Man aan Suidkus in bed doodgeskiet

Argieffoto: Kent Williamson

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 47-jarige man is Donderdagaand in ʼn huis in Margate aan die KwaZulu-Natalse Suidkus met ʼn koeëlwond aan sy kop in sy bed aangetref.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die Margate-polisie is omstreeks 23:20 na die huis in Phillipstraat ontbied.

“Inligting oor die voorval is nog skaars en word ondersoek. Die motief vir die moord en hoeveel verdagtes betrokke was, is nie tans bekend nie,” het Gwala gesê.

Paramedici van Netcare 911 is na die toneel ontbied. “Die man is in sy bed aangetref met ʼn enkele koeëlwond. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.