Man (80) wreed met messe op plaas aangeval

Argieffoto

Chris du Plooy (80) van Paul Roux in die Vrystaat is Maandagoggend wreed op sy plaas aangeval.

Ao. Lorraine Earle, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 04:00 op die plaas Rexford plaasgevind.

“Die man is deur twee aanvallers oorval terwyl hy besig was om te slaap; hulle het wapens en geld geëis,” het Earle gesê. Die aanvallers het Du Plooy met messe aangerand.

“Die aanvallers het hom van kamer na kamer geneem terwyl hulle die huis geplunder het. ’n Haelgeweer, rewolwer en ’n selfoon is tydens die voorval gesteel.”

Die verdagtes het daarna vir Du Plooy aan die bed vasgemaak en van die toneel gevlug.

“Dit wil voorkom of die slagoffer gedisoriënteerd was en na die pad geloop het waar ’n verbyganger hom opgetel het en na die Paul Roux-polisiestasie geneem het,” het Earle gesê.

ʼn Ambulans is ontbied en Du Plooy is na ʼn hospitaal in Bethlehem geneem vir mediese behandeling. Hy het onder meer steekwonde aan sy nek en bors gehad en was volgens Earle ernstig beseer.

ʼn Saak van huisroof word in die stadium ondersoek, maar nog aanklagte kan later bygevoeg word. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Michael ·

Huis Roof???????? Liewe Hemel hulle wou die ou OOM vermoor het.

Jackie ·

‘n Saak van huisroof word tans ondersoek…..en bykomende aanklagte kan later bygevoeg word.
Sjoe, ek sou dink aangesien hy ernstige steekwonde opgedoen het, aanranding met die doel om ernstig of noodlottige gevolge te hê, sou die primêre klagte uit die staanspoor duidelik sou wees…!!!

KOOS 2 ·

Ja nee gaan ons nou net sit en kyk of gaam ons iets aan dit doen niemand gaan ons help nie

Lourene ·

Hoe gestop word? Het julle gesien Australia moes hul woorde terug trek want wit boere en mense word mos ni vervolg in hul eie land ni, mmmhhh?

Hugo ·

Ons boere het mos niks wat hulle bedreig nie. Waar is die owerhede nou?

Alida ·

Dit is poging tot moord. Die aanvallers het gedink dit is onwaarskynlik dat die oom dit sou oorleef vanweë sy ouderdom. Kom tog by SAPD. Huisroof is ‘n bysaak. Hulle wou die oom DOODMAAK !!!!

Ray ·

POGING TOT MOORD

Mense word tronk toe gestuur vir dinge wat hulle se maar aanranding en mesgestekery op 80 jariges is huisroof.

Lindiwe het dit pragtig gese. Hierdie wetsgehoorsame land.

Droomwereld waar mense net doodgemaak word oor dit die lekker ding is om te doen skynbaar. Vat die geld en rewolwer en loop, dan is dit huisbraak. Hoekom weerlose mense slaan en met messe steek.

Cherokee ·

Hou tog op met kla oor Suid Afrika. Ek rapporteer julle aan Lindiwe Sisulu as julle so aangaan.

Jacques ·

Geagte Mev Sisulu , ek neem aan dat jy nogsteeds by jou standpunt bly deer te se die burgers van die land is wetsgehoorsaam ? Kom ek se jou dat die burgers nie SA is nie . hulle loop oor die grens soos jy oor die pad kafee toe loop . Die grense is oop en daar is geen beheer nie . Wetsgehoorsaamheid het niks met plaasmoorde of aanvalle te doen as die burgers nie van SA is nie . Dit is die manier waarop hulle groot gemaak is en beinvloed word die JC en JM .

Helena Mostert ·

Ai gaan ons wonderlike regering dan niks aan die saak doen nie. Drie maande tronkstraf word opgele, en na twee maande uit op parool vir goeie gedrag.

Francois ·

En so gaan slaap ons plaas-boere (en hoeveel ander nog) in die aand met die hand-vuurwapen(s) in die kluis toegesluit… ek kan net my kop skud!
Hoe kan 2 diewe die erf betree, inbreek en tot in die kamer kom waar jy slaap en niks maak jou wakker nie? Ek neem aan daar is honde op die plaas gewees. Ek neem aan die deure en vensters was sekerlik toe en gesluit? Hoe kan hulle dan inkom tot in jou kamer waar jy slaap?

Mense, as jy in n teiken-gebied (plaas, kleinhoewe, ens.) woon, WORD WAKKER asseblief !!! As daar ten minste net n traliehek / veiligheidshek voor sy kamer was het dit heel moontlik nie gebeur nie. Honde buite, alarmstelsel, beams, diefwering, honde in die huis, tralie-hek voor jou en jou kinders se kamer wat sluit, selfoon / radio by jou op bedkassie -wapen by jou op/in bedkassie, onder kussing, langs die bed – enige plek maar in die kluis!!!

Sterkte met die herstel my oom!

Piet ·

Die ou Oom is 80 jaar oud Francois. Jy het goeie bedoelings met jou skywe, maar jy toon nie genoeg begrip vir so ‘n mens se situasie nie. My ouma kon ek nie met n bom wakker skiet op daardie ouderdom nie. Dis juis omdat dit so maklike teiken is dat hulle aan geval word. Ons is nou al so afgestomp dat dit niemand pla dat die aanvalle onder die “ander nuus” seksie val nie.

