Man aan VSA uitgelewer oor kinderporno

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Kaapstad word na die VSA uitgelewer om verhoor te word vir die beweerde vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie.

Denver Carolissen word Donderdag na die VSA gevlieg. Hy word daarvan beskuldig dat hy ʼn agtjarige meisie seksueel mishandel het en foto’s daarvan versprei het onder die skuilnaam Danielle Dickens. Die foto’s is deur geheime agente onderskep.

Carolissen het glo ook nog foto’s rondgestuur van minderjariges wat betrokke is in eksplisiete seksuele gedrag. In hofdokumente word daar aangevoer dat Carolissen aan een van die geheime agente gesê het dat hy talle eksplisiete pornografiese video’s het om uit te ruil en dat hy ook “private goed” het van ʼn 12-jarige meisie met wie hy “speel” sedert sy agt jaar oud was.

Carolissen se aansoek teen sy uitlewering is vroeër van die hand gewys. Die VSA het ondersoek ingestel na die foto’s wat Carolissen glo gestuur het en vasgestel dat die IP-adres wat gebruik is, opgestel is deur ʼn persoon met ʼn Suid-Afrikaanse selfoonnommer.

Carolissen se Gmail-e-posrekening is ook nagegaan en daar is glo op 120 000 e-posse afgekom. Al die e-posse het glo pornografie bevat. In een van die e-posse wat in Augustus 2014 gestuur is, is daar ʼn video wat wys hoe ʼn man ʼn jong meisie verkrag.

Die Amerikaanse regering het die Suid-Afrikaanse owerhede versoek om Carolissen in hegtenis te neem. Op 22 Julie 2015 het die Kuilsrivier-landdroshof beslis dat Carolissen uitgelewer kan word. Die minister van justisie het ook nou die uitlewering goedgekeur.

Carolissen sal in die VSA op drie aanklagte van seksuele uitbuiting van ʼn minderjarige en vyf aanklagte van die verspreiding van kinderpornografie teregstaan. Indien hy skuldig bevind word, kan hy tussen 15 en 30 jaar tronkstraf opgelê asook met $250 000 beboet word op elke klag van die verspreiding van kinderpornografie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

marlene ·

Dis reg so! Pervert! Hulle gaan nie met hom speel nie. Hoop hy kry die doodstaf.

tess ·

LEKKER KRY VIR JOU! JOU VUIL VARK! EK HOOP JY SIT VIR BAIE LANK!

Piet Pompies ·

Hoop hulle het ‘n loshangende deel afgekap en hier gehou as bewys!

Elmien werner ·

Kap sy ding af….flippen siek gemors…Hoop almal wat betrokke is word ook gevang…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.