Man (91) verkrag glo vriendin se kind

Argieffoto

ʼn 91-jarige man is Dinsdag in Mpumalanga in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 11-jarige meisie verkrag en haar twee sibbe mishandel het.

Intussen word die kinders se ma, wat glo ook die verdagte se vriendin is, deur die polisie gesoek vir kinderverwaarlosing.

Volgens brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het ʼn besorgde inwoner van wie die naam nie bekendgemaak is nie na die verdagte se huis in Bosbokrand gegaan en die drie kinders, ʼn 11-jarige meisie, vyfjarige seun en tweejarige meisie, in haglike omstandighede en sonder toesig aangetref. Die kinders het glo aan die inwoner gesê dat die verdagte sowel as hul ma hulle fisiek, emosioneel en seksueel misbruik het.

Die 11-jarige meisie is glo by verskeie geleenthede deur die verdagte verkrag, soms in die teenwoordigheid van haar ma.

Die inwoner het die kinders na ʼn naburige skool geneem waar die skoolhoof die polisie in kennis gestel het van gebeure. Die kinders is deur nooddienste ondersoek en behandel. Die departement van maatskaplike ontwikkeling het die kinders na ʼn veilige tuiste geneem.

Die verdagte sal na verwagting vandag (Donderdag) in die Bosbokrand-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting en mishandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Peetjie ·

91 jarige wat verkrag? Hoe lank gaan dit al aan want moenie vir my sê dis n onlangse ding nie….

Peter Pan ·

Nie geweet dat iemand op 91 jaar dit nog kan doen nie..?

pestilensie ·

Wow 91 Die een sal ek maar eers glo as dit bewys word

Daleen ·

Want die polisie is nog opsoek na haar – soos in die artikel genoem word.

Casper ·

As ek die berig reg verstaan is die ma nog weg.Hoe bewys die 11 jarige sat sy verkrag is.Kan hy aan die misdade D N S gewys gekoppel word.Hoeveel mans is al tronk toe op wat gesê word, sonder D N S.

Olly ·

M.a.w. hy het seker sulke streke al vir al sy 91 jare, vanaf hy verstand het. Wonder hoeveel het al onder hom gelei… Snaaks dat dit nou eers uitkom…Blerrie Skurk, sy dag sal kom. Sluit al die betrokke volwassenes toe en voeter weg die sleutel!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.