek – hy was onder die indruk dat die kano maar net in die water rondgedryf het. Ons het egter steeds nie daarin geslaag om die man op te spoor nie, en het die soektog tot Saterdagoggend afgelas,” sê hy.

Lambinon sê polisieduikers het die man se liggaam Saterdagoggend gevind. “Hy was reeds dood. Die polisie het ʼn ondersoek na die voorval van stapel gestuur. Al die ondersoekspanne wil graag hul medelye aan die familie van die man oordra.”

Belinda-Jane Kent-Brown, Brown se dogter, het gesê die familie het hulself ná sy vermisraking “op die ergste voorberei”. “Dankie vir almal wat ons bygestaan het gurende hierdie aaklige nagmerrie. Ongelukkig was dit nie die uitkoms waarvoor ons gehoop en bid het nie, maar ons is stom oor almal se ondersteuning. Noudat ons die rouproses gaan begin, terwyl alles nog onwerklik voel, sal ons troos vind in die vriendelikheid en deernis wat mense ons die laaste 24 uur aan ons bewys het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cyril Blackburn ·

Dagsê Garath
Dankie vir jou kommentaar! “Kano” is inderdaad die regte spelwyse – dankie vir jou valkoog! Die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.