Man aangekla ná kameel se dood

Die kameel kort nadat sy op die kleinhoewe gevind is. Foto: DBV

Die kameel kort nadat sy op die kleinhoewe gevind is. Foto: DBV

ʼn Inwoner van ʼn kleinhoewe buite Bloemfontein het verlede week op ʼn hartseer gesig afgekom nadat hy een aand ʼn dier in die omgewing se harde hulpkrete gehoor en gaan ondersoek instel het.

Reinet Meyer, senior inspekteur van die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging (DBV), het aan Maroela Media gesê die inwoner het die geluid gevolg na ʼn kleinhoewe in die gebied en daar op ʼn kameel afgekom.

“Die kameel was ernstig beseer en het só geraas van die pyn, dat die inwoner die geluid twee kleinhoewes verder kon hoor,” het Meyer gesê. Volgens Meyer is die DBV en ʼn veearts na die toneel ontbied. “Die kameel het op die grond gelê en was té erg beseer om op te staan. Die veearts het bevind dat sy heeltemal ontwater en baie gestres was. Weens die aard van haar beserings, het die veearts geen ander keuse gehad as om genadedood toe te dien nie.”

Meyer het gesê die eienaar van die kameel koop glo die wilde kamele by wildvangers in Ashkam in die Noord-Kaap, waarna hy hulle na Bapsfontein in Gauteng vervoer. Die kamele word dan na Somalië uitgevoer, waar hulle verkoop word.

“Hierdie kameel moes met die vang of tydens die vervoer seergekry het. Nadat die eienaar met die vrag kamele in Bapsfontein aangekom het, kon sy nie afklim nie en natuurlik wou die koper in Bapsfontein haar nie koop nie. Die eienaar is toe met haar terug Bloemfontein toe waar hy haar op ʼn kennis se kleinhoewe afgelaai en net so gelos het. Sy het vir vier dae geen mediese behandeling ontvang nie.”

Meyer het gesê die naam van die eienaar is aan die DBV bekend en ʼn klag van dieremishandeling is teen die persoon aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Lettie ·

GELD – GELD – GELD JY BEHOORT JOU TE SKAAM JOU GEVOELLOSE DING…….
Shame toe die arme kameel nou seer het word sy sommer net daar gegooi en gelos. Siestog so onnodig!!!!!!!!!!!
Mag ek net sê dankie vir die inwoner wat haar gehoor het en die DBV in kennis gestel het.

Mari ·

Dis so ongelooflik hartseer om te dink dat mense sulke dinge doen aan n dier.
Daai dier kan homself nie help nie so wie jy ookal is , sulke dinge het n manier om jou in te haal

SNEL ·

Goeiste, dis nou ongevoelig. Dit is soos Letyie sê, gaan alles oor geld. So jammer dat die kameel nie gehelp kon word nie.

Theresa B ·

Hoe kan enige mens SO gevoelloos wees? Dankie vir daardie veearts. Mag daardie gevoellose ding kry wat hom toekom en ek hoop die liewe Vader straf jou. Nou moet ek ophou tik………………

E.K. ·

Arme, arme redelose dier! Name en shame hierdie lae lak!! Laat ons asb wer SPCA Google en aandring op vervolging, hoe meer hul eposse kry hoe sterker is die saak! KOMAAN mense!

Chrizelle ·

Geen woorde nie – net trane vir nog ‘n onskuldige dier wat moes ly deur nog ‘n wrede mens. Ek bid elke aand dat ek die volgende oggend sal wakker word en dat al die diere van die aarde af sal verdwyn het – ek kan nie meer al hierdie wreedheid teenoor ongskuldige diere verdra nie.

Eliza-beth ·

HOE loop mens verby die dier daagliks, sien hoe dit ly en doen NIKS? Wat se soort “mens” doen dit? Die eienaar sowel as die vriend by wie dier afgelaai is MOETvervolg word. Vieslike vieslike goed. Hemel dit skrei ten hemele! Arme diere!

hannalene Greyling ·

Sy soort gee mense met gewete en liefde vir diere slapelose nagte. Veragtelik.

pauline ·

Hy moet na my toe kom ek wys hom wat maak ek met iemand wat diere wil mishandel.

GES ·

Gandhi het gesê dat ‘n volk se beskawingspeil en morele ontwikkeling gemeet kan word aan die manier waarop die volk met sy diere werk (vry aangehaal). Dit laat ‘n mens nie net dink nie maar ook wonder……

Paul ·

Dit is afskuwelik. God het ons beheer en sorg oor die diere gegee. Hy sal neslis nie wegkyk terwyl mense sulke dinge doen nie. Ek verwag groot straf oor sy lewe. God weet wat pyn is. God sal laat hy dit ontvang as hy dit kan uitdeel.

Sarie ·

Ek hoop hý kry nèt soveel genade, soos wat hý aan die arme dier gegee het… Ek hààt sulke mense; as ek hòm een kan noem….

Charmaine ·

Gevoellose monster,mag jy ook eendag voel hoe dit is om te lei.

Rikku ·

Ek hoop daar is Eendag ‘n Aparte Hel vir Diere Mishandelaars.

Johannes Meintjes ·

Dit is jammer dat ons versuim om ‘n alternatiewe plaaslike ekonomie en betaalstelsel te skep aanhou bydra tot vergrype, veral ook teen die natuur en ons diere-erfenis, net om gierig geld te maak.

Christo ·

Maak bekend nie name van die besighede en hulle eienaars asb. Barbare soos hule moet vasgekopklem word in die openbaar en met ‘ n behoorlike drag slae met ‘n sambok bygekom word. Waar is die NDBV? Sorg dat hulle bedryf gestaak word. (Weet nie waarom ek nog moeite doen om geld te gee as hulle fondse insamel nie).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.