Man (84) sterf ná aanval terwyl hy bid

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Standerton in Mpumalanga is op soek na twee verdagtes wat ʼn bejaarde man (84) aangeval het terwyl hy bid.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Vrydag omstreeks 12:00 plaasgevind toe die man op die stoep van sy Stanwest-huis gesit en bid het.

“Twee aanvallers het die man oorval en aangerand. Dit is in dié stadium nie bekend of iets gesteel is nie. Die man het egter ernstige beserings aan sy bolyf opgedoen,” het Hlathi gesê.

Die man is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas, maar het in die hospitaal beswyk aan sy beserings.

ʼn Saak van moord word ondersoek.

Die polisie het enigiemand met inligting oor die voorval gevra om kapt. Johannes Fannie Nhlabathi by 079 891 5365 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Justice ·

Maar skrapse inligting van hoegenaamd enige aard om van hulp vir die polisie te kan wees.

Ai ·

Hartseer, sterkte aan die familie. Ek wil nie eers verder iets se nie want ek het nou net n baie rassistiese kommentaar van iemand op YouTube gesien rakende die brande en nou lees ek die.

Breuk my hart wat hier aangaan.

Leeutjie ·

Ek huil dat die trane loop!! Dankie Here dat ons weet waarheen hy is…. Sy moordenaars gaan nie na dieselfde plek toe nie!!!

Johanna Botha ·

Mens kannie eers waag om jou oë toe temaak as jy wil bid in SA …tragies !

Wie gaan praat ·

Wonder net wie het vir wie gesê hy het gebid vra die persoon wat weet hy het gebid en mag hy in vrede rus want as dit die geval was is dit een van die gemeenste gevalle ooit en mag die duiwel jag maak op die skuldeges

al ·

RIV. Ten minste het u verhuis na ons Hemelse Vader waar niemand jou meer pyn kan aandoen nie …

donker duiwel ·

So het die paradys in die hel verander. Die ergste is die vuilgoed geniet die verwoesting en moord wat hulle saai. Dit is mos deel van hulle.

corrie steyn ·

Hoe lank gaan ons nog stilsit en hoor of lees hoe ons mense vermoor word?

corrie steyn ·

Hoe lank gaan ons nog stilsit en hoor of lees hoe ons mense vermoor word??

Dries ·

Welkom in die nuwe Suid Afrika, waar alles bestempel word as fopnuus terwyl die groot flop niks doen nie en oor alles lag as hy gekonfronteer word. MOORD, VERKRAGTING EN BRANDSTIGTING deel van die daaglikse bestaan in Zuma se Suid Afrika

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.