Man aangekla ná hy hond se ore glo afsny

Argieffoto: https://pixabay.co

Waarskuwing: Hierdie berig bevat inhoud wat sommige lesers kan ontstel.

ʼn Saak van dieremishandeling is die afgelope naweek teen ’n man van Hobhouse in die Vrystaat aanhangig gemaak nadat hy glo ʼn hond se ore met ʼn mes afgesny het. Die hond moes intussen van kant gemaak word weens die ernstige aard van haar beserings.

Tebogo Maswanganye, ʼn inspekteur by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein, sê die hond se eienaars het die DBV Vrydagmiddag oor die voorval ontbied en inspekteurs is dadelik na die huis in Hobhouse.

“Volgens die eienaars was die hond se ore en kop bloedbevlek toe hulle die middag tuisgekom het. Dit was duidelik dat albei haar ore afgesny is,” sê Maswanganye.

Die eienaars het in die buurt rondgevra of enigiemand weet wat met die hond gebeur het en hulle is na ʼn ander inwoner verwys. Hulle het die man gekonfronteer en hy het erken dat hy die hond se ore afgesny het.

“Volgens die man was die hond in sy erf en daar mag nie honde in sy erf rondloop nie. Hy wou die hond glo ʼn les leer.

“Selfs terwyl die bloed oor die man se hande geloop het, het hy nie geskroom om die arme dier verder te martel nie. Dit moes verskriklik seer gewees het.”

Die DBV het die hond na ʼn veearts gehaas.

“Ongelukkig moes die veearts haar van kant maak omdat die snye so diep was en soveel skade aangerig is. Die man het so diep gesny, hy het in die proses haar brein raak gesny.”

Die man sal eersdaags in die landdroshof in Hobhouse op ʼn aanklag van dieremishandeling verskyn.

“Hierdie is een van die ergste vorms van dieremishandeling wat ons by die DBV al teëgekom het. Wat het in die man se kop aangegaan om so wreed op te tree? En dit teenoor ʼn weerlose dier.

“Die DBV het nog ʼn lang pad wat voorlê om dieremishandeling hok te slaan. Ons sal egter nie moed opgee nie en sal toesien dat geregtigheid geskied,” sê Maswanganye.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Debby ·

Wat verwag jy van iemand wat nie opgevoed is en morele waardes geleer word nie

anniekiewiet ·

Ek stem saam, maar kan nie help om te wonder waar hy grootgeword het en of hy ooit iemand gehad het wat hom enige morele waardes kon leer. Daarom moet ons vandag saam met DBV alles in ons vermoë doen om mense te leer.

Deon ·

Die berig se dat die hond in die man se erf rondgeloop het, honde kan n baie groot probleem wees vir jou bure as jy hulle nie op jou erf hou nie… n hond van n buurman het op een slag 15 skape by my wreedaardig dood gebyt en n klomp vermink. En natuurlik het die hpnd tpe skoelik noe n eienaar nie… Die DBV kan maar na sulke gevalle ook kyk… 2 kante aan enige saak… Ek keur nie diere mishandeling goed nie.

Rudolph ·

En wat van die varke, hoenders, beeste wat ons vir ons laat vermink?

Misky ·

Mag hy die ergste moontlike straf denkbaar kry. Die trane loop sommer nou en kan nie glo mense kan so wreed wees nie

Jean ·

Seker weer R2000 boete soos die ander man wat die hond se geslagsdele afgesny het, as die renoster moordenaar iets soos 50 jaar+ gekry het dan kan die man dieselfde kry.

Deon ·

Mense is eintlik meer wreed as dit, diere word “uitgesit” vir allerhande verskonings, en dit met die hulp van n veearts. Omdat dit wettig is, is dit nie noodwendig minder wreed nie.

Eugene ·

Hooelik sal die landdros in die saak n gepaste vonnis gee. Iets sois 10 jaar

Pierre ·

As ons van die geskiedenis van hierdie sake geleer het sal hy R500 boete kry met n hofsaak wat duisende gaan kos om te wen

Deon ·

En sommer 10 jaar vir die ou wat n skaap slag om te eet ook, die keel word nogals gesny as daar geslag word, wat van die ou wat jag, daai dier het absoluut geen kans nie!!

ES ·

Ek sal liewer nie se wat ek wil se nie… ek kan nie glo mense is so wreed nie. Dit is skokkend…

Neelsie ·

Dis opvallend hoeveel berigte van dieremishandeling uit die Vrystaat kom. Wat gaan daar aan?!!

Miskruier ·

Hoop die DBV kyk ook na die 130 000 diere wat in die Suez kanaal ly. Mense is besig om monsters te word.

Neelsie ·

Hulle word dit nie. Was nog deur die eeue, tot in bybelse tye.

Deon ·

Ons is so gepla dat ons tog dalk net n dier kan seermaak, nou wil ek vra, waarom is dit steeds wettig om jou dier te laat “uitsit” sodra hy n las word? Soos bv die dier in die berig, dood is definitief erger as n besering

Zebratjie ·

Ek is n veearts en dis onwaarskynlik dat n mes die skedel kan breek en brein ontbloot. N swaarder voorwerp soos n panga so ek skat. Arme hond.
Hoe het ghandi gese: “The greatness of a nation and its moral progress can be judged by the way its animals are treated.”

Rudolph ·

Ek wonder of die lesers wat met reg verontwaardig is oor die arme hond weet wat word alles van ‘n kindervarkie afgesny sonder verdowing of pynstillers ter wille van hulle smaak vir spêk?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.