Man (84) aangerand, honde doodgeslaan in plaasaanval

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die polisie en veiligheidsgroepe is tans op die spoor van vyf verdagtes, wat vanoggend ʼn 84-jarige man op ʼn kleinhoewe buite Bela-Bela in Limpopo oorval en erg aangerand het.

Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê John Ramalho was omstreeks 08:00 alleen by die huis op die kleinhoewe in die Roodekuil-gebied toe hy uitgestap het na sy bakkie om dorp toe te ry. Volgens Müller het die verdagtes hom by sy bakkie oorval en ʼn vuurwapen teen sy kop gedruk.

Die aanvallers het Ramalho in die huis in gedwing, waar hulle hom erg aangerand het. “Die oom is baie erg geslaan. Sy hele gesig is opgeswel en hy is baie deurmekaar,” het Müller gesê. “Die aanvallers het ook sy twee bokkie-hondjies sommer daar in die sitkamer met potte doodgeslaan.”

Die kluis wat oopgebreek is. Foto: Verskaf

Die kluis wat oopgebreek is. Foto: Verskaf

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het gesê die aanvallers het die huis omgekeer en ʼn ingeboude kluis oopgebreek. Hulle het ʼn haelgeweer, .303-geweer, .22-geweer en ʼn pistool, asook verskeie huishoudelike items, gesteel voordat hulle met Ramalho se bakkie op die vlug geslaan het.

Volgens Mojapelo is die bakkie ʼn maroenkleurige Nissan-dubbelkajuit bakkie met die nommerplaat DNR 516 L.

Die verdagtes het ʼn plaaswerker buite die huis vasgebind. Hy kon homself loswikkel en het na die buurplaas gehardloop om hulp te ontbied. Ramalho het erge kneusplekke en snywonde opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem.

Volgens Mojapelo behoort die huis aan Hendrik Jose Felix (65). Maroela Media verneem Ramalho is Felix se oom. “Felix het omstreeks 01:00 vanoggend die honde hoor blaf en uitgestap om ondersoek in te stel. Hy het egter niks gesien nie en toe weer gaan slaap. Die aanvallers het [Ramalho] omstreeks 8:00 oorval,” het Mojapelo gesê.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Enigiemand met inligting word versoek om kapt. Renier Schutte op 082 565 9051 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Ann ·

Hoekom word weerlose oumense nou getarget? Dis rerig nou nie nodig nie!! Hulle weet die oumense kan hulself nie verdedig nie. Ek hoop oom John sal oky wees.

Wonder ook ·

Want hulle is lafaards!! Bangbroeke. Het Mal’ema dalk iets hiermee te doen?

vierkleur ·

Dis terroriste taktiek, nog al die jare. Ons is tans in n oorlog mense,
julle moet wakker skrik, en begin voorsorg tref. Maak kos bymekaar, en berei voor, want ons donker uur het aangebreek.

m ·

Sterkte aan die oom. Hoekom moes die arme honde so doodgeslaan word. Hierdie mense het net geen respek vir enige iets nie.

andrea van vuren ·

Niemand nog in hegtenis geneem nie. Ou afgesaagde refrein. refrein. Bring die kommandostelsel terug. Dit het gewerk!

Paul ·

Plaas jouself in ‘n rower se skoene – die honde maak geraas, wat ander mense kan hoor en dan alarm kan maak, so die rowers maak die honde stil op die vinnigste manier moontlik.
Dis nie mooi nie, maar dit maak wel sin.

Chrizelle ·

Elke dag lees ons hoe weerlose oumensies, vrouens, kinders en diere wreed aangerand en vermoor word… Hoe moet ons positief bly oor ons land as dit so gaan?? Niemand word ooit gearesteer nie! Jitte man, wat te erg is, is te flippen erg! Sterkte en spoedige beterskap vir die arme oom :(

lulu ·

O neeeeeee God my Vader help ons ons kan dit nie alleen doen nie Amen

Susan ·

Amen op dit Lulu. Dit raak net erger en all wie vir ons kan intree is ons Hemelse Vader. Ons almal moet op ons knië Gaan en vra vir die Here se help en beskerming ?

