Man (81) dood in plaashuis aangetref

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

ʼn 81-jarige man is Sondagoggend dood in sy plaashuis in die Oos-Vrystaat aangetref.

Kapt. Phumelelo Dhlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê Klaus Horst Meier se vrou het Sondagoggend op sy liggaam afgekom toe sy by die huis opdaag. Die plaas Asgard is in die Marseilles-omgewing naby Ladybrand.

Meier het veelvuldige steekwonde aan sy liggaam gehad.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het gesê die man is glo moontlik al Vrydag vermoor.

“Hy is Vrydag omstreeks 17:00 die laaste keer lewend gesien,” het Dhlamini gesê.

Dit is in die stadium onduidelik of enigiets uit die huis gesteel is. Meier se hond is glo ook in die voorval beseer.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Selfbeskikking ·

Of tot al die boere nie meer daar is nie, of tot ons onderhandel het vir ons eie stuk grond.

Erick ·

Selfbeskikking,ek verstaan nie waarmee wil julle onderhandel nie. Ons het geen Chips op die tafel nie en absoluut geen onderhandelingsitem nie. Ons word beskou as ‘n oorwonne entiteit…

Cherokee ·

Sinvolle antwoord Erick. Jy kan dit gerus meer kere uitwys op die tipe kommentare.

Sonja ·

Erick moet tog nie te hard wees op “Selfbeskikking” nie. Sy kop is nog in die verlede, hy het nog nie aangepas by die nuwe reels nie. Waarskynlik ‘n bejaarde mens met goeie bedoelings.

tamboti ·

Eric ja ons het iets om mee te onderhandel, eintlik troefkaarte:
1 – belasting
2 – eiendom wat ons tans nog wettig besit – en ten alle koste moet beskerm.
Vergeet van polities korrek, grondeienaars moet nou ‘n onderhandeling met die regering afdwing.

Liberaal ·

@Sonja, ja my liberale vriendin, die hede is geen menseregte vir minderhede nie, die hede is moord en eiendomsafname, almal wat nie wil aanvaar om hulle lewens en eiendom te verloor nie is suurklonte wat in die verlede leef.

Sonja ·

Liberaal, al wat ek sê is dat julle dalk 24 jaar gelede moes onderhandel het, toe julle byvoorbeeld kernwapens gehad het. Nou is te laat om te wil onderhandel, die reels het verander, die wêreld het verander.

Cherokee ·

En tambotie beskou belasting as ‘n troefkaart. Elke keer nog wanneer mense gepraat het van ophou belasting betaal het en ek daarop gewys het dat die grootste gros belastingbetalers salaristrekkers is, en ek gevra het hoe hùlle hul werkgewers gaan oortuig om nie belasting af te trek nie, het die draad daar gestop.

Donald ·

Hoe onderhandel jy vir wat joune is en nog altyd was. Jy doen nie. Jy verdedig dit wat joune is. Die tyd stap nader en die oorlog word na ons toe gebring. Ons is nie die agressors nie maar ons gaan soos ouds moet maak. Ek gee nie om oor die ANC se weermag nie. Die grootste weermag het teen ons toe gesak 10 teen 1 ons oortref met nommers, wapen en tegnologie. Hulle het hul alie tee gekom tot hul moes neer daal na n vlak van gebruik maak van konsentrasie kampe. Hou net bietjie vas. Die wereld is aan die verander.

Wat praat jy ·

Donald, praat jy van die Anglo boereoorlog wat ons as n klein minderheid so dapper geveg het teen die wereld se heel grootste moondheid, Brittanje met al haar kolonies wat n derde van die wereld uitgemaak het? Die oorlog wat ons eers gewen het eers maar later opgegee het omdat hulle ons vrouens en kinders in konsentrasiekampe gegooi het? Jy bedoel ons was so sterk al was ons so min dat ons die grootste mag in die wereld vir eers kon stuit?

Charmaine ·

Dit hou net nooit op nie R.I.V oom ons dien n regverdige GOD hier kan die duiwel seevier maar so seker sal elke boosdoener en duiwel in die poel van vuur gewerp word elke knie sal buig elke tong belei ???????????????

Ella ·

Hoeveelste moord hierdie naweek.
Ons is so afgestomp jy skrik nie meer en raak ook nie ontsteld.
Vandag het ek in n natuur reservaat naby my dorp gaan ry. Daar was n blou plastiese sak so entjie van die pad af. Ek stop en om dit te gaan optel….. los dit net daar want dalk is dit n lokval. So dink ons deesdae…

Sputnik ·

…… en moet asb. nie alleen gaan ry nie – selfs twee of drie in ‘n groep is steeds blootgestel.