Jen ·

Het jy al daaraan gedink dat n tekort aan finansies die rede is dat daar nie hekke, deure, alarms, ens is nie. Honde word vergiftig, blatant doodgeskiet. Mens kan ook net soveel voorsorg tref. Gaan boere kerk toe, word hul ingewag. Gaan die boer kraal toe, word hy ingewag. As jy gou mall toe gaan, vat jy wapens saam, n hond, n radio? Nee meneer, want jy glo en vertrou jy sal nie aangeval word nie.

ronel ·

liewe Francois, die oom is 80 jaar oud! Ek wil sien hoe op en wakker jy is wanneer jy 80 is!!!

Attie ·

huis roof weereens nie n plaas aanval nie maar huis roof.Die wet word aangepas soos hulle dit wil he .Dit gaan aan die wereld versprei word dat plaas aanvalle afneem inSa deur sake verkeerd oop te maak

Sterkte ·

JA MAAR DAAR IS MOS NIE ‘N AANSLAG OP WIT BOERE OP PLASE NIE … Die AUSSIE regering het dmv hulle Prime Minister vandag die aanbod onttrek aan SA boere .. die rassistiese SA regering oortuig ALMAL dat die WITTES steeds sleg is en die swartes goed . VREEMD dat al die europese lande en usa en die aussies sanksies teen SA toegepas het vir jare agv Apartheid,toe was dit nie rassisties nie, daar het al BAIE Meer wit boere NA apartheid gesterf as swartes GEDURENDE apartheid . so ja . DUBBELE STANDAARDE< swartes is welkom in alle lande .. WITTES jok oor die WREDE AANVALLE En bloed teen plaashuise se mure, hulle jok oor kinders wat met kookwater verbrand word, dogtertjies wat verkrag word en ou ooms en tannies wat in hulle rolstoele met stomp voorwerpe doodgeslaan word .. EK HOOP oom sterk gou aan, om op daardie ouderdom so GEMARTEL te word (poging tot moord) gee die liggaam 'n geweldige skok .. STERKTE OOM

Oom Kalahari ·

Hierdie misdaad gaan nou toeneem op die geteikende ras en veral die ouergarde van Boere. Lindiwe het mos nou die wereld gerusgestel dat alles goed verloop in SA. Ons is besig om geblinddoek in hewige lokvalle in te stap en wees wakker want Mnr JM gaan nou dinge opskerp na sy Ma en Ikoon se afsterwe. Ook is JmM ook die vleuel en pion van CR en wees oop oe en met ope gedagtes om te sien hoe hy as radikale gebruik word en niks aan hom gedoen word nie. Dit spreek boekdele. Nou is Chris du Plooy ook net deel van stastiek en as hy oorleef ongeag van sy bejaarde ouderdom moet die letsels en trauma verwerk. Kom die regering vorendag en help hierdie mense na elke aanval met bystand en medies -“Nee”, maar hou hierdie spasie dop as daar opkomende boere is en hierdie gebeure dalk plaasvind.

HUIS ROOF???????? ·

HUIS ROOF?????? Is julle mal. Is dit nou die standaard vir huis roof???

Terloops ·

Huisroof… so lees mens die berigte bykans elke dag en dit voel asof mens wil verdrink in ‘n gevoel so ietwat tussen frustrasie en hulpeloosheid. Ek noem die woord hulpeloos, nie omdat ons werklik hulpeloos of selfs hooploos is nie, maar eerder omdat ons so geïsoleerd en vermorsel staan tussen die magtige media, liberale profesors en die slim opinie-makers (selfs in ons klein gemeenskappe). Kan ons ‘n stem uitbring en bo dié kakefonie verhef? Moontlik, maar nie maklik nie… kom ons hoop, glo en reageer, want slegs aksie kan lei tot reaksie (bedoel darem verantwoordelik lol)

PJC ·

Francois jy is reg. Mense moet die moeite doen en plase gaan besoek om te kyk na die veiligheidsmaatreëls. Julle sal geskok wees om te vind hoe gebrekkig en in sommige gevalle selfs afwesig veiligheidsmaatreĕls is. Dit is asof mense nie besef hoe kwesbaar hulle is nie en is eintlik ń baie ontstellende en hartseer situasie.

Phil ·

Jen, Francois probeer net se dat mense moet probeer om hulself te beveilig. Ek voel jammer vir die arme oom en glo my, my gebede is dat hy vinnig en volkome sal herstel. Wat kos n veiligheidshek. Is dit te veel of meer werd as n lewe? My honde kan nie maklik vergiftig word nie want hulle slaap in die aand veilig agter die veiligheids hek binne in my huis. Dis veiliger vir my honde en vir myself. Waar word meeste ingebreek? Badkamer venster of kombuis vester/deur. Maak dit daar toe/veiliger vur jou en jou familie se lewe! Wees paraat. Ek kan bv sien as iemand aan my hek se slot geraak het want ek sluit dit self en weet hoe ek dit gelos het. Kyk vir verdagte spore, goed wat “anders” is as wat dit behoort te wees. Ek dink dit is wat Francois probeer se. Vergeet van KANnie en dink eerder aan KAN……..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.