Man aangekla na sewe sterf in brand

Die plakkershut wat afgebrand het. Foto: SAPD

Die plakkershut wat afgebrand het. Foto: SAPD

ʼn 49-jarige man sal op sewe aanklagte van moord en brandstigting tereg staan nadat sewe mense in ʼn brand dood is.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die beskuldigde is aangekla, hoewel hy steeds in die hospitaal aansterk weens brandwonde wat hy opgedoen het. Hy sal in die hof verskyn sodra hy ontslaan word.

Die man word daarvan beskuldig dat hy ʼn plakkershut in die Reagile informele nedersetting, naby Koster in Noordwes, aan die brand gesteek het terwyl 10 familielede in die hut geslaap het.

Maroela Media het vroeër berig drie van die familielede kon daarin slaag om uit die plakkershut te ontsnap terwyl die ander sewe, twee vroue en vyf kinders, doodgebrand het.

Hlathi het gesê die oorledenes was tussen drie en 75 jaar oud. Die departement van onderwys in Noordwes het intussen gesê vier van die kinders wat dood is, was leerders aan die Kgalagatsane Primary School. Hulle is geidentifiseer as Abraham Mwale (15), Christina Mwale (11), Ofentse Mwale (8) en Samantha Mwale (12).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hennie ·

Wat op aarde gaan in ons land aan? Dit lyk kompleet asof moord ‘n rustige alternatief is om enige geskil op te los. Verstaan die mense nie dat dit ‘n hewige reaksie het op die vermoorde se familie en ook op sy eie lewe nie? Kan hulle nie so ver dink nie, is hulle koppe sò leeg?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.