1+1 ·

Ek wil my eie vraag probeer beantwoord: “Die tydperk wanneer ons nie meer bang is om almal die waarheid te begin praat oor die werklike wortel van die probleem”

Cherokee ·

Slim van jou gewees, Ella. Ek het gery en ‘n geskenkpak langs die pad gesien, met ‘n strik die tutie daarop. Nie eens spoed verminder. 3 Dae later was dieselfde geskenkpad kilometers daarvandaan op ‘n ander pad. My verbyry het bloot ‘n lag ontlok maar later het ek besef dat ek die polisie moes ontbied het.

Elsa Jansen ·

Ek glo daar is ‘n baie spesiale plek in die hel vir moordenaars wat sulke weerlose oumense vermoor. So jammer vir die bejaarde man se geliefdes.

Lietie ·

Aaiii tog julle dis asof n mens nie meer wil lewe nie dit is net moord en slegte nuus wens einde van onse wereld wil nou aanbreek te bang vir die lewe

Wolf ·

Innige simpatie metb die naasbestaandes. Magteloos, ons blankes is sooo magteloos. Bring asb. die komando stelsel terug om die boere te beskerm. Hemel, hoeveel bloed moet nog vloei? Kry die polisie en politisie nie eens n bietjie skaam nie. Dis sleg baie baie sleg. En ons mag nie eers se hoe ons oor al die misdade in die land voel nie. Dankie Maroela!

Koos ·

Mense sal getalle on hulle moet kry as hulle wil aanhou boer. Dink kibbutzim stelsel.

Andrea ·

Ek stem, Koos. En n kommandostelsel. Lees ‘privaatsekuriteitsmaatskappye…’

Cobus ·

Koos stem saam …dink boere word aangeval omdat hulle sagte teikens is of jy nou wit of swart of groen.Boere moet extra staple neem on hulle the beveillig Mask Seker dat jou Huis Nog meet beveillig word key additionally elek omheinings alarms sekeriteits hekke ..ons leed in n land en tyd wat men’s most maar darem Nog veiliger as Baie Ander plekke in die wereld .eeder as om op n hoop re sit en skree hoe onveilig die land is en land uit will vlug of will skirt Kom ons werk daaraan on die land te verander stukkie by stukkie die meerderheid is goeie mense wat hier bly As jy dit nie vir jou wil doen nie doen Di t vir jou kinders dink maar net

Albaster ·

Uitstekende idee Koos. Boere moet baie werklose mense inneem en hulle spasie gee om met eie groente te boer of deel te word van die boerdery in lee kamers op huise te bly, almal bymekaar op selfde werf.

Elvira ·

Well well well
Who are THEY?????? Sisulu ? Let me tell you THERE ARE HORRIBLE KILLINGS WHERE THE FARMERS ARE BRUTALLY MUTULATED AND TORTURED. So if you live in a bubble, you are going to get a surprise when it burst.

Maggie ·

Elvira, Anna was sarkasties.. sy herhaal net woorde uit die regerings amptenare se mond..
Sy is wel ten volle bewus van die geweldadige plaas, en ander moorde op Blankes

Margaret ·

Ek is so ontsteld om te hoor van al hierdie wrede moorde. Wat op aarde gaan met ons gebeur? Gaan dit net so aanhou tot in ewigheid? Ons soek iets meer as die huidige wette en polisie – duidelik werk die sisteem glad nie.

Selfbeskikking ·

Dit gaan aanhou tot ons gebreek is of tot ons vir ons eie stuk land onderhandel.

Cobus ·

Kom ons begin reg maak eerder as om the skree vir iets wat onprakties is …ons kan die land red ..is sit maklik seker nie maar met geloof en God we Leiding wonder twyfel kinders

Sue ·

Gister met n verjaarsdag viering se ek vir my 23 jarige seun iets van “jy kan dit eendag aan jou agterkleinkinders vertel” toe vat hy my aan die skouers en se “Moeder, Ma weet ek gaan nie my agterkleinkinders sien nie want ons het nie n reg om te leef meer in Suid Afrika nie” Dit het my so laat sidder dat jong wit mense leef met die wete en aanvaarding dat hulle nie hul oudag sal sien nie.

En daar was geen woord wat ek kon se wat nie n leuen sou wees nie. Net n drukkie van Liefde om te beaam dat ek hom Lief het en jammer is oor my selfsig om oooooit kinders in die wereld te gebring het. Ek as ouer het nog nie gefail nie, maar as Moeder alleen gaan ek hulle nie teen dit wat kom kan beskerm nie.

En vd oom wat oorlede is, oom Rus in vrede. Ek ken toevallig n Horst Meier hier van Polokwane ook, weet nie of hul familie is nie. En aan die familie van die oom bid ek julle berusting toe. Baie baie sterkte.

Msp ·

Bitter, bitter, bitter hartseer…Moenie onkant gevang word deur kriminele aktiwiteite nie. Sluit aan by ZELLO Concerned Citizens. Dit kan lewens red…Sover word die diens graris aangebied. Maak asb gebruik daarvan.

Koos de Meyer. ·

Nee Sisulu lieg mos vir die wêreld. Hier gebeur mos niks in ons land nie. Hoe blind kan ‘n mens wees. Wie dink hulle bluf hulle. Dan praat hulle van versoening my voet.

