Man (81) sterf 3 weke ná gru-plaasaanval

Athol en Colleen Harvey. Foto: Verskaf.

Athol Harvey, die 81-jarige man wat op 13 Februarie vanjaar op die plaas Weltevrede naby Kimberley in die Noord-Kaap saam met sy vrou, Colleen Harvey (78), aangeval is, is Maandagaand dood.

Suzanne von Maltitz, die egpaar se dogter, het die nuus aan Maroela Media bevestig.

Volgens Von Maltitz is Athol Maandagaand dood terwyl hy en Colleen televisie gekyk het. “Hy het net sy oë toegemaak en sy laaste asem uitgeblaas.”

Athol is eers Vrydag uit die Mediclinic Gariep in Kimberley ontslaan waar hy behandel is ná die aanval.

Die egpaar is net meer as drie weke gelede in hul huis oorval terwyl hulle geslaap het. “Hulle het wakker geword met die drie aanvallers letterlik bo-op hulle. Hulle het my pa dadelik bewusteloos geslaan met ʼn kort, dik ysterstaaf,” het Von Maltitz gesê.

Athol is ook herhaaldelik geskop en Colleen met ʼn mes aangehou en vasgebind. Sy het snywonde aan haar hande en bene opgedoen soos sy baklei het.

Von Maltitz vertel haar ma het die vorige aand iemand by die venster gehoor en regop in die bed gesit en gevra “wat soek julle?” omdat hulle gedink het dis van die plaaswerkers.

“Ons besef nou dit was die aanvallers, hulle het die vorige dag al kom kyk en sou nie afgesit word nie.”

Athol het erge kopbeserings tydens die aanval opgedoen – sy skedel was gebreek. “Hy het die eerste ruk net in die hospitaalbed gelê, sy kop vasgehou en gesê hoe verskriklik seer dit is,” het Von Maltitz vertel.

Van links is Bronwyn Field, Matthew Field, Michelle Field, nog een van die egpaar se dogters, Suzanne, Athol, Colleen en Alistair Field in die hospitaal op sy 81ste verjaarsdag. Foto: Verskaf.

Die dokters het glo destyds aan hulle gesê die egpaar sou nie eens die aanval oorleef het as dit nie was dat hulle nog so gesond was en aktief geboer het nie. Hul nabye familie het saam met Athol sy 81ste verjaarsdag in die hospitaal deurgebring.

Von Maltitz vertel die familie is baie gefrustreerd met die polisie se hantering van die saak. Hulle het volgens haar agt dae ná die aanval eers by die huis aangekom om met die werkers onderhoude te voer.

“Ek het vir my werkers gesê ek gaan poligraaftoetse laat doen om te kyk of hulle iets weet. Hulle het net gesê ‘bring die mense, hulle moet kom’. Ek glo regtig nie dit was een van hulle nie. Hulle is nét so hartseer oor my pa en hulle is nét so bang op daardie plaas. Die voorman het vir my gesê, ‘Pa was altyd so ʼn goeie man, hy het altyd na ons probleme geluister’. My pa het dit regtig nie verdien nie.”

Die gesin moes destyds uit Zimbabwe trek toe die Mugabe-regime wit boere van hul plase begin verjaag het. “[My ouers] het hier kom oorbegin met niks en die plaas opgebou tot waar hy nou is. Ek wil hê die wêreld moet weet watter aaklige plek dit dié is om in te woon. Niemand gee om oor ons nie en dit lyk nie of dinge gaan verbeter nie.”

Von Maltitz sê sy is self permanent gewapen en haar pa het met ʼn pistool onder sy kussing geslaap.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn saak van moord word nou by die ondersoek gevoeg.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die familie sal Vrydag ʼn privaat gedenkdiens op Weltevrede hou. “Ons wil net stil in die natuur saam met hom wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Marianne ·

Rus in vrede my liewe oom, in 81 jaar het hy meer deurgemaak as baie ander. Jy het hierdie aanval nie verdien nie, jy het nie verdien om SO te sterf nie!
Tannie die Here slaap nie, Hy het jou vir iets groter gespaar. Sy liefde en genade sal jou en jul kindersven familie dra.

Jammer ·

Daar is absoluut GEEN sin aan die plaasmoorde nie, en die regering en meeste lede van die publiek en massas het geen simpatie nie, inteendeel, hulle rejoice elke plaasaanval, net omdat hulle nie weet dit gaan hier oor DISRESPEK vir alle lewe, nie net die van wittes nie. EK is so jammer vir die oom se familie. Hulle het niks verkeerds gedoen nie, en as dit net huisroof was, kon hulle twee oumense vasbind, NIE SO VERNIEL NIE!! ..

