Man 8 jaar ná moord en verkragting vasgetrek

handcuffsʼn 40-jarige man wat daarvan verdink word dat hy ʼn bejaarde vrou in die Oos-Kaap verkrag en vermoor het, is Woensdag, agt jaar ná die voorval, in hegtenis geneem.

Lt.kol. Mzukisi Fatyela, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die verdagte is in Bityi aangekeer.

Nowam Gqekeza (70) se liggaam is op 28 Junie 2006 in haar tuin by haar huis in Kotishini, Qunu, gevind. “Sy is verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek en daar was tekens van seksuele aanranding,” het Fatyela gesê.

Die verdagte ontduik die polisie sedert die voorval. Hy gaan na verwagting Donderdag in die Bityi-rondgaande hof verskyn. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AmY ·

Lekker om sulke nuus te lees. Altyd goeie nuus as ‘n verkragter/aanrander/moordenaar vasgetrek word. Nou moet hy net boet vir sy vieselike dade.

Elizabeth ·

@AmY – ja asseblief, nie weer op R1000 borgtog of so-iets belagliks loskom en WEER verdwyn nie. Mens weet nie hoeveel ander wandade hy intussen gepleeg het nie- hy het mos gedink hy kan nie gevang word nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.