Jordaan ·

Gewone misdaad se voet! Watter regverdiging kan daar wees om ‘n oom van 84 so aan te rand as jy net wil steel? Hierdie is deur en deur haatmisdaad.

Netekke ·

Ek stem so saam met jou, dit is haat misdaad, gewoonlik ook sagte teikens, ou mense, vrouens en kinders. Dit is nie regverdig nie. Arme hondjies ook, was dit regtig nodig??? Dit is pure haat want meeste van die tyd is dit “over kill” net om te wys hulle kan. As hulle dan nou “moet” steel, bind die mense dan net vas, is dit regtig nodig vir al die geweld en moord???

Paul ·

Plaas jouself in die skoene van so ‘n rower. Dis nie lekker om dit te doen nie, maar as jy dit doen, sal jy beter verstaan hoe die logika werk agter sulke wrede dinge.
Die rede vir die erge aanrandings is meestal om die mense te oorreed om kluissleutels te oorhandig of om te sê waar versteekte kluise is. Dis vinniger en stiller om ‘n kluis oop te sluit as wat dit is om dit oop te breek.
Honde maak geraas, wat deur ander mense gehoor kan word, wat alarm kan maak. So die rowers maak die honde stil op die vinnigste manier moontlik.

Dis nie mooi nie, maar dit maak wel sin.

Fritz ·

Kapenaar ek stem met jou 100% saam. Genoeg is genoeg en daar is net een oplossing.

Henriette ·

Regtig verskriklik tot die arme hondjies (ekt ook 2 van hulle) ek huil my sommer morsdood, is dit werklik nodig, net een oplossing bring die doodstraf terug!

Jaco ·

Doodstraf terug? Mmmm? Dalk is jy die onskuldige een voor onbekwame regter wat jou die doodstraf onskuldig gee??

Sal nie werk nie ·

Janee hoor ek sou nie graag wou he ‘n RASSISTIESE of DRONK Regter moet aan enigeen die doodstraf ople nie.

Theresa B ·

Ek stem Lulu. Ons kan net nie meer nie. Alles word nou net te veel………………….

Carel ·

En dan kerm hulle oor ‘n swarte wat in ‘n doodskis gesit is, en daar uit is sonder ‘n merkie. God sal geregtigheid laat seevier!

Fiona ·

Se ek mos ook. Ons wil oor alles klaar maar wil nie saam staan nie…:(

Adri Cox ·

Hulle val sagte teikens aan want hulle is lafhartig. Daar is mense wat dink Donald Trump kan ons red. Ons moenie op prinse vertrou nie. Slegs ons Hemelsse Vader kan ons red soos Hy ons voorouers by Bloedrivier gehelp het teen die oormag. Ons moet bymekaarkom en tot God om hulp roep want waar twee of meer in Sy naam vergader sal Hy met hulle wees (Matt. 18:20).

Disnou ·

Daar is baie meer as2 in sy naam-behoort baie spoedig te gebeur!

Jeanne ·

Dis verkeerd dis verkeerd dis verkeerd. My grootste BEKOMMERNIS is dieselfde politieke partye wat groot campaigns launch om stemme te werf doen absoluut NIKS wanneer mense op kleinhoewes en plase wreedaardiglik doodgemaak en gemartel word nie. Hulle spreek hulleself nie eers daarteenoor uit nie. So jammer vir die oom en so wreed van klein bokkie hondjies om doodgeslaan te word met ‘n POT? Wat se human beings doen dit? Wat se vlak van beskawing het jy bereik dat dit vir jou REG is?Ek HUIL oor ons gebroke land, oor gebroke mense, gebroke diere, vertrapte waardes .. .. vertrapte vernielde land en sy mense.