Willie ·

EK hoop n Polisie hoof lees die en vat aksie… O nee hulle is dalk ook te korrup en lui.. Dis regtig teleurstellend om te hoor die polisie vat 8 dae… SIES! Rus in vrede Oom, niemand vedien om so deur lafaards vermoor te word nie! Die Here slaap nie! Tanie alle sterkte en die Here jou dra in die moeilikke tyd… Aan Malema- Jy het bloed op jou hande!

Pieter ·

So word die volk uitgemoor en die ” polisie ” meer useless by die dag maar ons aanvaar dit maar want ons aanvaar alles .

Elvira Bothma ·

Julius Malema hierdie boer se bloed, tesame met AL die ander plaasmoorde is aan JOU HANDE. JOU DAG SAL KOM.

Deloris ·

Pateties hierdie SAP… Bheki waar is jy….
RIV oom en sterkte vir die familie.

JO-anli ·

My liewe Tannie so jammer vir jou en oom RIV ek is 2 keer deur plaasmoorde met my familie. Ek het 2 familielede verloor uiters wreedaardig . Ek bid vir genade vir julle almal as gesin en familie.

Pop ·

Oom die Here het jou nou in sy arms en hoef jy nie n 2de keer van jou grond afgeskop te word nie. Hoe tragies is dit?? Van Zim hierheen gevlug en nou het hulle hom finaal dood. Hoekom hulle hoegenaamd die grondwet wil verander slaan my dronk. Plase word by die dag beskikbaar gemaak.

Tanzie ·

Daar is net geen sin daarin om in iemand se huis in te kom en hom te vermoor vir niks nie. Om in SA bo die ouderdom van 60 te word is ‘n risiko want dan loop jy letterlik met ‘n kruisie op jou voorkop, om dan nie eens te praat van die plaasboere nie. Nee waaragtig, waar gaan dit stop! Dit is alles Malema se skuld wat al hierdie dinge so aanhits. Niemand verdien om so te sterf nie!

Hendrik ·

Op so hoe ouderdom kan enige klein trauma die ou mense se lewe kos. Oumense moet beskerm word en opgepas word.

Gesiggie ·

Sjaim dit is hartseer, dink meskien was die hoof besering net te erg, maar wys n mens hoe die lewe partykeer werk, hy was gespaar om net nog sy 81 ste verjaarsdag saam sy familie te vier en sag het hy gegaan…Tannie gaan soek n plek met meer veiligheid… die polisie doen nie hul werk, en die arm mense op plase word net meer en meer uitgewis”’ sterkte aan die Familie…

Hendrik ·

Week in en week uit. Hierdie is nie net nuus nie maar realiteit.

Riena ·

Ons moet meer kinders kry. Ons moet kan opstaan uit hierdie ellende. Om te kan groei moet `n oupa en ouma meer as agt kleinkinders geniet en vertroetel. Hulle moet oupa se naam dra, sy lee plek kan volstaan. Ons moet moed skep en bou!

Oom Kalahari ·

Hierdie optredes eord strategies beplan asook alle inligting word verskaf wat die totale bewoners is en ouderdomme. ‘N mens kam nie anders met alle dreigemente om tot die slotsom te kom dat die rooipette dalk betrokke mag wees met aanhitsinge. Wat is die regte statistiek van die afgelope 05jr met plaasmoorde en hoe vergelyk dit met anderskleurige boere aanvalle en roof? Oom Athol jy het gesterf as ‘n held en iemand wat sy lewe toegewy het om die te voed wat hul hand aan jou lewe geslaan het. Tannie Colleen, mag God jou deur hierdie donker tydperk neem en jou hart heel teen hierdie land van misdaad. Sterkte en alle medelye asook ons gebede gaan uit na hierdie
Gesin en vriende. “God slaap nie”

Yankee ·

Ek hoor jou Riena, ongelukkig is die aarde nie plat nie!! Egter mooi gebaar.

Ronel ·

S glo nie dis die plaaswerkers nie? Ek is jammer, maar ek moet met haar verskil. My tannie was ‘n slagoffer van ‘n plaasaanval. Die voorbok was toe al die tyd haar voorman, vir wie sy net 2 weke voor die aanval ‘n kar gegee het vir jare se diens! DIS nou wat mens noem, stank vir dank.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.