
Argieffoto: Kent Williamson
Die polisie in Standerton in Mpumalanga is op soek na twee verdagtes wat ʼn bejaarde man (84) aangeval het terwyl hy bid.
Brig. Leonard Hlathi, provinsiale woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Vrydag omstreeks 12:00 plaasgevind toe die man op die stoep van sy Stanwest-huis gesit en bid het.
“Twee aanvallers het die man oorval en aangerand. Dit is in dié stadium nie bekend of iets gesteel is nie. Die man het egter ernstige beserings aan sy bolyf opgedoen,” het Hlathi gesê.
Die man is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas, maar het in die hospitaal beswyk aan sy beserings.
ʼn Saak van moord word ondersoek.
Die polisie het enigiemand met inligting oor die voorval gevra om kapt. Johannes Fannie Nhlabathi by 079 891 5365 te bel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
II Timoteus 3:1-5,13 profesië gaan in vervulling.
Maar skrapse inligting van hoegenaamd enige aard om van hulp vir die polisie te kan wees.
Hartseer, sterkte aan die familie. Ek wil nie eers verder iets se nie want ek het nou net n baie rassistiese kommentaar van iemand op YouTube gesien rakende die brande en nou lees ek die.
Breuk my hart wat hier aangaan.
Mens kannie eers waag om jou oë toe temaak as jy wil bid in SA …tragies !
Wonder net wie het vir wie gesê hy het gebid vra die persoon wat weet hy het gebid en mag hy in vrede rus want as dit die geval was is dit een van die gemeenste gevalle ooit en mag die duiwel jag maak op die skuldeges