Cherokee ·

Maar steeds Jeanne, stem die mense DA al word daar nie eens kritiek uitgespreek nie.

Johan ·

Dit lyk vir my of die mannitjies wapens by mekaar maak,die ou menses is maklike targets en kan hulle nie self verdeedig nie,veral nie teen vier of vyf nie

Karma ·

Nou vra ek jou ook wat die doel daarvan was dat die oom die hele arsenaal vuurwapens gehad het, maar dat hy niks kon gebruik om homself te verdedig nie? Want dit was weggesluit, want die land se wetgewing bepaal dat die WETTIGE, WETSGEHOORSAME landsburger met die wettige vuurwapen, dit moet WEGSLUIT. en oor doodstraf terugbring??? Hoekom sal die ANC regering dit enigsins oorweeg? Nooit ooit sal hulle dit doen nie, want hulle weet hul oorgrootste steunbasis is feitlik almal geweldsmisdadigers wat sou kwalifiseer vir doodstraf as dit teruggebring sou word.

Judy ·

Ek hoop die honde eenheid kry die skuldiges beet voordat enige arrestasies gemaak word.

Bach ·

Hoeveel aanvalle moet daar nog wees voor God intree? Mens se geduld raak op.

Herman ·

Ek glo die vraag moet eerder wees: Hoeveel aanvalle moet daar nog wees voordat ons as Afrikanervolk ons gaan verootmoedig voor God? Ons was nog nooit ‘n volmaakte volk nie en kan dit natuurlik ook nie wees nie, maar ons was tog eens ‘n Godgelowige volk. Wat het van dáárdie volk geword? Reeds is ons kniediep in ‘n bloedige stryd gewikkel maar die fokus van die meerderheid Afrikaners is steeds gerig op pret en plesier. Die fondament van ons oorlewing is Jesus Christus, as ons nie op Hom bou nie gaan ons sekerlik vergaan… Ontwaak my volk!

Johann Marx ·

Bach? Ek lees nêrens in die Bybel dat God “ingetree” het nie. Hy het wel mense bemagtig en beskerm om “in te tree” en reg te maak wat reggemaak moes word, nadat hulle daaroor gebid het. Die plaasaanvalle kan binne ses maande totaal gestop word……….maar die ruggraat om dit stop te sit ontbreek….

Maxie Botha ·

Hoekom bevraagteking ons altyd vir God. Ons moet onthou hierdie wêreld is boos. God het die mens ń vrye wil gegee, en ons moet dit of ten goede of ten slegte gebruik. En ongelukkig het daardie booswigte ten lengte gebruik. Onthou die Duiwel is uit gegooi uit die hemel, en hy loop rond soos ń brullende leeu en verslint net waar hy kan want hy weet sy tyd is min. Maar ons moet waak en bid terwyl ons nog kan.

Deloris ·

Here, ek slaan my oe op na die berge…ek bid vir hierdie land van ons Amen

Steph ·

Mooi gestel Herman.
Lees gerus Psalm 11. Dit gee my altyd moed en hoop as ek sulke goed lees/hoor. Ons moet net regverdig en opreg handel.

Hannie ·

Jammer my ouderdom tel teen my so nie het ek al pad gevat!

Claudia ·

Honde met potte dood geslaan?!! Ek weet God het gesien:-) Wat jy mos saai sal jy maai, of: wat jy maai, sal jy saai

Annie ·

Hierdie aanvalle is instruksies van n hoer hand om vrees te saai. Die kriminele het meer beskerming en regte as ons wat belasting betaal …. siek… maar waar!!

PMB ·

Annie ek stem saam met jou. Hierdie boewe is onder instruksie van n organiseerde liggaam en word gekoordineer!!!!

PMB ·

Ek vra weer……. waar is die groot bekke van die DA en EFF nou. Hoekom spreek hulle nie hulself uit teen die sinnelose aanval? Ek hoop die oortreders word sommer spoedig vas getrek en word net so behaldel soos hulle die arme man het.

