Man (80) kritiek ná aanval op plaas

Argieffoto

ʼn 80-jarige man is in ʼn uiters kritieke toestand in ʼn hospitaal in Rustenburg ná hy Maandagoggend op sy plaas naby Groot Marico in die Lichtenburg-omgewing in Noordwes aangeval is.

Kapt. Aafje Botma, woordvoerder van die polisie, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig die voorval het omstreeks 11:00 plaasgevind.

“Ons is in dié stadium onseker of Hans van Loggerenberg binne of buite die huis was, maar drie aanvallers het hom oorval en hom met ʼn pyp oor die kop geslaan,” het Botma gesê.

Volgens Botma het die man se vrou haarself toe in die badkamer toegesluit en met ʼn noodradio hulp ontbied.

“Ons vermoed toe die bure begin reageer en by die toneel opdaag, het die drie aanvallers met drie vuurwapens te voet van die toneel gevlug,” het Botma gesê.

Die omgewing is uiters ruig en volgens Botma gaan die soektog na die verdagtes vanoggend voort.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof, maar Botma het gesê dat daar moontlik later nog ʼn klag van poging tot moord bygevoeg sal word.

Botma het gerugte dat Van Loggerenberg Maandagaand gesterf het weerlê en gesê hy is Maandagaand geopereer en word steeds in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal in Rustenburg behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Lou ·

En so gaan dit aan….dag na dag……dis verskriklik. En nogsteeds swyg die regering….

Sieg ·

Ai, so jammer om dit te hoor hoop die man herstel ten volle.

Lana ·

Nee, Potlood, want die “80-jarige boer” was reeds aangerand toe hulle op die toneel aankom. Met ander woorde daar was nie vir hulle iemand om te skiet nie.

Dirk01 ·

Hulle kom met pype en vlug met vuurwapens????? nog n geval van n boer wat weet dat hulle vermoor word en nie sy wapen op hom het en sy vrou ook ongewapen, waar was die honde??? Dit is erger en gevaarliker as met die grens oorlog .

Ja ·

Dis reg. Geen wonder die aanvalle gebeur nie, plase word gesien as ATMs van wapens.

Manie ·

En wat doen die witmense. Ons sit en kla op Maroela dan het ons ons plig gedoen om die plaasmoorde te stop. Gaan kyk wat doen die swart gemeenskappe as hulle n saak onder die regering se aandag wil bring

Naas Vermaak ·

Beste kommentaar van die jaar…..en dit gaan nie beter word nie……wiskunde is eenvoudig….getalle is teen ons. Ongelukkig het die wit volkie aan die suidpunt van Afrika homself “amused to death”….. Ek weet nie hoe groot die lesersgetal hier op MM is nie…maar te oordeel aan al die verskille/geskille wat hier plaasvind is SAAMSTAAN nie een van ons sterk punte nie.

Speedguard ·

Lichtenburg en Groot Marico is bietjie wyd van mekaar af !

stefanie ·

Beslis ja. Hans bly so 48km uit Zeerust op die grondpad na Koster. Hy is seker so drie km van die Marico oog af. Sy plaas is in die Marico distrik, maar sy naaste groot dorp is Zeerust.

Yster ·

As jy kritiek is. Dan is dit mos poging tot moord. Dn hy is nog geopereer. Wat van spoorsny honde.

Andre ·

Bewapen en vededig jou SELF!

Niemand anders gaan dit doen nie.

Die ANC regering sal/kan/wil nie help om Wittes te beveilig nie … inteendeel ….

Gatvol ·

“AGGENEEEEEEEEEEEEE!!!!!!!Liewe Hemel LAFAARDS!!!!!Wanneer gaan dit ooit STOP???????????

Adam ·

Ek wonder baie maal of die polisie lede nie op rekenaar vas stel wie het vuurwapens op hulle name in die distrik en dan die adresse verkoop aan die rowers nie

GP ·

Ontwapen die boere, al wat hulle doen is om wapens te verskaf aan kriminele, wat dan op talle onskuldige mense gebruik word.

Doen boere ooit iets? Hoeveel keer het ons al gelees van boere wat ‘n aanval afweer?
Of waar die kriminele 2de gekom het? Geen waavan ek weet nie.

HPV ·

GP, jy is so reg, dit gaan alle wapeneienaars onder verdenking plaas ten opsigte van agterlosigheid. Die regering soek reeds verskonings om ons te ontwapen.

Anoniem ·

So, kom ons ontwapen die boere, sodat die wapens uit polisie aanhouding kan verdwyn om kriminele te bewapen? Dit maak sin, nê?

GP ·

Weet dit was kras gestel en nie letterlik bedoel nie.
Hoop die oom is OK, en aanvallers word aangekeer, verstaan daar word huidig na hulle gesoek.

GP ·

Maroela Media jul kan hierdie pos afhaal sou jul so besluit.
Dit wat genoem was is total onvanpas, en gladnie wat gedoen moet word om die problem uit te sorter nie.

HPV ·

Goeie genugtig, met respek teenoor parate boere, wat verstaan die mense nie van plaasveiligheid nie. Van Stadensrus 8 vuurwapens, Wakker Stroom 11 vuurwapens, nou weer 3 vuurwapens, maw 22 vuurwapens in 3 plaasaanvalle. Nie 1 vuurwapen byderhand vir selfverdediging nie, dan word gevra waarom word plase aangeval? Die antwoord, omdat dit so maklik is, geen teenstand, stap letterlik in neem en stap uit. So maklik soos dit! Hoop maar net die persoon herstel van sy beserings.

Lana ·

HPV, kyk net na die ouderdomme van die mense betrokke by die 3 gevalle wat jy genoem het. Ou mense (in hul 80’s) word geteiken. Die 2 van Van Stadensrus was 78 en 68. Ander is almal ouer.
Ek weet nog net nie of dit meestal die ouer mense is wat nog nie praat genoeg is nie, of is dit bloot die feit dat hulle werklik meer geteiken word?

Diefie ·

Dirk01 Sal jy asseblief na die boere in jou omgewing gaan en vra of jy kan wagstaan deur die nag of oor naweke. Dit sal wonderlik wees. Ons het al die hulp nodig wat ons mense kan gee. Dankie dat jy bereid is om te help.

RINA ·

Sover ek weet is oom Hans oorlede, ek hoop net ek is verkeerd

Riaan Lewis ·

Die oom is nog kritiek in ICU. Word onder verdowing gehou.

Hanna Hoekom ·

Natuurlik moet dit poging tot moord wees! Hulle het nie vir een oomblik omgegee of hulle die oom doodgeslaan het of nie. Lafaards! Teiken die ou en weerloses in die gemeenskap. Hoop oom Hans is darem OK.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.