Andrea ·

Dink jy regtig hul sal onderhandel hieroor? Ek wil ook selfbeskikking hê, maar ek twyfel of die liewe regering v hul melkkoeie en sondebokke sal afstand doen.

Bok ·

Gelukig het ons net toegewyde krimenele en geen plaasaanvallers.
Hul beweeg van een punt na die ander.
Krimenele moet net jou omgwewing en werkswyse leer ken nir.

Ella ·

@ Cherokee wat ek hierbo lees gee my NOU vrees in my hart. Dat n misdadiger sover sal gaan om sy duiwelsplan te skuif na n ander plek – dit is erg verontrustend.

Yankee ·

Dank die Vader ons is al 25 jaar weg uit die vewoeste kleine Landjie. So rustig, pragtig in Amerika.

Rickus ·

Geniet maar die rustigheid daar, julle wat so gereeld sout in ons wonde vryf daar uit die verre lande gaan nog swaarder kry daar as ons wat noodgedwonge hier moes agterbly.

Piet ·

…maar jou eie taal sal vir jou kleinkinders vreemd wees. Leeus en olifante sal hulle op prentjies sien.

Jan Makatan ·

Yankee, ek dink diep onder op die onderste punt van jou hart is jy maar tog spyt dat jy daar is en nie hier nie, hier waar die son net anders skyn as in die VSA…

Kosie ·

Gelukkig het ons wat die Here ken geen vrees nie. Innige meegevoel en sterkte aan die familie, en ek hoop die beseerde hond is datem nou okay. Dit is vreeslik om te lees van hoogs bejaarde mense wat hul lewens op so brutale manier verloor.

Deon ·

Noudat ek volwasse is en politieke bewustheid het, het ek terug gaan lees oor plaasmoorde. Ek is nou by 2010 se plaasmoorde. Dit is al 8 jaar gelede. Die kommentare het ook maar dieselfde gebly. As ons nie teen die tyd iets daaraan gedoen het nie sal ons seker ook niks doen nie. Tragies!

Werner ·

Hoop Agri SA lees ook MM dat hulle ook kan agterkom wat in SA aangaan

Willem Grobler ·

“Man (81) dood in plaashuis aangetref” ?? Dit is miskien tegnies korrek maar iets soos “Nog ‘n boer (81) in sy huis vermoor” sou méér akkuraat gewees het, of hoe?

Dankie vir dekking ·

Hierdie is sulke tragiese nuus en wens alle sterkte toe aan almal wie hierdeur geraak word.

Wil net dankie se aan Maroela Media wat ons op datum hou van die gebeure op die plase. Ander media dek nie hierdie nuus nie, hoe ansers sal ons weet hiervan.
Op julle manier doen julle baie in hierdie stryd. Baie dankie.

johann ·

ek dink dis tyd om op te staan en weer land tot stilstand te bring met n optog oor plaasmoorde genoeg is genoeg !!!!!!!!!!!

Ina ·

Ek is alweer so diep geskok, ‘n weerlose ou persoon so brutaal doodgemaak. Hul kon hom net omstamp en sy goed vat hoekom so wreed vermoor? My kinders woon nie ver van die plaas af so jul kan dink hoe dit my getref het. Dit is hoe die satan se regering werk want sy tyd is min voor Jesus weer kom.

liz ·

Nog nie agterkom nie – die woord plaasmo9ord word al hoe minder gebruik – wonder hoekom.

PJC ·

Werner ek is bevrees al lees Agri SA ook wat gaan hulle nie hulle sienswyse verander nie. Duidelik het hulle hul eie agenda. Ongelukkig is daar nog baie boere en andere wat dit nog nie agter gekom het nie of bloot net nie wil raaksien nie.

Lerato ·

Wat mense ookal sê, maak geen verskil nie. Wat noodsaaklik is, is dat ons onself so ver moontlik beskerm. Moet asb probeer om nie snags petrol in te gooi nie. Wees bedag op alles wat om jou aangaan. Indien moontlik, vermy gevaarlike plekke

Yankee ·

My comment is nie met n smuk gese, maar met woede!! Verstaan wel!! Wat by julle tans aangaan is verwoesting, moord en doodslag soos geen ander Land ter Wereld. En daar is meer in hierdie Wereld as olifante en leeus. Daar is veel meer as dit.

Piet ·

Ek was daar Yank, gewerk, studeer, mense ontmoet, alles gedoen. Hulle het nie die selfde “patat” as die mense hier nie. Ons beproewing bring die karakter in mense uit. Onthou om jou kinders te vertel waar hulle vandaan kom, van die stories van die jonge Dirkie Uys wat met n assegaai dood gesteek is toe hy sy pa se lewe wou red. Raak nou rustig oor ons wat hier agter gebly het, want ons wil nie met jou plekke ruil nie (ten minste nie altyd nie). Voorspoed vir jou, Groete Piet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.