Sterretjie ·

Nee hy gaan net tronk toe en Jy as belastingbetaler gaan vir sy verblyf in die tronk betaal

Ek stem ·

Stilswye is ook mos ‘n antwoord. As jy nie jouself uitspreek nie TEEN iets nie, dan aanvaar jy dit mos eintlik. Dit is hoe ek dit opneem. Dat dit REG is vir die EFF en DA en ANC.

DusGenoeg ·

Ek dink die tyd het gekom dat Ek iets gaan doen en hopelik op die Rapport se voorblad gaan wees.Mag ek vergewe word.

Alida ·

Ai die arme oom. Hoop hy oorleef dit. Die ou bokkie hondjies of te wel pinchertjies is dierbare goed en sal jou beskerm met alle krag.

Hanna ·

Ek is reeds besig om pad te gee uit hierdie bloedbevlekte land. Genoeg is genoeg. Ek het 3 jong kinders… Dis hartseer, maar dis nodig. VSA sal nou ons nuwe heenkome wees. Trump? Enige tyd.

Chris ·

Hulle sal nie gevang word nie. Die vuurwapens sal weer in ander misdade gebruik word. Ek sit duisende kilometers van SA af, maar lees en sien elke dag hoe SA tot niet gaan. Ek bid vir julle almal om veilig te bly. Niemand verdien sulke barbaarse dade teen hulle nie.

Werner ·

Dis net snaaks hoe die werkers altyd net vasgemaak word en dan hulself so maklik kan loswikkel, ek bly self op n plaas en dit is al bewys laat 90% van die gevalle was die werker die een wat informasie gegee het vooraf aan die aanvallers,mense moet begin bykom en begin meer paraat wees

Wonder ·

Moenie,moenie huishulpe aanhou nie,hoe minder hulle weet van wat binne jou huis aangaan,hoe beter

Danie ·

Sal julle wat oorsee is asseblief hierdie volksmoorde se inligting so veel as kan in die buiteland versprei.

Johanna ·

Herman weet jy wat. ? as kind was ek geleer – Liewe Jesus sal jou beskerm. en ek glo dit steeds. maar baie erge dinge het my kant toe gekom. want dis die lewe. Plaas aanvalle is deel van politiek. nie Godsdiens nie. Eienaardig hoe die ou mense meestal slagoffers van plaas anvalle is. ek dink die regering weet wie bly op watter plase en dis hoe hulle geteiken word. kry die skuldiges en gooi hulle in n hok – en laat n paar ‘moord’ honde op hulle los. moenie genadig wees nie.

JJ ·

Ek en my huishulp kom baie goed oor die weg. Nou die dag loop die gesprek in die rigting oor die “crime”. Ek vra haar, wie dink sy doen die meester kriminele dade – SA’s, Zimbabwiers, Nigeriers ens. Sy se toe Suid-Afrikaners!! Ja, se sy verder “die ANC haat die wittes”!!! Nou lees ek ‘n hoofopskrif in Beeld “EFF wil op 6 April landwyd grond beset”. Dit was nog altyd die regering se doel om soveel as moontlik boere te vermoor en niks daaromtrent te doen nie. Dis baie eenvoudig, hulle haat ons en dis hoe hul voel hulle vergelding oor die verlede kan kry. En natuurlik soek hulle land. Weet nie wat hulle met die land gaan doen nie (wat ‘n siek grap), maar hulle moet land kry. Al die nuusstories stuur daarop af en ongelukkig gaan nog boere vermoor word want die regering doen niks – dis wat hulle eintlik wil he!

Char ·

Nobody deserves this – NOBODY!!
Uncle John, Felix and Rose are some of the most humble people on this earth.
They always give and give and give – my heart truly goes out to them as this is not the first time.

Kabous ·

Hierdie mooi land van ons, het ‘n Donald Trump broodnodig!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.