Man (87) dood ná byl-aanval; derde bylaanval in omgewing

Argieffoto

Argieffoto

Lazlow (87) en sy vrou Carol Bercsényi (in haar 70s) is Saterdagaand omstreeks 19:00 op hul kleinhoewe in die Bon Accord-omgewing buite Pretoria aangeval.

“Lazlow is met ʼn byl aangeval en hy het Sondagoggend omstreeks 05:00 aan sy beserings beswyk,” het Tarien Cooks, woordvoerder van die burgerregte-organisasie AfriForum, aan Maroela Media gesê. Hy het by die huis aangesterk ná ʼn heupoperasie. Carol is met ʼn graaf aangeval.

“Hulle kon oom Lazlow omgeblaas het, hy was so swak,” het Ian Botha, ʼn familievriend van die Bercsényis aan Maroela Media gesê. Botha sê Carol moet ʼn operasie ondergaan nadat sy beserings aan haar kakebeen en arm opgedoen het. Sy het ook ʼn snywond aan haar gesig. Sy is nog nie bewus van haar man se afsterwe nie.

Kaptein Maheso, woordvoerder van die Sinoville-polisiestasie, het aan Maroela Media gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. “Die egpaar is deur vyf verdagtes oorval,” het Maheso bevestig. Hy sê die polisie se ondersoek duur voort.

Dit is nog nie duidelik of die verdagtes te voet of in ʼn Mazda Sting-motor gevlug het nie.

Carol het glo privaatstudente se perde op die kleinhoewe aangehou en hulle versorg.

Livio Heath, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum in die omgewing, het Sondag aan Maroela Media gesê dit is die derde bylaanval in die omgewing. “Ons is nog nie seker of dieselfde persone by die onderskeie aanvalle betrokke was nie,” het Heath gesê.

ʼn Egpaar is Dinsdagoggend tussen 02:00 en 03:00 met ʼn byl op hul eiendom in die Honingnestkrans-omgewing aangeval. “Hulle het net geringe beserings opgedoen, maar mens moet in gedagte hou dat hulle met ʼn byl aangeval is,” het Heath bygevoeg.

ʼn Egpaar is Saterdagoggend omstreeks 02:00 ook in Honingnestkrans aangeval. Niemand is in dié voorval beseer nie.

Hy sê hulle sal nou saam met die polisie werk om die skuldiges so gou as moontlik aan te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johan Nel ·

Dit is tragies, veral as ou weerlose mense aangeval word.
Mens wonder nou net of die lot liberale ook gaan skreeu vir n verbod op byle soos hulle maak elke keer wat n vuurwapen misbruik word.

Ria Maritz ·

Dit is hartverskeurend, die aanvalle op Blankes raak meer en meer barbaars, is daar ‘n oortreffende trap vir barbarisme … nogmaals en weereens bejaardes.

My hart gaan uit na elke familielid en vriende van die egpaar.

alet ·

Elke dag hoor n mense jy moet jou naste lief he hoe vra n mense is hulle mense geen mens kan barbare lief he hulle is genadeloos klomp gemors dit is wat hulle is n mens kan die goed net nie vertrou .Ons gebede gaan uit na die families

Delia ·

Ja Alet, ek sukkel met die gebod “jy moet jou naaste liefhe soos jouself”……hoe KAN ek dit doen? Ou mense en weerloses word deur hordes op ‘n keer aangeval en vermoor…mag die Here my genadig wees.
Alle simpatie aan die familie en vriende van die egpaar, ek bid ook vir die vrou se herstel. Hoop sy kry hulp vir die traumatiese gebeurtenis. Dank ook aan Wetnose vir hulle hulp.

Louise van der Merwe ·

Dit is tragies! En dan word daar gewonder hkm mense uit suid afrika uit wil gaan?? Baid dankie aan wetnose se inspekteur Jacques vd Merwe wat ook gehelp het met die diere van die egpaar.

Piet van wyk ·

Dit is tragies en hatrverskeurend. Hoe kan mense so wreed wees om weerlose mense aanteval en te vermoor?wie gee hulle die reg om te moor?Die polisie moet hulle so gou as kan opspoor voordat nog mense seerkry!Alle sterkte aan die familie!

suzette visagie ·

Ek wonder is die selfde mense my broer bly ook op die klein hoewe dit was vrydag aand hy met my gecht op whtsup en gese hulle sy kar se ruit gebreek en sy vrou se beursie gesteel hulle is al besteel my broer se motorfiets gesteel n laptop ek bid so hard hulle moet die doodstraf terug bring maar hulle weet as hulle doodstraf terug bring gaan ali moordenaars gehang word

AmY ·

Nee nee nee!!! Dit raak nou te erg om te hanteer. Hy was oud en swak en weerloos. Hoe kon hulle!!!???

Vyf van hulle teen twee bejaardes?

Soekie Cathlene Tolmay ·

Dis verskriklik dat iemand so iets kan doen,die mans moet gevang word.ons is in vastfontein omgewing en dink die polisiestasie op wiele moet hulle kontak nommer aan mense gee sodat hul direk geskakel kan word. As ons almal saam werk kan hierdie mans vas gevang word en baie lewens gespaar word.

Suid Afrika ·

Hi, I came across your internet site through Google while buying similar issue, your web site got here in place, it looks fantastic. I have book marked so that you can my own favourites features and functions|included in favorites.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.