Man aan paal opgehang

(Foto: SA Polisie)

Die polisie in Bethlehem in die Vrystaat versoek lede van die gemeenskap se hulp om die familie te identifiseer van ʼn man wie se liggaam aan ʼn paal opgehang is.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het Vrydagmiddag op die man se liggaam afgekom in Loodsstraat in Bethlehem. Die man is tussen 28 en 35 jaar oud en is ligbruin van kleur. Hy het kort, natuurlike hare en het nie enige tatoeëermerke nie.

Die man het ʼn swart kortbroek, rooi tekkies en ʼn grys trui aangehad.

“ʼn Verbyganger het op die toneel afgekom en die polisie ontbied,” het Makhele gesê. Die man is op die toneel dood verklaar. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Enigiemand met inligting oor die man se identiteit word versoek om kapt. Screamer Tshabalala van Bohlokong-polisie te kontak by 082 453 0794.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Frank ·

Genugtig maar ons het ‘n land geword van moord en doodslag!! Maar met die regstelsel wat so voete sleep, is dit nie snaaks dat gemeenskappe reg in eie hande neem nie.
Algemene opmerking, nie noodwendig wat hier gebeur het nie, bygesê.

Scalla ·

Moes die opskrif weer mooi lees, dit kan nogal verwarring veroorsaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.